Romeine 6 – Om vir God te lewe en nie vir die sonde nie
Paulus werk nou met twee waarhede in hierdie hoofstuk wat voortspruit uit die feit dat ons vrygespreek is en daar nou vrede is tussen ons en God en ons vrye toegang tot Hom het:
1. Ons is dood vir die sonde en die mag daarvan.
2. Ons is lewend vir God.
God en die sonde word as’t ware as twee magte of kragvelde geteken wat teenoor mekaar staan. Ons is uit die kragveld van die sonde geneem en geplaas in die kragveld van God. En dit is waar ons moet lewe, in die kragveld van God.
Dit is waarhede wat ons daagliks vir onsself moet toereken: “Julle moet dus altyd onthou dat ook julle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus” (6:11).
Die beginpunt of oorsaak daarvan is ook tweërlei:
1. Ons het deur die doop deel gekry aan Christus se kruisdood.
2. Ons het deur die opstanding deel gekry aan die lewe vir God.
Dit is ons eenheid met Christus wat ons ’n aandeel gee aan die sondedood (of die genesing van ons “sonde-siekte”) en die opstandingslewe. En dit is ook net in ’n verhouding met Jesus Christus wat dit vir ons waar is en bly.
Dit het twee implikasies vir ons daaglikse lewe:
1. Ons kan nie meer in die sonde voortlewe nie.
2. Ons is nou in diens van wat God wil.
Daarom moet ons elke deel van ons liggame – en let spesifiek op dat hy hier nie net van ons siel of gees praat nie – in diens van God stel om heilig te lewe; dws om nie sedelik onrein te lewe nie, nie sonder enige riglyne te lewe nie (wetteloos), en nie losbandig te lewe nie (6:19 – let op hoe hy terugverwys na hoofstuk 1). Dit mond uit in die ewige lewe.
View all posts in this series
- Die brief aan die Romeine - October 20, 2010
- Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo - October 21, 2010
- Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid
- Romeine 2 – Die innerlike lewe lei na goeddoen eerder as die wetsvoorskrifte - October 22, 2010
- Romeine 3 – God gee vryspraak sonder onderskeid aan elkeen wat glo - October 25, 2010
- Romeine 4 – Die genade van geloof - October 26, 2010
- Beoefen vandag Lectio Divina - October 27, 2010
- Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang - October 28, 2010
- Romeine 6 – Om vir God te lewe en nie vir die sonde nie - October 29, 2010
- Romeine 7 – Die Gees is die agent van verandering, nie die wet nie - November 1, 2010
- Romeine 8:1-17 – Die Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is - November 2, 2010
- Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees - November 3, 2010
- Romeine 9-11 – Die Jode se volle getal sal gelowig word - November 4, 2010
- Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig - November 5, 2010
- Romeine 13 – Julle moet mekaar liefhê - November 8, 2010
- Romeine 14 – Aanvaarding eerder as argumente - November 9, 2010
- Romeine 15-16 – Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het - November 10, 2010
- Die fundamentele vertrekpunt in etiese sake - September 9, 2017
- Word verander deur die vernuwing van julle gemoed - June 13, 2018
- Uitverkiesing en die eindoordeel - September 6, 2018
- Delf dieper deur Romeine - January 17, 2025
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar