Lukas 22:1-71 – Die Seun van God ly vir ons

22:1-6

Die drama rondom Jesus verhoog al hoe meer in intensiteit.  Terwyl Hy nog vol in die bediening staan, en die volk gretig na sy woorde luister, word Jesus se dood deur die Joodse leiers beplan.  En ’n gulde geleentheid doen hom voor met die Satan wat in Judas invaar en aanbied om vir Jesus te verraai.  Judas doen dit waarskynlik omdat hy op een of ander manier teleurgestel is in Jesus – die Satan omdat hy onbewus was van God se plan met Jesus se kruisdood en opstanding.

22:7-13

Op die Donderdag, die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood, of te wel die Paasfees, stuur Jesus vir twee van die binnekring dissipels, Petrus en Johannes, om alles reg te kry.  Waarskynlik doen Hy dit so sodat Judas nie die plek te wete sou kom nie, en Hy die Paasmaaltyd met sy dissipels sou kon eet, sonder inmenging van die Joodse leiers. Sommige geleerdes dink dat die bokamer wat gereedgemaak is, die huis van Maria was, die ma van Johannes Markus, waarvan ons later in Handelinge lees (12:12).

22:14-23

Let op dat Lukas die dissipels hier apostels noem – dit beteken gestuurdes – een van 5 keer wat hy dit doen (die ander kere is: 6:13 – albei titels reg aan die begin met hulle verkiesing; 9:10 – met hulle eerste volwaardige sending; 17:5 – terwyl hulle op reis is na Jerusalem; 24:10 – na die opstanding).  Dat dit by die pasga-nagmaal is, is nogal vir my betekenisvol, omdat dit iets sê van die feit dat die nagmaal dié samebindende teken van Christelike gemeenskap reg oor die wêreld is.

By die paasmaaltyd is daar vier keer wyn gedrink as deel van die seremonie, waarvan Lukas hier twee spesifiek noem, waarskynlik die tweede en derde onderskeidelik (die derde was “die beker van danksegging” waarvan ons in 1 Kor 10:16 lees).   Let op dat Judas deel het aan die nagmaal, maar dat dit hom nie keer om Jesus te verraai nie – hoe tragies!

22:24-30

Hierdie gesprek oor wie die belangrikste is, is betekenisvol, omdat Jesus deur sy kruisdood sy punt gaan onderstreep, en dit is dat dié een wat dien, die grootste is.  Nogal iets wat ons Westerse waardesisteem op sy kop omkeer.  Tog belowe Jesus vir hulle ‘n wonderlike toekoms wat ‘n heersersposissie in die koninryk insluit.

22:31-34

Maar, dié gesindheid van diens is iets wat eers na die uitstorting van die Heilige Gees moontlik sou raak.  Petrus se bravade tot diensbaarheid word deur Jesus afgewys. Let op hoe Jesus vir Petrus alreeds ingetree het dat hy die geloof sou behou en tot inkeer sou kom.

22:35-38

Let op hoe Jesus se opdragte van vroeër, dat hulle geen kos vir die pad moet vat nie, hier verander word, om ‘n ander Skrifgedeelte te vervul.  Dit beteken vir my dat ‘n mens nie enige opdrag in die Skrif op jouself van toepassing moet maak, sonder om die konteks waarbinne Jesus iets gesê het, en jou eie in af te neem nie.  Veral nie met iets soos kos en klere nie.

22:39-46

Die intensiteit van Jesus se lyding neem toe, met die worsteling in Getsemane.  Die stryd is nie net swaar weens dít wat vir Hom voorlê nie, maar ook omdat dié wat Hy gekies het om saam met Hom te wees, nie in staat is om Hom bystaan nie, en Hy diep alleen en eensaam in sy stryd voel.  Selfs die engel wat Hom kom versterk, is nie genoeg om te keer dat sy sweet (in die nag!) soos bloeddruppels van Hom af tap nie.

22:47-53

Jesus se worsteling verdiep verder, met die verraad van een uit sy reisgenote, Judas.  Met die gebruiklike soengroet tussen ‘n rabbi en sy leerling wys Judas vir Jesus uit, en Hy word in hegtenis geneem.

22:54-62

Jesus se verhoor begin, maar eers fokus Lukas op die verloëning van Petrus, wat soos die verraad van Judas bydra tot Jesus se lyding.  In die vroeë oggendure van die Vrydag net voor die sabbatdag, faal Petrus se bravade hom.

22:63-71

Jesus word bespot en in ‘n skynverhoor veroordeel oor sy aanspraak dat Hy die Seun van God is.

View all posts in this series

Lukas


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: