Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees
Let op hoe Paulus met hierdie gedeelte nie net die gevolge van die vryspraak van God vir sondige mense uitspel nie, maar ook vir die hele skepping. Dit is nie net God se kinders wat bevry sal word om in vrede met God en met vrye toegang tot Hom te kan lewe nie. Nee, dit is ook die skepping wat bevry sal word.
Daarmee lê Paulus ook ’n direkte verband met hoofstuk 1 en die beskrywing van die verganklikheid en verydeling wat met die goddeloosheid en ongeregtigheid in die skepping ingekom het. En die skepping wag met gespanne verwagting na die finale bevryding van die kinders van God, omdat dit ook sy eie bevryding sal beteken.
Interessant is dat die werk van die Gees nie net is om ons te oortuig van ons kindskap nie, maar die hoop in ons aan die brand steek om te wag op die bevryding en verheerliking met volharding. Soos die Israeliete aanvanklik die eerste gawes van hulle oes vir God gebring het as offer, gee God nou aan ons die eerste gawe van Sy nuwe skeppingsoes, die Gees. En Sy getuienis saam met ons gees (8:16) word nou aangevul met versugtinge en pleidooie van die Gees vir ons (8:26) dat alles ten goede sal meewerk en ons gelykvormig sal wees aan Jesus Christus (8:28). Daarmee word God se beeld in ons ook herstel (Gen 1:27).
Paulus kan dus nie anders as om met ’n lofrede af te sluit: as God vir ons is, wie kan teen ons wees. Daar is geen aanklag, of veroordeling, of lyding, of benoudheid, of vervolging, of honger, of naaktheid, of gevaar, of die swaard wat ons kan skei van Sy liefde nie. Inteendeel, ons sal saam met Hom oorwinnaars wees.
Met hierdie gedeelte praat Paulus die Romeine moed in, spoor hy hulle aan om te volhard, motiveer hy hulle met die klem op die inwonende Gees wat nie net hulle van binne af transformeer nie, maar die hoop op ’n volmaakte toekoms laat behou.
En die waarheid van Rom 8:28 dat alles ten goede meewerk vir dié wat God liefhet, bly my by. Dink terug aan geleenthede waar jy dit ervaar het, en dank die Here daarvoor. Ons kan vanaand verder daaroor gesels by die Bybelskool.
View all posts in this series
- Die brief aan die Romeine - Oct 20, 2010
- Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo - Oct 21, 2010
- Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid
- Romeine 2 – Die innerlike lewe lei na goeddoen eerder as die wetsvoorskrifte - Oct 22, 2010
- Romeine 3 – God gee vryspraak sonder onderskeid aan elkeen wat glo - Oct 25, 2010
- Romeine 4 – Die genade van geloof - Oct 26, 2010
- Beoefen vandag Lectio Divina - Oct 27, 2010
- Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang - Oct 28, 2010
- Romeine 6 – Om vir God te lewe en nie vir die sonde nie - Oct 29, 2010
- Romeine 7 – Die Gees is die agent van verandering, nie die wet nie - Nov 1, 2010
- Romeine 8:1-17 – Die Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is - Nov 2, 2010
- Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees - Nov 3, 2010
- Romeine 9-11 – Die Jode se volle getal sal gelowig word - Nov 4, 2010
- Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig - Nov 5, 2010
- Romeine 13 – Julle moet mekaar liefhê - Nov 8, 2010
- Romeine 14 – Aanvaarding eerder as argumente - Nov 9, 2010
- Romeine 15-16 – Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het - Nov 10, 2010
- Die fundamentele vertrekpunt in etiese sake - Sep 9, 2017
- Word verander deur die vernuwing van julle gemoed - Jun 13, 2018
- Uitverkiesing en die eindoordeel - Sep 6, 2018
Bets Burger
Verstaan nie Romeine 8:28 ……….vir hulle wat na sy voorneme gered is
Chris van Wyk
Hi Bets. Dit beteken dat God op grond van sy eie besluit mense roep om gered te word om soos Jesus te wees. Geloof is ‘n gawe van God. Dit gebeur wanneer ‘n mens die boodskap hoor en die Heilige Gees jou hart verander om God te glo.
Pietie
More
Geseënde dag vir jou en jou gemeente.
Dankie vir alles wat jy doen.
Weskus groete
Chris van Wyk
Dankie Pietie – waardeer.
Pastor Barry Noble
God bly God Al stel ons Hom te leuer , Jesus Christ’s nimmer-meer-Hy bly getrou