Romeine 15-16 – Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het

Let op hoe Paulus hierdie praktiese deel nou koppel aan die voorbeeld van Christus (15:1-6), wie se evangelie ’n impak op alle nasies het (15:7-13), waarvoor Paulus sy lewe gegee het (15:14-21) en wat hy wil afrond deur hulle te besoek (15:22-33).

15:1-6: Soos Christus nie aan Homself gedink het nie, moet dié wat sterk is in geloof die swakhede verdra (grondteks sê dra) van dié wat nie sterk is nie.  Soos Christus Hom ingestel het op wat ons kan bou in die geloof, só moet ons dit ook vir medegelowiges doen.  Dít doen Hy, en dít moet ons doen, sodat daar eensgesindheid onder die gelowiges kan wees.

15:7-13: Die belangrikste ding wat ons vir mekaar kan doen, is om mekaar te aanvaar, weereens soos Christus dit gedoen het.  Soos Hy persoonlik gekom het om die Jode te dien, so het Hy bedoel dat alle nasies die boodskap kon hoor, onder andere deur die bediening van Paulus.  Let op hoe Paulus uit vier OT gedeeltes aanhaal: Ps 18:50; Deut 32:43; Ps 117:1; Jes 11:10 en dit universeel interpreteer.

15:14-21: Let op hoe beskeie Paulus is teenoor die Romeinse gelowiges en half verskoning vra vir sy uitgesprokenheid (anders as met die Korintiërs!), maar tog trots is op die bediening wat God aan hom toe vertrou het.  Alle lof kom in elk geval God toe wat wonderlike dinge deur sy bediening gedoen het.

15:22-33: Hy hoop heel moontlik om Rome te besoek om as ’n soort tuisbasis vir hom te dien op sy droom om ook in Spanje die evangelie te gaan verkondig.  Hy vra dat hulle vir hom bid dat dit goed sal gaan in Jerusalem met sy voorgenome besoek daar, hoewel ons uit die verhaal van Handelinge kan agterkom dat dinge nie regtig so maklik vir hom uitgewerk het nie.  Hy is uiteindelik in boeie na Rome en het 2 jaar in die tronk daar gespandeer.  Die tradisie wil dit hê dat hy uiteindelik wel in Spanje uitgekom het, maar dit kan nie met sekerheid bewys word nie.

Hoofstuk 16: Paulus sluit die brief aan die Romeine in hoofstuk 16 af deur ’n hele klomp persoonlike groeteboodskappe aan ’n verskeidenheid mense, waarvan sommige verwysings waarskynlik na die (meer as 5) huiskerke verwys (5, 10, 11, 14, 15). Let op dat Priscilla eerste genoem word (4 keer uit die 6 keer wat hulle genoem word in die NT, is dit die geval) wat waarskynlik aandui dat sy die leier was.  Hulle was vermoënd en het in ’n hele paar gemeentes hul huise tot die gemeente se beskikking geplaas.  Rufus was moontlik die seun van Simon van Sirene (Mark 15:21).

Waarskynlik het Febe die brief gaan aflewer, sy was immers ’n leraar in die gemeente van Korinte waarvandaan Paulus die brief skrywe.

Romeine


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

    • Hi Titus

      Romeine 15-16 sê dat ons almal moet aanvaar soos hulle is. Dit sluit gay mense in. Om aangetrokke te wees tot mense van dieselfde geslag as jyself is iets wat die meeste mense in elk geval nie kies nie. Hulle kom meesal op ‘n punt agter dat dit so is. Soos ons enige ander mens verwelkom en liefhet en insluit binne die geloofsgemeenskap, geld dit ook selfdegeslag aangetrokke persone. Gay wees is dus nie verkeerd nie.

      Die staat gaan nog verder in ons land en keur selfdegeslag burgerlike verbintenisse goed op grond van ons grondwet.

      Ek glo egter dat die beoefening van selfdegeslag seks buite die raamwerk van die Bybelse getuienis daaroor val, en dat selfdegeslagverhoudings dus nie op Bybelse gronde geregverdig kan word nie. Die Here Jesus het geleer dat almal wat nie in ‘n huwelik is nie, selibaat moet lewe (Matteus 19). So ook Paulus (1 Korintiërs 5-7). Hulle het albei ook ter wille van die koninkryk gekies om selibaat te lewe, d.w.s. sonder ‘n seksuele verhouding.

      Ek het al baie daaroor geskryf en kan dus meer hieroor sê, maar ek vermoed jy soek ‘n kort antwoord.

        • Hi – jy kan by die volgende webtuiste ‘n hele paar bronne oor selfdegeslag aangetrokkenheid kry: http://www.livingout.org. Ek kan ook twee boeke aanbeveel, waarvan jy my kort opsommings hier kan aflaai.

          1. Die eerste is van Ed ShawSame-sex attraction and the Church: http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2016/06/Same-sex-attraction-and-the-Church.pdf. Hy ervaar self selfdegeslag aangetrokkenheid en beskryf nege maniere waarop die kerk mense soos hy kan help om voluit te lewe en getrou te bly aan die Bybelse boodskap.
          2. Die tweede is van Caleb KaltenbachMessy Grace: http://bybelskool.com/wp-content/uploads/2016/06/Messy-Grace.pdf. Hy het grootgeword in ‘n huis waar sy twee ouers geskei het toe hy net twee jaar oud was. Sy ma het toe in ‘n lesbiese verhouding geleef, en sy pa het later as gay gïdentifiseer. Hy beskryf dan die effek op hom in sy grootword jare en hoe om in liefde as Christen wat die Bybelse waarheid oor selfdegeslagverhoudings glo, beide in genade en in die waarheid in só ‘n konteks te leef.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: