Skip to main content

Lukas 24:1-53 – Jesus het werklik opgestaan

Lukas vertel die opstandingsverhaal in vier dele:

  • Die leë graf – 24:1-12
  • Die Emmausgangers – 24:13-35
  • Jesus se verskyning aan die dissipels – 24:36-49
  • Jesus se hemelvaart – 24:50-53

24:1-12

Let op dat Lukas eers sterk klem lê op die leë graf wat deur die vroue en Petrus besoek is.  Net soos dit vir hom belangrik was om Jesus se onskuld voor die verskillende howe in Jerusalem, die godsdienstige (Joodse Raad), die koninklike (Herodes) en die politieke (Pilatus) te beklemtoon, só beklemtoon hy die feitelikheid van die leë graf.

Die twee engele bevestig Sy opstanding en noem Hom die Lewende.  En let veral op dat hulle die opstanding verbind aan Sy eie woorde.  Die opstanding kom dus soos Hyself dit vele kere vir hulle herhaal het, hoewel hulle dit moeilik kon glo.

24:13-35

Die Emmaus-gangers se ervaring met Jesus op die pad – het ons hart nie warm geword nie – noop hulle om Hom in te nooi, al weet hulle nog nie dat dit Hy is nie.  Met die seënbede en die breek van die brood gaan hulle oë egter oop en sien hulle wie Hy werklik is.

Let op dat dit juis hulle gasvryheid is wat hulle hierdie openbaring laat ervaar.  Daarsonder sou hulle dit moontlik gemis het!  Weereens is dit vir Lukas baie belangrik om die verband tussen die gebeure van die opstanding en die Skrifwoord te trek, want dit is ’n geweldige bevestiging van geloof, veral vir dié wat nie die voorreg gehad het om Hom te sien nie.

Hulle kan natuurlik nie alles vir hulleself hou nie, en gaan vertel vir die ander tot almal se groot blydskap.

24:36-49

Maar die verhaal oor Jesus se verskyning word opgevolg deur ’n egte ervaring daarvan deur die dissipels.  En saam met die vredegroet bevestig Hy sy werklike opstanding deur hulle uit te nooi om aan Hom te vat en saam met hulle te eet.

Weereens trek Jesus die verband met die Skrifte (wet van Moses, profete, psalms) waarin ’n geweldige boodskap vir ons sit – ons kan die Skrif glo, ook oor ander dinge.  Want, dit is net mense wat dít glo, wat dit ook sal gaan vertel vir ander, soos Hy inderdaad die opdrag gee.  Daarvoor het hulle egter die Heilige Gees nodig, van wie se uitstorting die volgende deel van sy boek ons sal vertel: Handelinge.

24:50-53

Jesus lei die dissipels uit die stad uit – 40 dae na sy opstanding (Hand 1:3) – en word in die hemel opgeneem.  Hulle gaan vol blydskap terug in afwagting van die uitstorting van die Heilige Gees.  Soos Lukas die evangelie in die tempel begin het, so eindig hy dit met die dissipels wat God in die tempel prys.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lukas


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.