HOOGLIED 2:8-13

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
HOOGLIED 2:8-13
Die gedigte maak meer sin as ‘n mens dit tot by vers 17 lees.
21Ek is ‘n tulp van die Saron,
‘n narsing uit die valleie.
Hy:
2Soos ‘n narsing tussen dorings,
so is my liefling onder die meisies.
Sy:
3Soos ‘n appelboom
tussen die bome van die bos,
so is my liefste
onder die jong mans.
Ek sit graag in sy skaduwee,
sy vrugte soet op my tong.
4Hy neem my na ‘n wynhuis
onder die vaandel van liefde.
5Verfris my met rosyntjies,
verkwik my met appels,
want ek is siek van liefde.
6Sy linkerarm is onder my kop,
sy regterarm omhels my.
7Meisies van Jerusalem,
ek besweer julle
by die ribbok- en takbokooie
van die veld:
Moenie die liefde aanwakker nie,
moet dit nie opwek nie,
voordat dit nie self wil ontwaak nie.
8Luister! My liefste!
Kyk! Daar kom hy,
al bokspringend oor die berge,
al huppelend oor die heuwels!
9My liefste is soos ‘n ribbok,
soos ‘n jong rooitakbok.
Kyk! Hy staan agter ons huismuur,
hy kyk by die vensters in,
hy loer deur die latwerk.
10My liefste antwoord my,
hy sê vir my:
“Staan op, my liefling,
my mooiste, en kom!
11Want kyk, die winter
het verbygegaan,
die reën is verby, dit het opgeklaar.
12Die veld staan in die blom.
Die tyd om te sing het aangebreek,
die gekoer van die tortelduiwe
klink op in ons land.
13Die vyeboom laat sy groen vye
uitswel,
die wingerd bot en versprei sy geur.
Staan op, my liefling,
my mooiste, en kom!
14My duif in die rotsskeure,
in die skuilplekke
teen die bergkrans –
laat my jou gesig sien,
laat my jou stem hoor,
want jou stem is soet
en jou gesig is pragtig.”
15Vang vir ons die jakkalse –
die klein jakkalsies
wat die wingerde verniel,
ons wingerde wat bot.
16My liefste is myne en ek is syne,
hy wat tussen die narsings wei.
17Totdat die dag begin asemhaal
en die skaduwees vlug:
Draai om, my liefste,
wees soos ‘n ribbok,
soos ‘n jong rooitakbok
op die tweelingheuwels. (2020-vertaling)
Teks en konteks
Hooglied 2:8-17 – Bedwelming en beskerming in die liefde
Die indeling van die gedigte is redelik voor die hand liggend. Die vrou se gedigte sluit nie net haar eie gedagtes in nie, maar ook die woorde van die man in haar lewe. En dit is ‘n pragtige beskrywing aan die een kant van die bedwelmende impak van die liefde, sowel as aan die ander kant die behoefte aan beskerming in die liefde.
SY – “Ek is lief vir jou” – 2:8-10a
Die vrou sing van die man wat sy liefhet. In haar geestesoog is hy soos ‘n ribbok of takboklam wat met spoed oor die berge spring, en met grasie wip oor die rante, om die liefde saam met haar te kom geniet (vgl Spr 5:19 waar dié twee boksoorte met die bedwelming van die liefde geassosieer word). Niks kan hom keer nie! Hy kyk van buite agter haar ouerhuis se muur af, deur die venster en die latwerk (hek?) om met haar te praat.
HY – “Kom geniet die liefde saam met my” – 2:10b-14
Die man nooi haar uit om die nuwe lewe van die lente (Junie) saam met hom te gaan ontdek. Dit dui metafories die tyd van ontluikende liefde aan. Die winterreën is weg, die bloeisels kondig aan dat dit tyd geword het om te sing (van die liefde), soos die tortelduif – ‘n trekvoël wat weer teruggekom het (vgl Jer 8:7) – dit al aankondig. Die voorvye is uit, en die wingerde bot en versprei hulle geur. Hy roep na haar, sy mooiste, sy liefling, om uit te kom (vers 10b en 13b) en saam met hom die bruising van die nuwe lewe en die liefde te kom geniet. Let op hoe hy haar ook met ‘n duif vergelyk, wie sy stem hy wil hoor en geniet, soos hy die tortelduiwe al hoor sing, maar nou nog in haar ouerhuis verskuild is, soos ‘n duif in die klipskeure, in ‘n skuilplek teen die krans.
SY – “Jy moet my beskerm” – 2:15-17
Die vrou wil egter die versekering hê dat hy die gevare (jakkalse en hulle kleintjies) kan trotseer wat hulle liefde kan bedreig (ander mans, sowel as die uitdagings van die lewe). Sy stel haar eenheid met dié herderman op prys – hulle behoort aan mekaar: “Die man wat ek liefhet, is myne, en ek syne”, net soos Gen 2:23-25 dit gevisualiseer het. Maar sy wil hê hy moet haar beskerm soos ‘n herder sy skape versorg wat tussen die lelies wei tot die aandwind begin waai en die skaduwees lank word. Daarom wil sy graag hê dat hy haar sal opsoek om die liefde te vier op die Beterberge. Interessant genoeg beteken die Beterberge letterlik “berge van skeiding” wat waarskynlik haar behoefte verteenwoordig dat sy liefde haar vrese – ook die vrees van die afskeid van haar bekende (ouer)omgewing – sal oorkom en tot rus bring. Sy wil veilig voel in hulle liefde.
Boodskap en betekenis
Vier perspektiewe oor die liefde van die boek Hooglied is vir my van belang om die boodskap van die boek te verstaan:
- Hooglied besing die selfstandige waarde van die seksuele en erotiese kant van die liefde tussen man en vrou. Die behoefte aan seksuele intimiteit is ‘n universele deel van menswees. In Hooglied se onverbloemde verheerliking van die seksuele en erotiese kant van die liefde, word ‘n sterk saak uitgemaak vir die gelykwaardige betekenis van die seksuele liefde, sodat dit nie as ondergeskik beskou sal word aan die ander aspekte van die liefde nie, bv die geestelike, of kameraadskaplike, of lewensgemeenskaplike dimensies daarvan. Seksuele liefde is volgens Hooglied dus nie minderwaardig teenoor ander vorme van die liefde tussen man en vrou nie.
- Hooglied besing die waarde van die seksuele liefde in die konteks van die wedersydse, persoonlike en getroue verhouding tussen een man en een vrou. Die liefdesgedigte van Hooglied bevestig die privaatheid van seksuele intimiteit tussen man en vrou. Seksuele liefde moet dus nie oorhaastig aangeblaas word nie (2:7; 3:5; 8:4 – veral nie as dit jou deel van die harem maak nie!), dit moet nie publiek vertoon word nie (1:4; 3:1-4; 8:1-2), dit moet nie lei tot enige vorm van promiskuïteit met ander vroue/mans nie (6:3; 7:10; 8:8-10). Natuurlik mag dit ook nie lei tot uitbuiting of misbruik binne die verhouding nie, iets wat na alle waarskynlik binne ‘n harem sou kon gebeur. In die lig van die interpretasie van Hooglied as ‘n drie-karakter liefdesverhaal, kies die digter(es) dus vir persoonlike liefde, teenoor die praktyk van die harem van Salomo se tyd. En spel die boek uit hoe ‘n mens lief kan wees, sonder om jouself te verloor.
- Hooglied wys dat seksuele liefde die guns van God geniet. Die insluiting van Hooglied in die Bybel bevorder daarmee die gedagte dat die instelling van die huwelik sowel as die rol wat seksuele liefde daarin speel, iets is wat God se guns geniet. Tradisioneel het die Jode immers dié boek gelees op die 8ste dag van die Paasfees, waarin die belang van die seksuele liefde as deel van die feestelike herdenking van die Trek, Tora en Tabernakel van die Eksodus beskou is. Daarmee is die seksuele liefde tussen man en vrou as deel van die normale lewe voor God bevestig.
- Hooglied wys dus dat seksuele liefde vir die verhouding tussen man en vrou bedoel is, nie vir die verhouding met God en/of die gode soos in die vrugbaarheidsgodsdienste nie. Seksuele liefde het vir Hooglied geen godsdienstige funksie nie, en wys dat dit uitsluitlik bedoel is vir die intieme lewensgemeenskap tussen man en vrou. Daarmee word ‘n streep getrek deur die gebruik van tempelprostitusie wat in sommige godsdienste van dié tyd voorgekom het. Die seksuele liefde tussen man en vrou is doodgewoon deel van die lewe voor God, nie ‘n manier om Hom te aanbid nie.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021