Droom – Doel – Doen

Danielle, ‘n student, vra my vandag oor my gedagtes oor ‘n visie en missie as deel van die plan wat God vir hierdie wêreld het. Ek kon myself nie keer om ‘n bietjie te dink en te skryf daaroor nie, veral omdat ek net vanoggend oor die uitleg van die Jubeljaar uit Jesaja 61 in Jesus se preek in Nasaret (Lukas 4) geskryf het.

My definisie van ‘n visie en missie is as volg:

‘n Visie het te make met jou droom vir die wêreld, en ‘n missie met jou doel om daarby uit te kom.

Anders gestel: visie het te make met wie jy is of wil wees; missie het te make met wat jy wil doen of wat jou doelwitte is.

Dit moet uiteraard tot aksie lei, die doen in die titel van hierdie bydrae.

Soos ek vir haar geskryf het, ‘n mens begin deur vir jou ‘n Bybelteks te kies wat God se plan vir die wêreld uitdruk. Iets wat die Here op jou hart lê.

Jesus het Jesaja 61:1-2 gekies as een van die tekste wat sy visie en missie as Messias uitgedruk het, saamgevat in die OT konsep van die genadejaar van die Here wat deur sy bediening aankondig word, en goeie nuus vir armes, blindes, gevangenes en verdruktes sou beteken.

Jesus is die Messias wat die Jubeljaar van die Here aankondig

Die woorde uit Jesaja 61 – aangevul met opmerkings oor die herstel van die sig van blindes uit Jes 42:7 – was ‘n beskrywing van die bediening van die Messias. Die visie was dat Hy in die krag van die Gees sal optree om die Goeie Nuus van God se genade te bring aan armes (mense in nood), gevangenes, blindes en verdruktes.

Jesus sou hierdie boodskap later ook aan verlamdes (Luk 5:17-26) bring, sowel as vroue wat in sonde vasgevang is (Luk 7:36-50; 8:2-3), demoon besetenes (Luk 8:26-39), melaatses (Luk 17:11-19) en ryk belastinggaarders, soos Saggeus (Luk 19:1-9). Trouens, aan almal wat genade en genesing nodig het.

Ons lees dat nadat Jesus dié belofteryke gedeelte gelees het, het Hy gaan sit – die normale posisie van ‘n prediker in daardie tyd. Almal se oë was op Hom gerig.

Hy lewer dan ‘n eenvoudige, maar diepsinnige, preek: “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

Daarmee sê Jesus twee goed van Homself. Dat Hy die Messias is. Sy visie. Dat Hy die Jubeljaar aankondig. Sy missie:

1. Die eeuelange verwagting vir die Messias was verby. Die belofte van God is vervul. Die Messias is hier. Die visie van die OT het in vervulling gegaan.

Jesus verklaar dus dat Hy die Messias is deur die teks uit Jesaja 61 op Hom van toepassing te maak. Dié teks funksioneer daarom as ‘n soort roepingsteks vir Jesus, alhoewel dit van talle ander gedeeltes in die profete, trouens van die hele OT, gesê kan word (vgl Luk 24:27).

2. Jesus kondig daarmee ook die genadejaar van die Here aan. Daarmee sluit Hy by die klassieke OT tradisie van die Jubeljaar aan. En Hy gee daarmee die doelwitte vir sy bediening weer, sy missie.

Die Jubeljaar

Die tradisie van die Jubeljaar was eintlik die enigste manier waarop armes uit die wurggreep van armoede kon ontsnap. Dit is elke sewende jaar gehou. Daar was ook ’n baie groot Jubeljaar elke 49ste jaar.

Volgens Levitikus 25:9–17 moes die volgende in die Jubeljaar gebeur:

  1. Almal moes hulle land terugkry wat hulle in die voorafgaande jare verloor het volgens ’n spesifieke sisteem van hoe daar kompenserende vergoeding bereken is;
  2. Skulde moes kwytgeskeld word, weereens volgens sekere reëls wat ook die koper beskerm het;
  3. Skuldslawe moes vrygestel word;
  4. Die land moes braak gelaat word;
  5. ’n Amnestie moes aan gevangenes toegestaan word.

Die Jubeljaar was dus goeie nuus vir armes, slawe, mense met baie skuld, en ander slagoffers van die samelewing en van omstandighede. Die Jubel– of hersteljaar was inderdaad ’n “genadejaar”.

Só, moenie wag nie …

Droom!!! Doel!!! Doen!!!

View all posts in this series

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: