Ester – Met die oog op ‘n tyd soos hierdie
Ek onderbreek my hantering van my boek Wie is God? se temas weens die vakansie. Ek begin daarmee weer 8 Oktober.
Ek gaan egter in die gemeente die boek Ester oor die volgende twee weke deurwerk. Ek het die leeswerk in vyf dele opgedeel. Ek nooi jou uit om die pdf hieronder af te laai en te gebruik in jou stiltetyd of kleingroep.
Jy gaan telkens uitgenooi word om te merk dít wat jou laat glimlag, dít wat jou ontstel, dít wat jy van God se werk agter die skerms kan agterkom, en dít wat Hy jou leer in jou eie situasie.
Alles om hierdie ou verhaal in jou eie konteks te laat praat. In die kleingroep kan julle deel met mekaar wat julle tref (glimlag, ontstel, God se werk) en bespreek wat God julle daardeur leer.
Ek gaan twee keer daaroor preek in die gemeente Somerstrand. Die eerste preek sal waarskynlik oor wraak gaan – iets wat ek onlangs hier aangespreek het. Die tweede sal waarskynlik oor die voorsienigheid gaan. Die Here moet my nog lei in die spesifieke boodskappe.
Geniet!
View all posts in this series
- Inleiding op die boek Ester - July 31, 2013
- Ester 1-2:18 – Ester beïndruk almal om haar en vestig haarself as nuwe koningin
- Ester 2:19-5:14 – Mordegai en Ester tree met groot wysheid en oorleg op in die gevaar wat Haman vir die Joodse volk inhou - August 1, 2013
- Ester 6-7 – Die koning se slaaploosheid is die draaipunt in die verhaal - August 2, 2013
- Ester 8 – Die Jode kry die reg om hulle teen etniese suiwering te verdedig - August 5, 2013
- Ester 9-10 – God red die Jode deur die leierskap van Mordegai en Ester - August 6, 2013
- Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester - September 16, 2018
- Ester – Met die oog op ‘n tyd soos hierdie - September 24, 2018