Skip to main content

Droom – Doel – Doen

Danielle, ‘n student, vra my vandag oor my gedagtes oor ‘n visie en missie as deel van die plan wat God vir hierdie wêreld het. Ek kon myself nie keer om ‘n bietjie te dink en te skryf daaroor nie, veral omdat ek net vanoggend oor die uitleg van die Jubeljaar uit Jesaja 61 in Jesus se preek in Nasaret (Lukas 4) geskryf het.

My definisie van ‘n visie en missie is as volg:

‘n Visie het te make met jou droom vir die wêreld, en ‘n missie met jou doel om daarby uit te kom.

Anders gestel: visie het te make met wie jy is of wil wees; missie het te make met wat jy wil doen of wat jou doelwitte is.

Dit moet uiteraard tot aksie lei, die doen in die titel van hierdie bydrae.

Soos ek vir haar geskryf het, ‘n mens begin deur vir jou ‘n Bybelteks te kies wat God se plan vir die wêreld uitdruk. Iets wat die Here op jou hart lê.

Jesus het Jesaja 61:1-2 gekies as een van die tekste wat sy visie en missie as Messias uitgedruk het, saamgevat in die OT konsep van die genadejaar van die Here wat deur sy bediening aankondig word, en goeie nuus vir armes, blindes, gevangenes en verdruktes sou beteken.

Jesus is die Messias wat die Jubeljaar van die Here aankondig

Die woorde uit Jesaja 61 – aangevul met opmerkings oor die herstel van die sig van blindes uit Jes 42:7 – was ‘n beskrywing van die bediening van die Messias. Die visie was dat Hy in die krag van die Gees sal optree om die Goeie Nuus van God se genade te bring aan armes (mense in nood), gevangenes, blindes en verdruktes.

Jesus sou hierdie boodskap later ook aan verlamdes (Luk 5:17-26) bring, sowel as vroue wat in sonde vasgevang is (Luk 7:36-50; 8:2-3), demoon besetenes (Luk 8:26-39), melaatses (Luk 17:11-19) en ryk belastinggaarders, soos Saggeus (Luk 19:1-9). Trouens, aan almal wat genade en genesing nodig het.

Ons lees dat nadat Jesus dié belofteryke gedeelte gelees het, het Hy gaan sit – die normale posisie van ‘n prediker in daardie tyd. Almal se oë was op Hom gerig.

Hy lewer dan ‘n eenvoudige, maar diepsinnige, preek: “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

Daarmee sê Jesus twee goed van Homself. Dat Hy die Messias is. Sy visie. Dat Hy die Jubeljaar aankondig. Sy missie:

1. Die eeuelange verwagting vir die Messias was verby. Die belofte van God is vervul. Die Messias is hier. Die visie van die OT het in vervulling gegaan.

Jesus verklaar dus dat Hy die Messias is deur die teks uit Jesaja 61 op Hom van toepassing te maak. Dié teks funksioneer daarom as ‘n soort roepingsteks vir Jesus, alhoewel dit van talle ander gedeeltes in die profete, trouens van die hele OT, gesê kan word (vgl Luk 24:27).

2. Jesus kondig daarmee ook die genadejaar van die Here aan. Daarmee sluit Hy by die klassieke OT tradisie van die Jubeljaar aan. En Hy gee daarmee die doelwitte vir sy bediening weer, sy missie.

Die Jubeljaar

Die tradisie van die Jubeljaar was eintlik die enigste manier waarop armes uit die wurggreep van armoede kon ontsnap. Dit is elke sewende jaar gehou. Daar was ook ’n baie groot Jubeljaar elke 49ste jaar.

Volgens Levitikus 25:9–17 moes die volgende in die Jubeljaar gebeur:

  1. Almal moes hulle land terugkry wat hulle in die voorafgaande jare verloor het volgens ’n spesifieke sisteem van hoe daar kompenserende vergoeding bereken is;
  2. Skulde moes kwytgeskeld word, weereens volgens sekere reëls wat ook die koper beskerm het;
  3. Skuldslawe moes vrygestel word;
  4. Die land moes braak gelaat word;
  5. ’n Amnestie moes aan gevangenes toegestaan word.

Die Jubeljaar was dus goeie nuus vir armes, slawe, mense met baie skuld, en ander slagoffers van die samelewing en van omstandighede. Die Jubel– of hersteljaar was inderdaad ’n “genadejaar”.

Só, moenie wag nie …

Droom!!! Doel!!! Doen!!!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda