Skip to main content

Lukas 22:1-71 – Die Seun van God ly vir ons

22:1-6

Die drama rondom Jesus verhoog al hoe meer in intensiteit.  Terwyl Hy nog vol in die bediening staan, en die volk gretig na sy woorde luister, word Jesus se dood deur die Joodse leiers beplan.  En ’n gulde geleentheid doen hom voor met die Satan wat in Judas invaar en aanbied om vir Jesus te verraai.  Judas doen dit waarskynlik omdat hy op een of ander manier teleurgestel is in Jesus – die Satan omdat hy onbewus was van God se plan met Jesus se kruisdood en opstanding.

22:7-13

Op die Donderdag, die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood, of te wel die Paasfees, stuur Jesus vir twee van die binnekring dissipels, Petrus en Johannes, om alles reg te kry.  Waarskynlik doen Hy dit so sodat Judas nie die plek te wete sou kom nie, en Hy die Paasmaaltyd met sy dissipels sou kon eet, sonder inmenging van die Joodse leiers. Sommige geleerdes dink dat die bokamer wat gereedgemaak is, die huis van Maria was, die ma van Johannes Markus, waarvan ons later in Handelinge lees (12:12).

22:14-23

Let op dat Lukas die dissipels hier apostels noem – dit beteken gestuurdes – een van 5 keer wat hy dit doen (die ander kere is: 6:13 – albei titels reg aan die begin met hulle verkiesing; 9:10 – met hulle eerste volwaardige sending; 17:5 – terwyl hulle op reis is na Jerusalem; 24:10 – na die opstanding).  Dat dit by die pasga-nagmaal is, is nogal vir my betekenisvol, omdat dit iets sê van die feit dat die nagmaal dié samebindende teken van Christelike gemeenskap reg oor die wêreld is.

By die paasmaaltyd is daar vier keer wyn gedrink as deel van die seremonie, waarvan Lukas hier twee spesifiek noem, waarskynlik die tweede en derde onderskeidelik (die derde was “die beker van danksegging” waarvan ons in 1 Kor 10:16 lees).   Let op dat Judas deel het aan die nagmaal, maar dat dit hom nie keer om Jesus te verraai nie – hoe tragies!

22:24-30

Hierdie gesprek oor wie die belangrikste is, is betekenisvol, omdat Jesus deur sy kruisdood sy punt gaan onderstreep, en dit is dat dié een wat dien, die grootste is.  Nogal iets wat ons Westerse waardesisteem op sy kop omkeer.  Tog belowe Jesus vir hulle ‘n wonderlike toekoms wat ‘n heersersposissie in die koninryk insluit.

22:31-34

Maar, dié gesindheid van diens is iets wat eers na die uitstorting van die Heilige Gees moontlik sou raak.  Petrus se bravade tot diensbaarheid word deur Jesus afgewys. Let op hoe Jesus vir Petrus alreeds ingetree het dat hy die geloof sou behou en tot inkeer sou kom.

22:35-38

Let op hoe Jesus se opdragte van vroeër, dat hulle geen kos vir die pad moet vat nie, hier verander word, om ‘n ander Skrifgedeelte te vervul.  Dit beteken vir my dat ‘n mens nie enige opdrag in die Skrif op jouself van toepassing moet maak, sonder om die konteks waarbinne Jesus iets gesê het, en jou eie in af te neem nie.  Veral nie met iets soos kos en klere nie.

22:39-46

Die intensiteit van Jesus se lyding neem toe, met die worsteling in Getsemane.  Die stryd is nie net swaar weens dít wat vir Hom voorlê nie, maar ook omdat dié wat Hy gekies het om saam met Hom te wees, nie in staat is om Hom bystaan nie, en Hy diep alleen en eensaam in sy stryd voel.  Selfs die engel wat Hom kom versterk, is nie genoeg om te keer dat sy sweet (in die nag!) soos bloeddruppels van Hom af tap nie.

22:47-53

Jesus se worsteling verdiep verder, met die verraad van een uit sy reisgenote, Judas.  Met die gebruiklike soengroet tussen ‘n rabbi en sy leerling wys Judas vir Jesus uit, en Hy word in hegtenis geneem.

22:54-62

Jesus se verhoor begin, maar eers fokus Lukas op die verloëning van Petrus, wat soos die verraad van Judas bydra tot Jesus se lyding.  In die vroeë oggendure van die Vrydag net voor die sabbatdag, faal Petrus se bravade hom.

22:63-71

Jesus word bespot en in ‘n skynverhoor veroordeel oor sy aanspraak dat Hy die Seun van God is.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lukas


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda