Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk

RUS

  • Ek raak stil voor die Here na ’n besige dag en laat sy vrede van my hart besit neem.

HOOR

  • Ek lees hierdie baie bekende Skrifgedeelte en vra dat die Here my insig sal verdiep.
Dit tref my dat hierdie gebed in Johannes eintlik die rol inneem van die gebed wat Jesus in Getsemane gebid het, en waar sy dissipels nie wakker kon bly nie.  Dit is sy finale aardse gebed (en lering) vir die dissipels.  Hierna sou Hy as Hoëpriester hemelse gebede bid vir hulle (Hy is daar ons Voorspraak – 1 John 2:1; Hy leef daar vir altyd om vir ons in te tree – Heb 7:25; Hy pleit daar vir ons [nes die Gees in ons harte] waar Hy sit aan die regterhand van God – Rom 8:34).  En die inhoud van die gebed is net so omvattend soos die Ons Vader wat Jesus aan sy dissipels geleer het.

Die gebed vertoon die volgende drie-delige (Westcott) struktuur wat interessante ooreenkomste vertoon met die wyse waarop Aäron sy rol as Hoëpriester gespeel het (doen versoening vir homself, die priesters en die hele gemeente – Lev 16:17):

  • Jesus bid vir Homself en die voltooiing van sy roeping: dat God Hom sal verheerlik soos tevore, want Hy het sy taak voltooi (“dit is volbring” – Joh 19:30), om God se woorde aan mense bekend te maak – 17:1-8;
  • Jesus bid vir die dissipels:
    • Vir die beskerming van die dissipels se onderlinge gemeenskap, sodat hulle net soos Hy en die Vader een kan wees – 17:9-12;
    • Vir die beskerming van die Bose (soos in die Ons Vader) deurdat hulle toegewy bly aan die waarheid van God se woord, al erken Jesus dat Judas verlore is soos die Skrif voorspel het (Ps 41:10) – 17:13-19;
  • Jesus bid vir kerk:
    • die eenheid van al die gelowiges wat deur die dissipels se werk tot geloof in Jesus sal kom, as ’n verdere getuienis aan die wêreld – 17:20-23;
    • Jesus bid vir ’n hereniging met die gelowiges dat hulle Sy ware heerlikheid kan sien en Sy liefde volkome in hulle kan bly – 17:24-26.

Let op dat die ewige lewe nie op die hemel as sodanig dui nie, ook nie op ’n tydloosheid nie, maar op ’n onbelemmerde verhouding met God.

Let ook op dat die eenheid tussen gelowiges gehandhaaf moet word in die midde van die eksterne aanvalle van die Bose en die interne aanvalle van gelowiges wat nie die eenheid genoegsaam koester nie.

 

LEEF

  • Dit bly die primêre Skrifgedeelte wat die eenheid van die gemeenskap van gelowiges as ’n fundamentele waarheid beskryf, wat altyd ’n aanmoediging sal bly om waar daar skeuring is, alles in ’n mens se vermoë te doen om die eenheid te herstel.  Paulus sou baie tyd aan hierdie gedagtes spandeer en dit verder uitspel (1 Kor 12-14; Ef 3-4).  Dit is die lewende testament van Jesus – Hy bid vir en werk vir eenheid, ’n eenheid presies soos Hy dit met die Vader en die Gees beleef.  Niks minder as dit kan ooit my doelwit en passie bly nie.
  • Ek wy my opnuut aan die proses om gelowiges van verskillende oortuigings in ’n eenheid met mekaar te snoer.
View all posts in this series

Eenheid, Johannes


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Dit is waar maar is dit nie ook die korporatiewe gebed vir Christene, die kerk en die kerk se roeping nie? Wanneer ons egter v6-21 nader bekyk merk ek ook ‘n individuele geestelike groeiproses op. 1) V 6: die dissipels het hul ‘bekering’ “ter harte geneem”, 2) v 8: “tot oortuiging gekom” m.a.w. die Heilige Gees het dieper inspraak gekry en Christus word as die ware Seun van God erken, 3)v 10: die dissipels wy hulle aan Christus (heiliging) sodat Christus nou deur hulle verheerlik kan word (Nie regtig vroeër nie want die nou is Christus ‘in’ hulle). Dit dui ook op karaktervorming wat moet plaasvind in die groeiproses wanneer die Heilige Gees Sy werk in die mens kan doen. 4)v 19 Christus het Homself geheilig sodat die dissipels geheilig kan word. Nou-eers kan hulle met hul werklike roeping begin (v 21).

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: