Kolossense 1:15-23 – Jesus die Here van die Skepping en die Herskepping
Vers 15-17 – Jesus in die Skepping
Let op hoe God as verhewe bo die Skepping geteken word. God is dus nie deel van die Skepping nie, maar skep dit as iets wat onder sy beheer en versorging staan. Let ook op dat daar van sigbare en onsigbare wesens gepraat word, en dat dit alles deur God geskep is. Paulus beklemtoon dit onder andere omdat daar van die gelowiges in Kolosse was wat bv engele aanbid het. Hiermee wys Paulus dat hierdie wesens onder God is, deur Hom gemaak is, en daarom nie voorwerpe van aanbidding kan wees nie. Jesus het ‘n besondere rol gespeel in die Skepping, in sy voor-menslike bestaan. Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
Vers 18-20 – Jesus in die Herskepping
En na sy dood en opstanding is Hy ook die Een vir Wie die lof van die Herskepping bedoel is. Let op dat dit juis deur die kruis-evangelie is wat Jesus nou nie net Here van die Skepping is nie, maar Here van die Herskepping, dws van gelowiges wat hulle op God se versoening verlaat. Deur Hom is alles op die aarde en in die hemel met God versoen.
Vers 21-23 – Staan vas in die geloof
Hierdie verlossing- en versoeningswerk sluit die Kolossense in, soos Paulus hier skryf. En let op hoe Paulus nie net die wonderlike verandering wat by hulle deur geloof in Christus gekom het, besing nie, maar hulle ook oproep om vas te bly staan in die geloof en hulle nie te laat losruk van die hoop op verlossing, soos wat nou kon gebeur deur die mense wat hulle met verkeerde idees mislei.
View all posts in this series
- Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 - December 9, 2011
- Kolossense 1:1-14 – Om God te ken en vir Hom te lewe - January 23, 2012
- Kolossense 1:15-23 – Jesus die Here van die Skepping en die Herskepping - January 24, 2012
- Kolossense 1:24-2:5 – om met God se energie te bedien - January 25, 2012
- Kolossense 2:6-23 – Geloof en gedrag word op Jesus as Here gebou - January 26, 2012
- Kolossense 3:1-4:1 – Leef as nuwe mense - January 27, 2012
- Kolossense 4:2-18 – Fokus op volhardende gebed en wyse woorde - January 30, 2012
christine
Van wanneer af woon God met sy volle wese in Christus? Reeds van voor sy menswording of met die doel om deur Hom alles met homself te versoen?
Chris van Wyk
Voor Christus se menswording het Hy net as God bestaan.
Met die menswording het God in Jesus woning gemaak (Joh 1), sodat ‘n mens kan sê, God woon met sy volle wese in Christus.
Na die opstanding en hemelvaart bestaan Jesus dus nou as God-mens, waar Sy mensheid deel van God is, en sy Godheid deel van menswees is.
En op dié manier word alles met God versoen, dws in die regte verhouding gebring.