1 KORINTIËRS 9:16-23

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
Paulus se voorbeeld as apostel
1 Is ek nie vry nie? Is ek nie ‘n apostel nie? Het ek dan nie Jesus, ons Here, gesien nie? Is julle nie my handewerk in die Here nie?
2 Al is ek nie vir ander ‘n apostel nie, is ek dit tog vir julle, want julle is die waarmerk van my apostelskap in die Here. 3 My verweer teenoor diegene wat my kritiseer, is dit:
4 Het ons dan nie die reg om te eet en te drink nie?
5 Het ons nie ook die reg om ‘n suster as vrou saam op reis te neem, soos die ander apostels, en die broers van die Here en Sefas nie?
6 Of het net ek en Barnabas nie die reg om nie te werk nie?
7 Wie dien dan ooit op eie koste as soldaat? Wie plant ooit ‘n wingerd en eet nie van sy vrugte nie? Of wie pas ooit ‘n kudde op en geniet nie van die kudde se melk nie?
8 Ek sê dit nie net menslikerwys nie; sê die wet nie dieselfde nie?
9 Want in die Wet van Moses staan daar geskryf: “Jy mag ‘n bees wat graan trap, nie muilband nie.” Is God nou besorg oor beeste,
10 of sê Hy dit eintlik ter wille van ons? Ja, ter wille van ons is daar geskryf: “Wie ploeg, moet met verwagting ploeg, en wie oes, moet oes met die verwagting om daarin te deel.” 11 As ons dan vir julle die geestelike saad gesaai het, is dit te veel gevra dat ons die materiële van julle mag oes?
12 As ander in hierdie aanspraak op julle deel, hoeveel te meer nie ons nie?
Tog het ons nie van hierdie reg gebruik gemaak nie. Ons verdra eerder alles, sodat ons geen hindernis vir die evangelie van Christus veroorsaak nie.
13 Weet julle nie dat hulle wat in die tempel werk, uit die tempel eet, en hulle wat die altaar bedien, ‘n deel van die offerande kry nie?
14 So het die Here ook bepaal dat hulle wat die evangelie verkondig, uit die evangelie moet leef.
15 Maar ek het nie van een van hierdie regte gebruik gemaak nie, en ek skryf ook nie hierdie dinge sodat dit op my van toepassing moet wees nie. Ek sterf eerder as dat iemand my dié roem ontneem!
16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit nie vir my rede om my daarop te beroem nie? Daar rus immers ‘n verpligting op my, en wee my as ek nie die evangelie verkondig nie. 17 As ek dit uit vrye wil doen, is daar vir my beloning; as ek dit egter nie uit vrye wil doen nie, doen ek dit as ‘n taak wat aan my toevertrou is. 18 Wat is my beloning dan? Dat ek deur my verkondiging die evangelie gratis aanbied, sonder om van die regte wat met die verkondiging saamgaan, ten volle gebruik te maak.
19 Want hoewel ek vry is van almal, het ek almal se slaaf geword, om soveel mense as moontlik te wen.
20 Vir die Jode het ek soos ‘n Jood geword, om Jode te wen; vir diegene onder die wet, soos iemand onder die wet – al staan ek self nie onder die wet nie – om diegene onder die wet te wen.
21 Vir diegene sonder die wet, het ek soos iemand sonder die wet geword – al is ek nie sonder die wet van God nie, maar juis onder die wet van Christus – om hulle wat sonder die wet is, te wen.
22 Vir die swakkes het ek swak geword, om die swakkes te wen; vir almal het ek alles geword, sodat ek ten minste sommige kan red. 23 Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ook ek daarin mag deel.
24 Weet julle nie dat die atlete wat in ‘n stadion aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle dit ontvang. 25 Almal wat deelneem, pas in alle opsigte dissipline toe – hulle nogal om ‘n verganklike oorwinningskrans te ontvang, maar ons ‘n onverganklike. 26 Ek hardloop daarom so, dat dit nie doelloos is nie; ek boks so, dat ek nie in die lug slaan nie.
27 Maar ek dissiplineer my liggaam en maak dit diensbaar, sodat ek nie, terwyl ek vir ander gepreek het, dalk self gediskwalifiseer word nie.
Teks en konteks
Ek plaas die hele hoofstuk ter wille van konteks.
Paulus reageer hier op mense wat kritiek lewer op sy bediening met ’n reeks retoriese vrae waarmee hy bevestig dat hy ’n apostel is en die voorregte daaraan verbonde sou kon geniet, soos inderdaad al die ander apostels, baie keer saam met hulle eggenotes. In die proses noem hy ’n paar riglyne van hoe apostels van ander gawes in die kerk onderskei is in sy tyd, bv., dat hulle Jesus persoonlik na sy opstanding gesien het (1 Kor. 15:5-8). In 2 Korintiërs 10-13 sal hy dit nog uitvoeriger doen.
Let op hoe hy voorbeelde uit ’n wye reeks lewensverbande gebruik om sy punt te staaf, en dit dan ook in die wet van God begrond (Deut. 25:4; vgl. sy raad aan Timoteus hieroor: 1 Tim. 5:18). Weereens sien ’n mens die lering van Jesus weerspieël in sy beredenering (Matt. 10:10; Luk. 10:7).
Tog het hy (en Barnabas) besluit om dié voorregte nie te gebruik nie, sodat niemand beswaar kon maak dat hulle hulleself verryk deur die bediening nie. Die evangelie is vir hom belangriker as sy eie belang (let op weer die kruis-evangelie wat deurkom). Hy gaan liewer dood! Trouens dit is sy roem en eer dat hy dit kosteloos doen, al het hy die reg om van hulle afhanklik te wees vir sy lewensonderhoud.
Dan brei hy uit op sy passie in die lewe, om soveel mense as moontlik vir Christus te wen, en dat hy dit met alles in hom najaag, net soos ’n atleet op die baan (in die tweejaarlikse Istmiese Spele) of ‘n bokser in die kryt.
Sy roeping word breed uitgespel: vir Jode (wetsgehoorsame mense), vir heidene (hy gebruik nie die woord nie, maar praat van mense wat sonder die wet lewe, wat die betekenis duidelik maak), en vir swakkes (vgl hfst. 8 en Rom. 14; 15). Trouens “vir almal het ek alles geword, sodat ek ten minste sommige kan red.” Geen wonder dat sy bediening en uiteindelik skryfwerk die hele Christelike wêreld beïnvloed het nie en steeds doen.
Let op dat hy nie sy eie menings en oortuigings prysgee nie, nooit die liefdesgebod van Christus bv. verlaat nie, maar tog aanpas by die mense wat hy op ‘n gegewe tyd bedien, sodat hy iets vir hulle kan beteken. Hy het bv. die sabbat nagekom ter wille van die Jode, anders sou hulle hom nooit toegelaat het om by hulle in die sinagoge op te tree nie. Vergelyk bv. Hand. 16:3 waar Timoteus besny is; Hand. 18:18 waar Paulus ‘n gelofte afgelê het; Hand. 21:20-26 waar Paulus ‘n reinigingshandeling ondergaan met die gebruiklike offers ter wille van die Jode.
Soms het hy egter ook baie skerp verskil van mense wie se oortuigings die hart van die evangelie aangerand het. Dit het hy gedoen teenoor Jode (Gal. 2:11-14 – waar hy Petrus teengestaan het) en teenoor heidene (baie keer in hierdie brief, waar hy verkeerde idees oor allerlei aanvat). Ander kere het hy egter sensitief opgetree teenoor mense wat nie die kennis gehad het wat hy het nie (1 Kor. 8).
Boodskap en betekenis
Die hoofstuk laat my weer besef hoe belangrik ‘n bewussyn van my roeping (doel) is, dat dit my passie in die lewe moet wees, en dat ek dit met alles in my moet najaag, beide in voorbereiding as in uitvoering, sodat ook ek nie ander uitnooi tot hulle roeping om dit met passie na te jaag nie, en nie self kwalifiseer nie.
Neem daarom ‘n tyd vandag om na te dink oor jou roeping (doel) en passie in die lewe. Wat het die Here op jou hart gedruk wat jy ten alle koste moet najaag: jou roeping, jou doel? Wat is jou passie in die lewe – die ding wat net só ‘n belangrike rol speel dat jy nie anders kan as om dit te doen nie? En hoe staan dit met jou fokus – is jy nog met alles in jou gefokus daarop?
Lewensbelangrike vrae en lewensveranderende vrae!
En as jy nie só ‘n roeping of passie het nie – die Here gee dit aan dié wat Hom soek!
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021
Herman Steyn
Die gedeelte het my anderdaad tot stil staan gebring: Dien ek deur my passie, via Veritas, die Koninkryk, soos wat Paulus uitwys in veral 2 Kor 6: 6-7.
Chris van Wyk
Ja, dieselfde hierdie kant. Ek het opnuut my aan die Here se roeping vasgemaak, soos Hy dit openbaar, nie soos ek dit graag wil hê nie. Groete, Herman.