PSALM 4

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 4

1 Vir die musiekleier. Met snarespel. ‘n Psalm. Van Dawid. 

2 God wat my reg handhaaf, 

antwoord my wanneer ek roep. 

Toe ek in die noute was, 

het U vir my ruimte gemaak; 

wees my genadig, en hoor my gebed. 

3 Mense, hoe lank nog 

gaan julle my eer skend? 

Julle het nietigheid lief, 

julle jaag leuens na. Sela

4 Julle moet weet dat die Here

sy getroue volgelinge 

uitsonderlik behandel. 

Die Here hoor wanneer ek 

na Hom roep. 

5 Sidder, moenie sondig nie;

dink na op julle beddens 

en wees stil. Sela

6 Bring offers van geregtigheid 

en vertrou op die Here.

7 Baie mense sê: “Wie sal ons weer 

die goeie laat beleef?” 

Laat die lig van u teenwoordigheid 

oor ons skyn, Here! 

8 U het vreugde in my hart gegee, 

meer as in die tyd wanneer 

mense se koring en nuwe wyn volop is. 

9 In vrede kan ek gaan lê 

en dadelik aan die slaap raak, 

want net U, Here,

laat my veilig woon. (2020-vertaling).

Teks en konteks

Sommige geleerdes dink dat die omstandighede van Psalm 3 en 4 dieselfde is – die tragiese verhaal van Dawid se vlug voor sy geliefde seun Absalom. Dawid sou dan Psalm 4 die aand na sy vlug uit Jerusalem kon gebid het (vgl Ps 4:9 – “nou sal ek onbesorg gaan lê”) en Psalm 3 die volgende oggend (vgl Ps 3:6 – “ek word ook weer wakker”).

Sommige dink dat ’n mens in Psalm 4 eerder moet dink aan die ervaring van swak– of misoeste, moontlik weens droogte, na aanleiding van vers 8 wat ’n skerp kontras trek tussen die Psalmis/Dawid en die mense wat koring en wyn in oorvloed het.

Terloops: die woord Sela kom meer as 70 keer voor in ongeveer 40 van die Psalms, waarvan die eerste hier in Psalm 3 en 4 is. Die betekenis van die woord is onbekend, maar dit wil lyk asof dit ’n pouse in die lees of sing van die Psalm aangedui het, waarskynlik ’n teken vir die koorleiers en musikante. Ons moet dit dus eintlik nie lees of sing nie, maar ’n oomblik van stilte gee, as ons by die woord Sela kom.

Soos altyd in sy lewe, sê Psalm 4, moet Dawid sy geloof en vertroue in God alleen stel, al is daar baie teenstand van (naby?)-mense wat dié geloof en vertroue bespotlik maak en eintlik hulle ongeloof demonstreer dat God enigsins kan optree. Dawid is oortuig dat die Here steeds wonders doen vir dié wat Hom daarvoor vertrou.

Vers 5 is waarskynlik ’n stukkie lewenswysheid wat Dawid neerpen – midde in sy gebed – wat ons leer dat ’n mens nie self negatief op ongelowige perspektiewe moet reageer nie, en op die Here alleen moet vertrou: “As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby!“

Die uitsonderlike uitdagings in die lewe moet ons nie verlei om die normale dinge wat God van ons vra na te laat nie (bv offers in Dawid se tyd – geestelike offers [ons hele manier van lewe] in ons tyd – 1 Pet 2:5 en Rom 12:1-2). Ons moet dié dinge bly doen, terwyl ons Hom vertrou vir die uitdagings.

Dan kan ons met oorgawe fokus op wat God gaan gee en bring dit rus in ons gemoed – soos Dawid sê – wat ons rustig laat slaap en veilig laat woon. En dink net – as dit waar sou wees dat Dawid dié gebed bid terwyl hy besig is om te vlug van Absalom – met hoeveel meer oortuiging jy in jou eie krisisse op hierdie vrede-gewende God kan staatmaak.

Dit laat my ook dink aan Fil 4:6-8 wat ons aanmoedig om ons gedagtes te fokus op dit wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is, NADAT ons ons begeertes in alles aan die Here in gebed, smeking en danksegging bekend gemaak het. Dit is dan dat die vrede van God ons emosies en beplanning in die regte rigting sal begelei!

Boodskap en betekenis

Die psalm nooi jou uit om na te dink oor die dinge waaroor jy ontsteld is en rus te kry by God. Gebruik dus die Psalm om die konflikte in jou lewe voor die Here te bring en vir sy “glimlag” te vra, soos ’n mens vers 7 kan verklaar: “verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here!” (NAV het “goedgesind”).

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: