PSALM 26

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 26

1Van Dawid.

Handhaaf my reg, Here,

want ek, ek gedra my onberispelik;

ek vertrou op die Here,

ek wankel nie.

2Toets my, Here,

en stel my op die proef.

Suiwer my niere en my hart!

3Want ek hou u troue liefde voor oë

en ek leef volgens u waarheid.

4Ek sit nie by bedrieërs nie,

en by slinkse mense kom ek nie.

5Ek het ‘n weersin in die byeenkoms

van kwaaddoeners,

en by goddeloses sit ek nie.

6Ek was my hande

om my onskuld te toon,

sodat ek rondom u altaar kan loop, Here,

7om ‘n loflied te laat opklink

en te vertel van al u wonderdade.

8Here, ek het die huis

waar U woon, lief,

u heerlike woonplek.

9Moet my nie wegruk

saam met sondaars,

my lewe saam met manne

wat bloed vergiet nie,

10hulle aan wie se hande

‘n skanddaad kleef,

en wie se regterhand

vol omkoopgeld is.

11Maar ek, ek gedra my onberispelik –

red my en wees my genadig!

12My voet staan op gelyk grond;

in die byeenkomste

sal ek die Here prys.

Teks en konteks

Die Psalm kom ooreen met Psalms 15 en 24 en was moontlik ook ‘n tempel-toetrede Psalm wat deur pelgrims gebruik is.

Dawid maak hier sy lewe oop voor God en lê sy integriteit (onskuld) in optrede en vertroue op God aan Sy ondersoekende oog bloot. Daarmee herinner hy ons daaraan dat sowel ons lewe in die wêreld as ons lewe met God volgens dieselfde waardes geleef moet word. Dit is waarom hy sê dat Hy hom deur God se liefde laat lei het. Hy het God se karakter as rigtingwyser gebruik in sy lewenstyl, terwyl hy ook op God vertrou het om dit te kan regkry (Fil 2:12 in OT gewaad!).

Dit gaan dus vir hom daaroor om in lyn met God se waardes en beginsels op te tree. Dit is die deurlopende tema in die Psalm soos in vers 1 en 11 aangedui word (onskuld kan met integriteit vertaal word): “Ek het met integriteit opgetree … Ek sal met integriteit optree … Red my en wees my genadig”. Maar wat vir my ongelooflik diepsinnig is, is dat hy homself weliswaar verbind aan ‘n lewe met integriteit (vers 1,11), maar tog in die laaste instansie staatmaak op God se redding en genade (vers 11).

“Ek het nie getwyfel nie” in vers 1 word deur Craigie as volg vertaal: “I shall not slip” wat beteken Dawid het nie opgehou om God te vertrou nie. Twyfel, volgens dié Psalm, is dus nie net om aan God se bestaan te twyfel nie, maar eerder om te twyfel in God se vermoë om betroubaar op te tree. Dit is ook die uitdaging vir ons vandag, om God te vertrou dat Hy in óns wêreld betrokke is en Sy wil sal laat geskied.

Hierdie verbintenis is iets wat natuurlik ook nie net met Dawid se eie manier van lewe te make het nie. Dit beteken ook dat hy nee sê vir die waardes en lewenstyl van bedrieërs, agterbakse mense, misdadigers, goddeloses, moordenaars en mense wat ander probeer omkoop.

“Ondersoek my deur en deur” in vers 2 beteken letterlik: “toets my niere en hart”, die setel van emosies en verstand. Dawid wil dus sy gevoelens en gedagtes aan God se ondersoekende oog blootlê dat God self sal sien dat hy met integriteit opgetree het en steeds so wil lewe.

Boodskap en betekenis

Dit is ook die manier waarop ons moet lewe. In absolute integriteit. Terwyl ons van God self ook vra om ons te ondersoek en te help om dit inderdaad te doen.

Die keuse om God te dien, vereis van ons om in elke dimensie van ons publieke en private lewe met integriteit te lewe. Dit is iets waarvoor ons verantwoordelik is. In elke keuse wat ons maak. Dit is egter ten diepste ook iets wat God vir ons gee. Waarvoor ons Hom moet vertrou.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: