JOB 23:1-9, 16-17

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

JOB 23:1-9, 16-17

JOB SE ANTWOORD OP ELIFAS SE DERDE BETOOG

1Job het hierop gereageer en gesê:

2“Ook vandag is my klag rebels;

sy hand is swaar,

ten spyte van my gesug.

3Ag, as ek maar geweet het

waar ek Hom kon vind,

as ek maar tot by

sy vaste woonplek kon kom!

4Ek sou die saak voor Hom uiteensit;

my mond sou ek vul met pleitredes.

5Ek sou kennis neem van die woorde

waarmee Hy teen my getuig;

ek sou begryp wat Hy vir my sê.

6Sou Hy met groot krag

‘n regstryd teen my voer?

Nee, maar Hy sal aan my

aandag gee.

7‘n Opregte sou daar

met Hom redeneer;

en ek sou vir altyd ontkom

aan my regter.

8Kyk, gaan ek oos, is Hy nie daar nie,

en wes, dan gewaar ek Hom nie.

9In die noorde, terwyl Hy werk,

merk ek Hom nie op nie;

verhul Hy Hom in die suide,

sien ek Hom nie raak nie.

10Ja, Hy ken die pad waarop ek gaan;

as Hy my toets –

soos goud sal ek daar uitkom.

11In sy spoor het my voete gebly;

by sy pad het ek gehou,

en nie afgedraai nie.

12Die opdrag van sy lippe –

daaraan het ek my nie onttrek nie;

in die vou van my kleed

het ek die woorde uit sy mond

in bewaring gehou.

13“Maar Hy is uniek –

wie kan Hom teengaan?

Wat Hy graag wil doen,

dit voer Hy uit.

14Ja, Hy sal wat vir my bestem is, volbring.

Hy het baie dinge soos hierdie in gedagte.

15Daarom staan ek verbysterd voor Hom;

as ek daaroor nadink, vrees ek Hom.

16Dit is God wat my swak van hart maak;

dit is die Almagtige wat my verbysterd laat.

17Ja, ek word nie stilgemaak

deur die donker nie,

deur die feit dat ek self

deur diepe duisternis omhul word nie.

Teks en konteks

Hierdie derde antwoord van Job aan Elifas beslaan twee hoofstukke.  In hoofstuk 23 fokus hy op sy eie vrugtelose soeke na God en na geregtigheid in sy saak met God.  Ten spyte van die feit dat hy meer waarde heg aan God se woorde as aan sy eie begeertes (23:12), is hy bang vir God, omdat hy nie verstaan wat in sy lewe aangaan nie (23:15).

In hoofstuk 24 fokus hy op die onrusbarende feit dat die Almagtige nie optree teen die wydverspreide onreg van mense in die wêreld nie (24:1-17), al is dit só dat die dood tog ook ‘n streep trek vir onregverdiges (24:18-25).  Die probleem is net dat dit vir Job lyk asof dieselfde lot regverdiges en onregverdiges tref.  Dít maak net nie sin vir Job nie.  God se oënskynlike onverskilligheid teenoor vromes en goddeloses bring groot verwarring vir hom.

My soeke na God is vrugteloos en maak my vreesbevange

Job is steeds opstandig en kan nie ophou kla nie.  Sy soeke na God blyk vrugteloos te wees.  As hy voor God sou kon verskyn, sou die Here sy opregtheid kon erken.  Die Here ken hom immers en ken nie net sy pad nie, maar weet dat Job Hom volg net waar Hy gaan.  Job verontagsaam doodgewoon geen bevel van die Here nie.

Hoor hoe mooi sê Job dit: “Ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.” (23:12).  Dit is só ‘n ongelooflike diep verbintenis wat ons in Job raaksien, iets wat almal van ons se lewens kan rig.

Maar nou is dit asof hy in al vier windrigtings soek na God en dit niks oplewer nie: “As ek maar geweet het waar om God te vind, sou ek na sy woonplek toe gaan en my saak voor Hom lê, my pleidooie aan Hom stel. Ek sou van Hom antwoord probeer kry, probeer verstaan wat Hy vir my wil sê.” (23:3-5).

Dit is asof hy hom vasloop in God se soewereiniteit, want Hy weet God het absolute mag om uit te voer wat Hy besluit: “Wat Hy oor my besluit het, sal Hy doen, wat sy planne met my ook al is.” (23:14).  Maar, waar dit vir hom rus moet bring in die vertroue dat God regverdig sal wees, maak dit hom vreesbevange, want hy kan God se optrede in sy lewe nie verstaan nie.  Die Almagtige vul hom met angs.

Job se krisis met sy vrugtelose soeke na God, die Almagtige, is iets wat die Here natuurlik uiteindelik self oplos deur uit ‘n stormwind met hom te begin praat en sy angs in aanbidding laat verander (Job 38-42). 

Boodskap en betekenis

Die wonder is dat dié spreke van God in die NT nie net iemand soos Job se deel geword het nie, maar elke gelowige wat sy fokus op die Here vestig. 

  • Aan die een kant is dit soos Jesus vir Filippus sê: “Wie My sien, sien die Vader.” (Joh. 14:9).  In Christus Jesus het God naby aan ons gekom, kan ons na Hom luister omdat Hy kies om in Christus met ons te praat.
  • Aan die ander kant is die weg na God ook oop, soos die Hebreërskrywer dit stel: “19… Ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, 20en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam.” (Hebr. 10:19-20).  Ons kan dus ook met groot vrymoedigheid die Here nader en ‘n antwoord van Hom verwag en verkry.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: