Daniël 6 – God red Daniël van die leeus as getuienis van sy aktiewe betrokkenheid in die wêreld

Daniël se buitengewone vermoëns verseker dat hy selfs met die bewindsverandering van die koninkryk van die Babiloniërs na dié van die Mediërs en Perse in hoë aanvraag gebly het.

Darius die Mediër (6:1 – vgl. 11:1) was die seun van Ahasveros (9:1) en was 62 jaar oud met sy bewindsaanvaarding.  Hoewel daar baie debat is oor sy identiteit, is dit grammatikaal moontlik om hom met Kores die Pers te verbind.  Dié interpretasie vereis dat 6:29 soos volg vertaal word: “gedurende die regering van Darius, dit is die regering van Kores die Pers,” soos die Hebreeuse “en” inderdaad vertaal kan word.  Kores was bekend dat hy verbind is met die Mediërs en is by tye selfs “koning van die Mediërs” genoem, en was boonop ook 60 jaar oud toe hy koning geword het, soos dit in ander bronne gemeld word. Dit beteken dat Kores van hfst. 10 en Darius van hfst. 6, 9 en 11 dieselfde persoon kan wees en moontlik ’n dubbele naam gehad het.

Dié identifikasie van Darius met Kores kan egter nie histories direk geverifieer word nie, hoewel dit tog interessant is dat die LXX (Griekse vertaling van die OT) in hfst. 11:1 in plaas van “Darius, die Mediër” die teks vertaal het as “Kores”.  Dit suggereer dat die vertalers van die teks geweet het van die dubbele naam vir die koning en in dié hoofstuk eerder die naam Kores gebruik het, om verwarring met die ander koning Darius in die tyd van die terugkeer ná die ballingskap uit te skakel (Esra 4:5; Neh. 12:22).

Die skrywer gee ’n oorsig van die administratiewe sisteem wat Darius ingestel het in die ryk met Daniël een van die drie top ministers aan wie die 120 goewerneurs-generaal gerapporteer het.  Trouens Daniël was op pad om “eerste minister” te word toe sy kollegas en selfs sy ondergeskiktes ’n plan beraam om hom in diskrediet te bring by Darius.  Hulle moet egter ’n baie agterbakse plan beraam, want Daniël was betroubaar en aan geen nalatigheid of onreëlmatigheid skuldig nie.  Watter getuigskrif!

Die dekreet wat hulle deur die koning laat uitvaardig is absoluut geslepe, maar die koning kom dit nie agter nie en laat hom daardeur mislei, waarskynlik omdat hy net nie nee kon sê vir goddelike status wat hy sou verkry nie, al is dit net vir 30 dae lank.  Hoe ydel kan ’n mens nie wees nie!

Let op dat Daniël se eerste reaksie was om – soos sy gewoonte was om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, aanbid en dank – doodgewoon met sy normale gebedstyd aan te gaan.  Toe Daniël se vyande die huis instorm, kry hulle hom dus besig om die Here te aanbid en om genade te smeek.

Die koning het – tot sy krediet – baie sleg gevoel en ’n plan probeer maak om Daniël te probeer red.  Hy wou egter nie teruggaan op sy woord nie en Daniël moes die prys van die leeukuil betaal.  Toe die koning egter ná ’n nag se worsteling met angs gaan kyk wat gebeur het, was Daniël ongedeerd ondersteun deur ’n engel (soos die drie vriende in die brandende oond ook).

Daniël se vertroue op God sowel as sy onkreukbare lewe was sy beskerming in die nood.  Die slinkse planne van sy kollegas en ondergeskiktes boemerang egter deurdat hulle en hulle kinders en vroues (grusaam!) vir die leeus gevoer is.  Die uiteinde is dat lof aan God gebring word in ’n geloofsbelydenis wat – soos die geval was met Nebukadnesar – aan al die volke, nasies en taalgroepe in die wêreld gestuur word.  God se aktiewe betrokkenheid in die wêreld word geloof.  Sy koninkryk, sê Darius, sal nooit ophou nie.

Daniël


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: