Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep

Jesaja 63 en 64 vorm ‘n eenheid en is opgebou uit twee dele:

  1. Jesaja 63 se eerste perikoop drup van die bloed.  God se oordeel oor die nasies word in grafiese detail beskrywe – 63:1-6.
  2. Dit word opgevolg met ‘n gebed van Jesaja namens Israel vir hulle verlossing – 63:7-64:12.

63:1-6: Die Here self kom van Edom en hulle hoofstad Bosra af nadat Hy die volke getrap het in Sy toorn om sy volk te red.  Niemand het Hom bygestaan nie, net sy woede was by Hom.  Die geweld van die oorwinning het sy klere rooi gekleur – ironies genoeg presies wat die naam Edom beteken.  Waarskynlik staan Edom hier ook as simbool van die wêreld wat in opstand teen God is (vgl hfst 36 – vgl ook Open 14:17-20 waar dié beeldspraak verder geneem word). Dit beteken dat dit ook ‘n boodskap het vir die wyse waarop God uiteindelik die wêreld gaan hanteer aan die einde van die tyd.

63:7-64:12 – Die gebed het twee dele: 63:7-19 en 64:1-12 (daaroor môre).

Daar is ooreenstemming: die twee dele van die gebed begin bv. elkeen met ‘n terugdink na die Uittog uit Egipte en eindig met ‘n belydenis van God se Vaderskap.

Daar is egter ook verskille: in die eerste deel van die gebed verkwalik Jesaja nog God vir die situasie waarin hulle hul bevind – selfs hulle hardkoppigheid word aan God se werk toegeskryf (vgl Jes 6).  In die tweede deel van die gebed kom hy namens hulle egter tot skuldbelydenis – hy bely dat hulle almal deur hulle eie sondes weggewaai is.  En die gebed eindig met ‘n roerende uitroep dat God tog sal ingryp en die stad en tempel weer sal herstel.

Eerste deel van die gebed

63:7-10 – Jesaja gee hier ‘n oorsig oor God se troue liefde soos geïllustreer is met die Uittog uit Egipte. Let op hoe hoog die verwagting was: hulle is “kinders wat nie ontrou sal word nie,” en hoe volledig God vir hulle gesorg het: “Hy self was die engel (vgl Eks 23:20) wat hulle gered het … Hy het hulle altyd gedra.”  Die volk het egter in opstand teen Hom gekom sodat Hy noodgedwonge hulle vyand geword het.

Dit laat ‘n mens besef hoe ernstig boos sonde en opstand teen die Here is.  Tog sien ‘n mens steeds hoe volledig God Homself kan gee vir mense wat hulle oë op Hom rig.  Dit motiveer juis vir Jesaja om namens die volk by Hom om hulp en verlossing aan te klop, al het hulle ernstig drooggemaak.  Terloops, hierdie is slegs een van twee plekke in die OT waar van die Heilige Gees gepraat word (die ander plek is in Ps 51:13).  Die onderskeid van die engel (God self), die Heilige Gees, en verder aan die Vader, dui nog nie op die Drie-eenheid as sodanig nie, maar dui wel op ‘n sekere onderskeid in God.  Dit is ‘n merkwaardige insig wat bygedra het tot die ontwikkeling van die leerstuk van die Triniteit.

63:11-15 – Hy herinner die Here aan die volk wat in hulle nood aan God se groot dade in die verlede gedink het en na Hom gevra het, en inderdaad nou weer ernstig vra dat Hy hulle weer sal raaksien soos in die verlede.

63:16-19 – Hy bely namens die volk dat God hulle Vader is, maar pak die skuld vir hulle hardkoppigheid eintlik op God self (Jes 6).  Hy vra dat God die situasie tog sal verander.  Terloops – die “kort tydjie” is waarskynlik ‘n poëtiese manier waarop Jesaja sy ervaring uitdruk dat die tyd tussen die Intog en die ballingskap vir sy gevoel net te kort was.

TERLOOPS: Somerstranders het my gevra wat ek dink van Willie Esterhuyse se nuwe boek: Die God van Genesis.  Ek het nog nie tyd gekry om dit te lees nie, maar hier is Mike Smuts se weergawe van sy lees daarvan, vir die van julle wat belangstel.  Ek sal ook nog kommentaar lewer op Willie se boek oor die Gode van Egipte …
View all posts in this series

dienaar van die Here, gebed, Jesaja, lig, nasies


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: