Skip to main content

Daniël 6 – God red Daniël van die leeus as getuienis van sy aktiewe betrokkenheid in die wêreld

Ons fokus op nóg ‘n verhaal wat Daniël se buitengewone vermoëns onderstreep en verklaar hoekom hy selfs met die bewindsverandering van die koninkryk van die Galdeërs na dié van die Mediërs en Perse in hoë aanvraag gebly het, voordat ons terugkeer na die laaste twee visioene.

Darius die Mediër (Dan 6:1 – vgl. 11:1) was die seun van Ahasveros (Dan 9:1 – nie dieselfde persoon as in Ester se tyd nie) en was 62 jaar oud met sy bewindsaanvaarding in 539 vC. Hoewel daar baie debat is oor sy identiteit, is dit grammatikaal moontlik om hom met Kores die Pers te verbind. Dié interpretasie vereis dat Daniël 6:29 soos volg vertaal word: “gedurende die regering van Darius, dit is die regering van Kores die Pers,” soos die Hebreeuse “en” inderdaad vertaal kan word.

Kores was verbind met die Mediërs en is by tye selfs “koning van die Mediërs” genoem, en was boonop ook 60 jaar oud toe hy koning geword het, soos dit in ander bronne gemeld word. Dit beteken dat die Kores van Daniël 10 en die Darius van Daniël 6, 9 en 11 dieselfde persoon kan wees en moontlik ’n dubbele naam gehad het.

Dié identifikasie van Darius met Kores kan egter nie direk histories geverifieer word nie, hoewel dit tog interessant is dat die LXX in hfst. 11:1 in plaas van “Darius, die Mediër” die teks vertaal as “Kores”. Dit suggereer dat die vertalers van die teks geweet het van die dubbele naam vir die koning en in dié hoofstuk eerder die naam Kores gebruik het, om verwarring met die ander koning Darius in die tyd van die terugkeer ná die ballingskap uit te skakel (Esra 4:5; Neh. 12:22).

Teks en konteks

Die skrywer gee ’n oorsig van die administratiewe sisteem wat Darius ingestel het in die ryk met Daniël een van die drie top ministers aan wie die 120 goewerneurs-generaal gerapporteer het. Trouens Daniël was op pad om “eerste minister” te word – nou alreeds meer as 80 jaar oud! – toe sy kollegas en selfs sy ondergeskiktes ’n plan beraam om hom in diskrediet te bring by Darius. Hulle moet egter ’n baie agterbakse plan beraam, want Daniël was betroubaar en aan geen nalatigheid of onreëlmatigheid skuldig nie. Watter getuigskrif!

Die dekreet wat hulle deur die koning laat uitvaardig is absoluut geslepe, maar die koning kom dit nie agter nie en laat hom daardeur mislei, waarskynlik omdat hy net nie nee kon sê vir goddelike status wat hy sou verkry nie, al is dit net vir 30 dae lank. Hoe ydel kan ’n mens nie wees nie!

Let op dat Daniël se eerste reaksie was om – soos sy gewoonte was om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, aanbid en dank – doodgewoon met sy normale gebedstyd aan te gaan. Toe Daniël se vyande die huis instorm, kry hulle hom dus besig om die Here te aanbid en om genade te smeek.

Die koning het – tot sy krediet – baie sleg gevoel en ’n plan probeer maak om Daniël te probeer red. Hy wou egter nie teruggaan op sy woord nie en Daniël moes die prys van die leeukuil betaal. Toe die koning egter ná ’n nag se worsteling met angs gaan kyk wat gebeur het, was Daniël ongedeerd, ondersteun deur ’n engel (soos sy drie vriende in die brandende oond ook).

Daniël se vertroue op God sowel as sy onkreukbare lewe was sy beskerming in die nood. Die slinkse planne van sy kollegas en ondergeskiktes boemerang egter op hulle deurdat hulle en hulle kinders en vrouens vir die leeus gevoer is. Grusaam!

Die uiteinde is dat lof aan God gebring word in ’n geloofsbelydenis wat – soos die geval was met Nebukadnesar – aan al die volke, nasies en taalgroepe in die wêreld gestuur word. God se aktiewe betrokkenheid in die wêreld word geloof. Sy koninkryk, sê Darius, sal nooit ophou nie.

Boodskap en betekenis

Hierdie verhaal beklemtoon die belangrikheid van ‘n lewe van integriteit sowel as getrouheid aan God. Die lojaliteit van Daniël aan God in sy gebed word beantwoord met die lojaliteit van God aan Daniël wanneer hy beskerming nodig het in die leeukuil. Wat uiteindelik ‘n kragtige getuienis aan die koning en sy koninkryk is.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Daniël


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda