Skip to main content

Kolossense 1:15-23 – Jesus die Here van die Skepping en die Herskepping

Let op die digterlike taal van vers 15-20 wat dit waarskynlik maak dat dit ‘n lied is wat die geloof van die vroeë kerk verwoord het, moontlik met byvoegings van Paulus.  Dit is in twee parallelle strofes opgedeel: vers 15-17 (skepping) en vers 18-20 (herskepping), waarin dieselfde sake besing word, telkens uit ‘n ander hoek (skepping/herskepping): die wese/oorsprong van die Seun, Sy status (Eerste) en werk in die hele kosmos, sowel as in die kerk, en Sy versoenende rol in hemel en op aarde.  Hiermee poog Paulus om die verkeerde idees wat onder hulle begin posvat in die kiem te smoor.

Vers 15-17 – Jesus in die Skepping

Let op hoe God as verhewe bo die Skepping geteken word.  God is dus nie deel van die Skepping nie, maar skep dit as iets wat onder sy beheer en versorging staan.  Let ook op dat daar van sigbare en onsigbare wesens gepraat word, en dat dit alles deur God geskep is.  Paulus beklemtoon dit onder andere omdat daar van die gelowiges in Kolosse was wat bv engele aanbid het. Hiermee wys Paulus dat hierdie wesens onder God is, deur Hom gemaak is, en daarom nie voorwerpe van aanbidding kan wees nie.  Jesus het ‘n besondere rol gespeel in die Skepping, in sy voor-menslike bestaan.  Alles is deur Hom en vir Hom geskep.

Vers 18-20 – Jesus in die Herskepping

En na sy dood en opstanding is Hy ook die Een vir Wie die lof van die Herskepping bedoel is.  Let op dat dit juis deur die kruis-evangelie is wat Jesus nou nie net Here van die Skepping is nie, maar Here van die Herskepping, dws van gelowiges wat hulle op God se versoening verlaat.  Deur Hom is alles op die aarde en in die hemel met God versoen.

Vers 21-23 – Staan vas in die geloof

Hierdie verlossing- en versoeningswerk sluit die Kolossense in, soos Paulus hier skryf.  En let op hoe Paulus nie net die wonderlike verandering wat by hulle deur geloof in Christus gekom het, besing nie, maar hulle ook oproep om vas te bly staan in die geloof en hulle nie te laat losruk van die hoop op verlossing, soos wat nou kon gebeur deur die mense wat hulle met verkeerde idees mislei.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kolossense


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda