Titus 2:1-15 – Gesonde leer
Let op hoe hy hierdie praktiese toepassing van die geloof uitspel vir dieselfde groepe as wat hy in 1 Timoteus 5:1-2 en 6:1-2 ook genoem het: ouer mans, ouer vroue, jonger vroue, jonger mans en slawe. Die geloof moet dus praktiese gestalte kry in ‘n verskeidenheid van sosiale groeperinge.
En let veral op dat sy motivering vir hierdie opdrag lê in die impak wat dit sal hê op mense wat nog buite die gemeente staan.
‘n Lewe wat in ooreenstemming met die gesonde leer geleef word, sal:
- die woord van God nie in diskrediet bring nie (2:5),
- die teenstanders in verleentheid bring dat hulle niks slegs sal kan sê van Christene nie (2:8) en
- die aansien van Jesus Christus verhoog (2:10).
Om dit te kan regkry, moet Titus nie net praat daaroor nie, maar as voorbeeld vir hulle wys hoe.
Let ook op hoe Paulus – weereens soos hy in 1 Timoteus geskrywe het – ‘n verdere motivering vir hierdie opdrag gee deur na God se werk in die verlede te wys, sowel as na wat in die toekoms vir ons wag. God se doel met ons is om ons van alle ongeregtigheid vry te maak, van ons sonde te reinig, sodat ons nie net aan sy volk kan behoort nie, maar ook ywerig sal wees om die goeie te doen.
View all posts in this series
- Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 - December 9, 2011
- Titus - February 21, 2012
- Titus 1:1-16 – Gesonde geloof
- Titus 2:1-15 – Gesonde leer - February 22, 2012
- Titus 3:1-15 – Gesonde lewe - February 23, 2012