Uitverkiesing en die eindoordeel

Ek het ‘n navraag gekry oor die eindoordeel, en hoe ons dit moet verstaan:

  • Paulus verwys na die eindoordeel in Rom 14:10 en ander plekke. Ons bely dit in die 12-artikels en NGB art 36.
  • En tog skryf Paulus ook daar is geen veroordeling vir wie in Christus is nie (Rom 8:33-34).
  • Wie word dan nou veroordeel?  Net die ongelowiges? En is dit nou hulle skuld as hulle in ‘n ander godsdienshuis groot geword het en nie “in Christus” is nie?
  • Hoe moet ons dit verstaan? Soos iemand gevra het “wag daar nie dalk ‘n verrassing vir my nie?”

Hier is my antwoord met verdere leeswerk in die aangehegde pdf’s.

Ja, die oordeel is uiteindelik vir die ongelowiges. Dit is dié wat “in Christus” is wat nie veroordeel word nie. Jesus maak die verskil. Hy is ons sekerheid.

Oor wie se skuld dit is dat iemand nie glo nie?

Daar is twee antwoorde daaroor in Romeine: die Algemene Openbaring en die Uitverkiesing.

1. Wat van God geken kan word, is in die Algemene Openbaring gegee.

Niemand kan dus sê dat hulle nie geweet het wie God is en wat Hy van ons verwag nie. Dit is die hele argument van Paulus in sy brief aan die Romeine.

  • Niemand, heidene en Jode (met die wet en al), soek God van nature nie. Hulle is vasgeval in sondes wat strek van onsedelikheid tot hartvogtigheid (Rom 1-3).
  • God gee egter geregtigheid deur geloof, soos geïllustreer in die lewe van Abraham (Rom 4).
  • In die Besondere Openbaring van Christus word alle gelowiges vrygespreek (Rom 5).
  • Hulle word vrygespreek deur die menswording, kruisdood en opstanding van die Here Jesus wat hulle doodmaak vir die sonde en lewend vir God (Rom 6-7).
  • Diegene in Christus sal daarom geen veroordeling beleef nie deur die werk van die Gees wat die sonde uitwis in ons lewe deur die heiligmaking (Rom 8).

2. Hierdie geloof is ‘n geskenk van God wat aan gelowiges gegee word sonder enige verdienste deur die uitverkiesing

  • God gee geloof aan sy uitverkorenes, op só ‘n manier dat dié wat uitverkies is nie daarop kan roem nie, en dié wat nie uitgekies is nie, Hom nie daaroor kan verkwalik nie. Metafoor van die Pottebakker (Rom 9).
  • Omdat ons egter nie weet wié diegene is wat uitverkies is (en wie) nie, versprei ons die boodskap van die evangelie, sodat God die uitverkorenes kan aanraak met sy lewegewende geloof (Rom 10).
  • Dit is waarom ons Hom net kan loof vir sy wysheid en goedheid (Rom 11).
  • En ons onsself uiteindelik liggaam en verstand aan Hom toewy (Rom 12).
  • En dan pak Paulus natuurlik sy argument verder uit oor die belang van die onveranderbare wet van God, die reël van dankbaarheid, die essensiële (liefde vir God en liefde vir die naaste) van die godsdiens – “unity in essentials” (Rom 13).
  • En dat ons mekaar in die nie-essensiële (groente, vleis, wyn, belangrike dae) vryheid moet toelaat – “liberty in non-essentials, in all things charity” (Rom 14).
  • Maar verenig moet wees om die boodskap tot die verste dele van die wêreld te vat (Rom 15).
  • Saam met al die gestuurdes van die Here (Rom 16).

Dit is waarom die brief aan die Romeine só belangrik is. Dit sê omtrent alles wat ‘n mens oor die evangelie wil weet!

Ek het voorheen oor die Dordtse Leerreëls geskryf wat met vyf sekerhede (TULIP) en die vyf solas werk binne die raamwerk van die uitverkiesing. Dit gaan ‘n bietjie dieper op Paulus se punt oor die uitverkiesing in. Ek sluit dit ook hier in: Dordtse Leerreëls – ‘n kort inleiding. Ook die Dordtse Leerreëls vir dié wat dit self wil lees: Dordtse Leerreëls.

Die hele boodskap van Openbaring is ook om die boodskap van God se verlossende oordeel gebou. Daar is altyd dié twee kante, reg van die begin af (Gen 3:15). Ek sluit sommer my Bybelskool materiaal daaroor in: Openbaring – God se agenda van verlossing.

Uitverkiesing


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Chris, baie dankie vir hierdie. God weet wanneer om watter antwoord te gee. Twee dae terug vra my tien jarige dogtertjie vir my of sy steeds hel to sal gaan as sy Jesus aanvaar het maar tog reeds verkeerde dinge gedoen het / gaan doen. Hierdie is bevestiging dat my antwoord aan har beslis van Heilige Gees gkom het.

    • Ek is só bly. Die wonderlike boodskap van Johannes in sy eerste brief is soos volg:

      “Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Hierdie brief skrywe ek vir julle, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het, julle wat in die Seun van God glo. En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.” (1 Joh 5:12-15)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: