Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
Die botsing tussen die Christelike godsdiens (die leer van die Here) en die heidense godsdienste van Efese bereik nou ’n hoogtepunt, met veral die vakmanne wat beswaar maak teen die effek wat die Christelike geloof op hulle beroepsbeoefening het. Demetrius stook die onrus aan vanuit sy persoonlike situasie, maar spel ook die gevolge uit wat die evangelie op die publieke respek vir die godin Artemis het, en haar aanhang sal laat kwyn, en natuurlik hulle inkomste dan sal bedreig.
Chaos heers totdat die stadsklerk hulle tot bedaring bring met ’n verstommende wyse woord. Dit is ’n oorwinning in die kleine vir die Christelike godsdiens en is ook ’n getuienis dat mense se harte nie gewen word deur mag en geweld nie, maar deur respekvolle gesprek wat tot oortuigings kan lei.
Hy reis dan self na Masedonië, Griekeland, en bly daar vir drie maande terwyl hy die gelowiges oral bemoedig. Let op hoe baie gelowiges uit die verskillende stede waar hy die evangelie verkondig het saam met hom reis, ’n hele gevolg, wat die krag van die evangelie demonstreer.
Paulus reis dan weer terug na Troas (Turkye), waar hy soos Petrus Dorkas uit die dood opgewek het, dieselfde doen met Eutigus, wat die gelowiges, ten spyte van vaak lywe, buitengewoon bemoedig het.
Hy begin egter die reis na Jerusalem, maar wil nog vir oulaas met die ouderlinge van die gemeente in Efese praat en reël dat hulle mekaar ontmoet in Milete, so 60 km van Efese aan die kus. Met groot hartseer neem hulle van mekaar afskeid met Paulus wat ’n roerende pleidooi tot hulle rig om die kudde van die Here op te pas. Hy draai nie doekies om oor die lyding wat hulle sal verduur nie, dinge wat ook vir hom voorlê op sy pad, soos die Heilige Gees hom geruime tyd al op voorberei (20:23).
Hierdie toespraak gee ’n mens ’n roerende kykie in die passie wat hierdie groot Godsman gedryf het – al is sy lewe vir hom kosbaar, wil hy net sy lewenstaak voltooi en die dienswerk wat hy van die Here Jesus gekry het, klaarmaak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig (20:24).
Hy som sy bediening op met die woorde waaraan hy ook vir hulle herinner: “om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.” Onder baie trane en gebed rig hy sy voetstappe na Jerusalem, ten spyte van die feit dat hy weet, soos God hom oortuig het, dat dit nie met hom goed sal gaan wanneer hy daar kom nie. ’n Mens dink aan die ervaring van Jesus in Getsemane, hoewel Hy nie kon staatmaak op sy metgeselle in sy uur van nood nie, en Paulus hier ’n hele skare het wat hom bemoedig.
View all posts in this series
- WEEK 5: Handelinge 1:1-6:7 - August 18, 2011
- Handelinge 1:1-26 – Wag op die gawe van die Heilige Gees
- Handelinge 2:1-47 – Die Heilige Gees maak alle gelowiges getuies - August 19, 2011
- Handelinge 3:1-26 – God gee geloof sodat ons kan glo - August 22, 2011
- Handelinge 4:1-37 – Die Heilige Gees maak die eerste gemeente vrymoedig en vrygewig - August 23, 2011
- Handelinge 5:1-6:7 – Die kerk groei in heiligheid en helende krag - August 24, 2011
- WEEK 6: Handelinge 6:8-9:31 - August 25, 2011
- Handelinge 6:8-7:60 – Vervolging is die stimulus vir die uitbreiding van die evangelie na Judea en Samaria
- Handelinge 8:1-25 – Saulus gaan besete tekere, maar Filippus verlos besetenes - August 26, 2011
- Handelinge 8:26-40 – Die Woord en die Gees skep geloof in ons harte - August 29, 2011
- Handelinge 9:1-19 – Die besete Saulus word ’n begeesterde apostel - August 30, 2011
- Handelinge 9:20-31 – Barnabas ontferm hom oor Saulus en word die borg vir sy bediening - August 31, 2011
- WEEK 7: Handelinge 9:32-12:24 - September 1, 2011
- Handelinge 9:32-43 – God doen wonders deur Petrus
- Handelinge 10:1-48 – Die Heilige Gees word ook vir heidene gegee - September 2, 2011
- Handelinge11:1-18 – God gee aan nie-Jode die bekering tot die lewe - September 5, 2011
- Handelinge 11:19-30 – Barnabas help die gemeente sy bestaansdoel verwesenlik - September 6, 2011
- Handelinge 12:1-24 – God antwoord gebede en bevestig die gemeente in Jerusalem in sy roeping - September 7, 2011
- WEEK 8: Handelinge 12:25-16:5 - September 8, 2011
- Handelinge 12:25-13:12 – Waar leiers en die gemeente die Here aanbid, verander Hy die wêreld
- Handelinge 13:13-52 – Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword - September 9, 2011
- Handelinge 14:1-28 – Die deur na geloof vir die heidene gaan wawyd oop - September 12, 2011
- Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille - September 13, 2011
- Handelinge 15:36-16:5 – ‘n Fokus op die opkomende geslag van bedienaars - September 14, 2011
- WEEK 9: Handelinge 16:6-19:20 - September 15, 2011
- Handelinge 16:6-40 – Die Europese kerkgeskiedenis begin met die bekering van ’n vrou
- Handelinge 17:1-15 – Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop - September 16, 2011
- Handelinge 17:16-34 – Paulus tree ook in die publieke sfeer op met die evangelie - September 19, 2011
- Handelinge 18:1-23 – Die Here self bemoedig Paulus om sy werk voort te sit - September 20, 2011
- Handelinge 18:24-19:20 – God doen wonderlike dinge deur Paulus in Efese - September 21, 2011
- Die doop met water is nie noodsaaklik om die Heilige Gees te ontvang nie
- WEEK 10: Handelinge 19:21-28:31 - September 22, 2011
- Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang
- Handelinge 21:1-22:30 – Die Gees se woorde moet in die lig van jou roeping interpreteer word - September 23, 2011
- Handelinge 23:1-24:27 – Paulus verkondig die evangelie aan die Romeinse goewerneur Feliks - September 26, 2011
- Handelinge 25:1-26:32 – Paulus verkondiging die evangelie aan koning Herodes Agrippa - September 27, 2011
- Handelinge 27:1-28:31 – Paulus verkondig die evangelie in Rome - September 28, 2011
- Lees die vier evangelies en Handelinge - June 20, 2016
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar