Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie

RUS

  • Die huis is stil, dit is pragtig buite.  En ek het net ’n behoefte aan God se teenwoordigheid – om Hom as naby te ervaar.
  • Ek gee hierdie behoefte van my in gebed aan Hom met die verwagting dat dié Skrifgedeelte iets van Hom vir my sal gee.

HOOR

  • Ek lees die gedeelte, een van my geliefdes.
  • Die volgende aspekte tref my (met ’n bietjie insette van kommentare na die tyd daarby ingewerk, soos ek dit altyd doen):

Drie reaksies op Jesus word in hierdie gedeelte vertel: 1) mense wat tot geloof in Hom kom op grond van die wondertekens wat Hy gedoen het – 2:23-25, en 2) die gesprek wat Nikodemus, die Fariseër en bekende leermeester, met Jesus een nag kom voer het – 3:1-22 en 3) die getuienis van Johannes die Doper oor Jesus – 3:22-36.

Let op dat die wonderteken van die water wat in wyn verander is, hou verband met die persoonlike geloofsvernuwing wat in die beoordeling van die wondergelowiges sowel as die geloofsgesprek met Nikodemus aangeroer word.  Net so hou die reiniging van die tempel verband met die godsdiensvernuwing wat in die gesprek met die Samaritaanse vrou by die put net hierna in hoofstuk 4 aangeroer sal word.

Die Paasfees in Jerusalem – die tyd waarin ons ook nou is – is die agtergrond vir die eerste twee gedeeltes.  Die getuienis van Johannes die Doper vind in die platteland in Enon naby Salim by die Jordaan plaas.

2:23-25: Jesus het meer wondertekens gedoen as die 7 wat uitgelig word in Johannes se evangelie.  Dit wil egter duidelik blyk dat geloof wat op wondertekens gebaseer is, nie standhoudend is nie.  Jesus “verlaat” Hom nie op hulle nie.  Die rede vir hierdie mening word later in die evangelie gegee, waar Johannes skryf oor baie van dié mense wat Hom uiteindelik “verlaat” (6:66 – baie van sy dissipels het omgedraai en nie meer met Hom saam gegaan nie, toe hulle besef dat geloof iets is wat gegee word, en nie iets wat jy self kan opwek nie – uiters interessant, maar daaroor later!).  Ons sien hier ook een van die voordele van God se menswording – niemand hoef vir Jesus te vertel hoe mense is nie.  Hy weet dit omdat Hy self een is.

3:1-22: Nikodemus kom in die nag – dit kan wees om uit die oog van die Joodse Raad te wees of net bloot om ’n ononderbroke gesprek te hê – om met Jesus gesprek te voer, interessant genoeg, ook oor die wondertekens wat Jesus doen.  Hy sit sy kaarte op die tafel, en sê, God moet by Jesus wees, anders sal Hy nie hierdie wondertekens kan doen nie.

Jesus se antwoord is dat niemand die koninkryk van God kan sien, as hy of sy nie anothen gebore word nie. Die Griekse woord wat Jesus hier gebruik, kan twee betekenisse hê: opnuut of van bo.

  • Dit is uit vers 5 -8 duidelik dat Jesus die woord anothen in die betekenis “van bo” gebruik.
  • Dit is uit Nikodemus se antwoord duidelik dat hy die woord anothen in die betekenis van “opnuut” verstaan.

Jesus se gebruik van anothen wil dus sê, jy kan God en sy koninkryk net sien as jy deur God aangeraak word, as geloof in jou hart deur Hom aangesteek word, as jy kindskap as ’n gawe van Hom ontvang.

Nikodemus is dus verward met Jesus se antwoord, en vra hoe ’n mens “opnuut”, “’n tweede keer” gebore kan word (waarvandaan ons interpretasie van wedergeboorte kom, wat eintlik foutief is, gegewe Jesus se antwoord).  Jesus antwoord hom dan dat daar ook ’n geestelike geboorte moet wees.

  • Die eerste geboorte is uit water – menslik (sommige interpreteer dit as die doop, maar vers 6 wys dat die natuurlike geboorte is wat met die water bedoel word).
  • Die tweede geboorte is uit Gees – geestelik.  Dit doen die Gees in ’n mens se lewe.

Nikodemus sou moes leer om nie langer “van onder” af oor dinge te dink nie, maar “van bo” af.

Nikodemus se volgende vraag: “Hoe is dit moontlik?” dek dan die tafel vir ’n uitgebreide antwoord van Jesus waarin hy uitbrei oor die raakvlakke tussen God se wêreld en die aardse wêreld  wat met mekaar in stryd is:

  • die aardse vs die hemelse,
  • die wat glo vs die wat nie glo nie,
  • die verlorenes vs mense wat die ewige lewe kry,
  • veroordeeldes vs gereddes,
  • die lig vs die duisternis.

En die spilpunt waarom alles draai, is die reaksie op Jesus, die een wat uit die hemel kom sodat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe kan hê.  Dié wat nie glo nie, bly in die duisternis wat hulle verkies.

Dit alles word begrond in die liefde van God, die setrum van die spilpunt, by wyse van spreke.  God gee sy enigste Seun, doen afstand van sy innige verhouding met Hom, gee Hom oor aan die dood aan ’n kruis (“verhoog” aan die kruis), omdat Hy ’n passie het vir verlorenes.  Hy kan dit nie oor sy hart kry dat mense verlore sal gaan nie, en gee liewer sy eie Seun aan verlorenheid oor, sodat Hy die ewige lewe kan gee aan dié wat in Sy Seun glo.

God is dus nie op die veroordelingspad nie, maar op die liefdespad.  Dat daar dan nog mense is wat verlore gaan, is te wyte aan hulle eie voorliefde vir die duisternis, en hulle weiering om na die lig te kom wat Hy gestuur het.

Let op hoe Jesus Nikodemus aanspreek oor hulle verskil oor aardse dinge (Jesus verwys hier na hulle verskil oor die woord anothen wat Nikodemus as “opnuut” en Jesus as “van bo” verstaan), wat beteken dat dit byna onmoontlik raak om oor hemelse dinge te praat .

Die einde van die gesprek word nie vertel nie.  Ons lees egter dat Nikodemus hierna vir Jesus opkom in die Joodse Raad (7:50), en die mengsel van mirre en aalwyn bring om Jesus se lyk mee te balsem, voorsien (19:39).  Dit maak dit waarskynlik dat hy ’n gelowige word, een van die weiniges uit die skare van wondergelowiges.

Die metafoor van die koperslang op die paal in die woestyn (Num 21:9) word gebruik om die noodsaak van geloof te illustreer. Net soos die Israeliete gesond geword het van die slanggif as hulle na die koperslang op die paal van Moses kyk, so kry gelowiges die ewige lewe as hulle glo in Jesus as die Seun van die mens.

3:22-26: Jesus en sy dissipels is nou terug in die platteland in Judea waar hulle soos Johannes die Doper mense doop (Jesus het nie gedoop nie – 4:2). Johannes die Doper tree by Enon naby Salim op.

Die woordewisseling tussen Johannes die Doper en ’n Jood oor die effektiwiteit van Johannes die Doper se bediening (die reiniging) gee Johannes die Doper die geleentheid om die kollig te laat val op die meerdere waarde van Jesus se bediening as dit met sy eie vergelyk word.

Johannes vertel dan ’n kort gelykenis om die verskil tussen hom en Jesus as dieselfde tussen die vriend van die bruidegom en die bruidegom self te verduidelik.  Sy bediening word dus oortref en vervang deur dié van Jesus.  Hy moet meer word, en ek minder word dus op sy bediening van toepassing gemaak.

Die bediening van Bo af (vers 31 – onthou dieselfde gedagte wat in die gesprek met Nikodemus op die voorgrond was) gee toegang tot die ewige lewe wat God aan elkeen gee wat in die Seun glo.

LEEF

  • Niks in my lewe wat goed is, kom van myself af nie.  Selfs nie my geloof nie.  Dat ek glo en veral bly glo, is aan God se werk te danke.  Dit is wat dit beteken om “van bo” gebore te wees.
  • Ek dank die Here vir my geestelike geboorte.
View all posts in this series

Johannes, wedergeboorte


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Goeie middag Chris.
    Wardeer dat jy my geregistreer het.
    Gaan WordPress vir my n e-pos stuur wat ek net moet bevestig.
    Gaan julle ons die wes kaap senode bywoon in Mei maand sal graag sal wonderlik wees as ons mekaar daar kan sien.
    Groete
    Johan Swanepoel
    Durbanville bersig gemeente

    • Hi Johan. Ja, WordPress sou dit gestuur het. Jou e-pos wys by my as geregistreer. So jy het dit waarskynlik al gedoen. Ek sal nie Wes-Kaap bywoon nie. Sterkte vir julle sitting.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: