JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15
Weereens gee ek die hele konteks waaruit die verse waarop ons fokus, gehaal is.
Gehaat deur die wêreld
15:18 “As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het. 19 As julle van die wêreld was, sou die wêreld julle as sy eie liefhê. Omdat julle egter nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, juis daarom haat die wêreld julle. 20 Onthou die woorde wat Ek vir julle gesê het: ‘n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie. As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle my woorde gehoorsaam het, sal hulle ook julle woorde gehoorsaam. 21 Hulle sal julle al hierdie dinge aandoen, ter wille van my Naam, omdat hulle Hom wat My gestuur het, nie ken nie. 22 As Ek nie gekom en met hulle gepraat het nie, sou hulle nie sonde gehad het nie; maar nou het hulle nie ‘n verskoning vir hulle sonde nie. 23 Wie My haat, haat ook my Vader. 24 As Ek nie by hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie sonde gehad het nie. Nou het hulle dit egter gesien, en tog haat hulle My én my Vader. 25 Maar die uitspraak wat in hulle wet opgeteken staan, moet in vervulling gaan, ‘Hulle het My sonder rede gehaat.’ (aangehaal uit Ps 35:19; 69:5)
26 “Wanneer die Parakleet (die Griekse woord verwys na iemand wat geroep is om bystand te verleen – ‘n helper, ‘n voorspraak, ‘n pleitbesorger, ‘n trooster) kom wat Ek van die Vader af aan julle sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. 27 En julle moet ook getuig, omdat julle van die begin af by My is.
16:1 “Hierdie dinge het Ek vir julle gesê sodat julle nie sal struikel nie. 2 Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Daar kom ‘n tyd dat elkeen wat vir julle doodmaak, sal dink dat hy ‘n diens aan God bewys. 3 En hulle sal dit doen, omdat hulle die Vader nie ken nie, en My ook nie.
4 Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer hulle tyd aanbreek, julle kan onthou dat Ek dit vir julle gesê het.”
Werk van die Heilige Gees
“Ek het hierdie dinge nie van die begin af vir julle gesê nie, omdat Ek nog by julle was. 5 Maar nou gaan Ek na Hom wat My gestuur het, en nie een van julle vra My, ‘Waarheen gaan U?’ nie. 6 Maar omdat Ek hierdie dinge vir julle gesê het, is julle harte vol droefheid. 7 Ek vertel julle egter die waarheid: Dit is voordelig vir julle dat Ek weggaan. As Ek nie weggaan nie, sal die Parakleet nie na julle kom nie. As Ek egter weggaan, sal Ek Hom na julle stuur. 8 En wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:
9 “Van sonde,
omdat hulle nie in My glo nie (vgl Joh 5:38; 6:36, 63; 7:5; 10:26; 12:37);
10 van geregtigheid,
omdat Ek na die Vader gaan (vgl Joh 13:1; 14:12, 28; 16:28; 20:17)
en julle My nie meer sal sien nie;
11 van oordeel,
omdat die heerser van hierdie wêreld (Satan – vgl Joh 12:31) reeds geoordeel is.
12 “Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou verwerk nie.
13 Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak. 14 Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle bekend sal maak. 15 Alles wat die Vader het, is ook myne. Daarom het Ek gesê: Wat Hy van My ontvang, sal Hy ook aan julle bekend maak.” (2020-vertaling).
Teks en konteks
Hoofstuk 15 val in drie dele uiteen:
- Jesus is die ware wynstok – die Een in Wie hulle moet bly om vrug te dra – 15:1-8;
- Jesus het hulle uitgekies om vrug te dra – hulle sal dit doen deur mekaar lief te hê – 15:9-17;
- Soos die wêreld Jesus gehaat het, sal die wêreld hulle ook haat – Jesus stuur vir hulle die Heilige Gees wat hulle in hul getuienis sal bystaan – 15:18-27.
Jesus bemoedig sy dissipels vir die moeilike omstandighede wat vir hulle voorlê. Wat hulle sal troos en bewaar, is twee goed.
Eerstens die wete dat dit nie anders was met Jesus nie, en dat teenstand die Skrifwoord bevestig: “Hulle het My sonder rede gehaat”. Jesus haal hier Dawid se ervaring van Agitofel se haat in Ps 35:19; 69:5 en maak dit op sy eie ervaring van toepassing. Jesus vergelyk waarskynlik vir Judas met Agitofel.
Daarby stuur Jesus tweedens vir hulle die Heilige Gees wat self sal getuig oor Hom en hulle in hul getuienis sal versterk. Daaroor sal Hy in hoofstuk 16 meer te sê hê.
Hoofstuk 16 val in vier dele uiteen:
- In aansluiting by die vorige waarskuwing dat die wêreld hulle sal haat, moedig Jesus hulle aan om nie afvallig te raak weens vervolging nie – 16:1-4a;
- Jesus belowe dat die Heilige Gees sal kom wat die gelowiges in die volle waarheid sal lei – 16:4b-15;
- Jesus gebruik beeldspraak om sy opstanding na ’n “klein rukkie” te voorspel wat tot groot blydskap vir hulle sal lei asook vrymoedigheid in gebed – 16:16-24;
- Jesus moedig hulle weereens aan om moed te hou, want Hy het die wêreld klaar oorwin en hulle sal die vrug daarvan geniet – 16:25-33.
Dit tref my hoe pertinent Jesus in vers 1-4a die dissipels waarsku om nie afvallig van Hom te raak nie. Om Jesus te volg, is nooit eenvoudig nie. Daarvoor sal daar altyd te veel teenstand wees teen die ware gelowiges wat aan Jesus getrou wil bly. En in die dissipels se geval sal die teenstand kom van die Joodse leiers (ban uit die sinagoges) en die Romeinse ryk (vervolging het amper 4 eeue voortgeduur).
Jesus praat in vers 4b-15 oor sy hemelvaart wat die voordeel het dat Hy die Heilige Gees dan kan stuur. Die Heilige Gees se funksie sal wees om aan die een kant die sondigheid van die wêreld aan te toon, sowel as die oordeel oor die duiwel (negatiewe funksie) en daarteenoor aan die ander kant dat die reg aan Jesus se kant is (positiewe funksie).
Let op dat die Gees nie net ’n interne private funksie in die gelowiges het nie, maar ook ’n publieke funksie. Maar Hy lei ook elke gelowiges in die volle waarheid deurdat alles wat Jesus vir die gelowiges verwerf het, deur die Gees aan hulle gegee sal word.
Boodskap en betekenis
Soos so vele kere in die evangelie van Johannes word die hoopvolle verkondiging van God se werk in ons binne die konteks van die teenstand wat ons van die wêreld sal ervaar, geteken. Die wêreld sal ons haat. Dit is hoe eenvoudig dit is.
Die Heilige Gees word dus nie net gegee om ons sekerheid te gee van ons verlossing nie. Hy word veel meer gegee om ons te bemoedig en versterk om staande te bly in ons getuienis al is dit in ‘n vyandige omgewing en sal die teenstand van tyd tot tyd dodelik wees.
Die waarheid waarin die Gees ons lei, die volle waarheid van die Skrif, is dus ‘n groot vreugde, maar iets waarop die wêreld met geweld sal reageer. Ons moet dit verwag en ons ten spyte van die teenstand verheug daarin dat ons waardig geag word om só mee te werk aan die verspreiding van die evangelie van Jesus Christus.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021
Hannes du Plessis
Hallo ds. Boer naby Leonardville in Namibië. Jou gedeelte oor Joh baie geniet. Het gewonder oor die deel van Joh16 vers 26 maar lyk dit my Jesus sê maar dat die Heilige Gees in Sy plek kom en is Voorspraak en Trooster dieselfde. Groetnis Hannes.
Chris van Wyk
Lekker om van jou te hoor Hannes. Dit is natuurlik waar Jan Woest ook was. Ou klasmaat van my. Vers 26 hou verband met wat Jesus in vers 23 sê. Daar gaan dit oor die direkte pad na die Vader wat in Jesus se Naam vir hulle oopgegaan het. Hulle kan die Vader direk vra. Vers 26 herhaal dit, maar dit beteken nie dat Jesus se Voorspraak funksie afgeswak word nie of net aan die Heilige Gees oorgelaat word nie. Soos die Gees ons bystaan in ons gebede en ook vir ons bid (Rom 8), so doen Jesus dit ook (1 Joh 1 en Hebr 7). Ons het egter nou ook self die voorreg om die Vader te vra (vers 26).