Efesiërs 3:1-21 – God vervul ons met krag, geloof, liefde, insig, ervaring en Sy volheid

In hoofstuk 2 het ons drie van Paulus se vier gevolgtrekkings oor die kerk gelees, wat voortvloei uit die baie belangrike stelling oor die kerk in hoofstuk 1:22-23: dat God Jesus oor alles in hemel en aarde aangestel het, en dat die kerk sy liggaam is: “die volheid van Hom wat alles in almal vervul”.

Ons lees vandag die vierde gevolgtrekking: “Alle mense kan deel word van die Godsvolk deur Christus Jesus” in 3:1-13, waarna ons een van die mooiste gebede in die Bybel – 3:14-21 – sal lees, waarin Paulus vra dat die hele gemeenskap van gelowiges heeltemal vervul sal word met die volheid van God, as ‘n getuienis aan alle mense dat hulle in Christus Jesus vrede met God kan geniet.

RUS

  • Raak bewus van jou diepste behoeftes.
  • Gee dit in gebed aan God.

HOOR

  • Lees die Skrifgedeelte.
  • Dink na oor wat jou daarin tref.
  • Lees my paar verhelderende opmerkings.

Alle mense kan deel word van die Godsvolk deur Christus Jesus – 3:1-13

Let op dat Paulus die gelowiges uit die heidene nie net bemoedig van vers 2 af nie, maar dit in ‘n konteks van ‘n gebed doen: “Daarom bid ek vir julle wat nie Jode is nie …”.  Dit is vanuit sy perspektief op wie God is en wat Hy doen, dat Hy die boodskap van insluiting bring.  Hy wil hulle dus aanmoedig om nie te luister na mense wat moontlik ‘n ander boodskap aan hulle bring, dat hulle tweedehandse burgers van die koninkryk, of nog erger, steeds buite die koninkryk is nie.

Die geheimenis wat aan Paulus openbaar is, is die goeie boodskap wat hy aan hulle verkondig: in Christus kan alle mense deel word van die Godsvolk.  Om die waarheid te sê, presies dít is Paulus se opdrag, om aan alle mense hierdie goeie nuus te bring, om die misterie aan almal bekend te maak, dat hulle in Christus Jesus in verhouding met God kan leef.  Let op hoe hy die boodskap ook fundeer in God as Skepper van alle dinge (3:9) en dat dit ‘n boodskap is wat selfs aan elke mag en gesag van die kosmos bekend gemaak moet word.

Paulus wil hulle verder bemoedig om nie moedeloos te word, omdat hy om hulle ontwil ly en in die tronk sit nie.  Hulle moet dit eerder as ‘n eer beskou.  Die agtergrond hiervan is dat Paulus juis nou in die tronk is weens die aanklag dat hy die tempel in Jerusalem ontheilig het deur ‘n Griek saam met hom daarheen te neem (Hand 21:27-29).  Hoewel dit onwaar was, het dit waarskynlik die Efesiërs ontstel, want dié Griek was Trofimus, wat juis van Efese afkomstig was.  Paulus wil hulle bemoedig deur hulle te wys daarop dat in die uitvoering van sy opdrag gebeur het, en dat hulle God se hand daarin moet raaksien.

Mag Christus in julle harte woon, gewortel en gegrondves in die liefde – 3:14-21

Die gevolgtrekking dat alle mense deel kan wees van die Godsvolk, dring Paulus op sy knieë om van God self te vra dat dié rykdom van hierdie boodskap in sy volheid nie net deur hulle nie, maar deur alle gelowiges en nog wyer besef sal word.  Hy sal in hoofstuk 4 weer terugkeer om die gelowiges aan te spoor om self ernstig daaraan te werk om die eenheid wat die Gees tusen hulle gesmee het, te handhaaf.  Hier is sy fokus egter om dit van God te vra.

Let op hoe Paulus hier oor die gemeenskap van gelowiges praat.  Hy beskou hulle as ‘n familie – dit is wat die woord gemeenskap (patria) in vers 14 eintlik beteken.  Dit is ‘n familie wat die grense van tyd oorskry – hulle is in die hemel en die aarde.  Dit is ook ‘n familie wat deur die geslagte heen EEN gemeenskap bly – vers 21.

En sy droomgebed vir hierdie familie van gelowiges is dat hulle almal werklik heeltemal vervul sal word met die volheid van God – soos hy al in 1:23 God se droom vir die kerk uitgespel het.  Hy spel dit in ses  bedes uit:

  • Hulle het in die eerste plek innerlike krag nodig – iets wat die Gees doen in ons harte en wat die hoop in ons brandend hou.
  • Hulle het in die tweede plek geloof nodig, want dit is hoe Christus ‘n woonplek in ons harte kry, sodat Hy ‘n werklikheid in elkeen word.
  • Daardeur sal hulle hele lewe in die derde plek in die liefde gewortel en gegrondves wees, wat onontbeerlik is om werklik vrug te kan dra.
  • Paulus bid ook dat hulle in die vierde plek sal groei in hulle insig in hoe ver die liefde van Christus strek, want dit sluit alles en almal in.  Let op hoe Paulus letterlik die liefde van Christus as ‘n soort driedimensionele kubus beskryf wat ons hele werklikheid insluit.  Paulus se dimensies van wyd, ver, hoog, en diep beskryf ‘n driedimensionele werklikheid, die  breedte, lengte, hoogte, en diepte daarvan.
  • Maar insig is nog nie alles nie!  In die vyfde plek bid Paulus dat hulle Christus se liefde sal ken, dws dit sal ervaar, ‘n liefde wat eintlik ons begrip en insig te bowe gaan.
  • En Paulus sluit in die sesde plek af met ‘n gebed dat hulle heeltemal vervul sal word met die volheid van God, presies dít wat hy bely het van die kerk in 1:23.

En dit is wat God in hulle sal bewerk, om die waarheid te sê, Hy kan ook nog meer doen as wat Paulus (of ons) kan bid of dink – oneindig meer!  Daarom kom alle eer aan God toe, in die kerk, in ons persoonlike lewens, in die wêreld, en tot in alle ewigheid.

LEEF

  • Wat is die Here besig om jou te leer?
  • Sluit met gebed af – en gebruik miskien vir ’n week hierdie ses bedes as die struktuur van jou gebede: bid vir krag, geloof, liefde, insig, ervaring en volheid – nie net vir jouself nie, maar vir almal wat jou pad kruis.

Efesiërs


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • 18 Julie 2022. Vanuit Krugersdorp, Gauteng. SA.
    Goeiemore Chris. Ek het in die Woord gelees van die verborgenhede van God wat Hy aan Sy gelowige kinders /volgelinge openbaar. Ek het toe “geGoogle” om nog skrifte te kry wat oor God se verborgenhede /geheimenisse praat, het op hierdie struk van jou gekom. Dit is vir my tot seen gewees, net weer ‘nbevestiging dat ons wat Heidene / ver was, nou deur Christus Jesus naby gekom het, een familie! Deur die Heilige Gees die dieptes van God kan leer ken, en daardeur ook ons eie (en ander) se dieptes tot reiniging van onsself en verheerliking van God en uitbreiding van Sy Koningkryk!

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: