PSALM 138

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 138

1 Van Dawid. 

Ek wil U prys met my hele hart; 

voor die gode wil ek U besing. 

2 Ek wil in aanbidding buig 

na u heilige tempel ; 

ek wil u Naam prys 

oor u troue liefde, oor u trou; 

Want U het u beloftes 

bo al u roem laat uitstyg. 

3 Die dag toe ek geroep het, 

het U my geantwoord. 

U maak my innerlik sterker.

4 Al die konings van die aarde 

moet U prys, Here, wanneer hulle die woorde 

van u mond hoor. 

5 Hulle moet sing oor die weë 

van die Here:

“Groot is die heerlikheid van die Here.

6 Ja, verhewe is die Here,

maar nederiges sien Hy raak 

en hoogmoediges ken Hy van ver af.” 

7 As ek in diep benoudheid verkeer,

bewaar U my lewe; 

teen die toorn van my vyande 

steek U u hand uit; 

u regterhand verlos my. 

8 Die Here self tree vir my in.

Here, u troue liefde duur vir ewig; 

u handewerk – 

moet dit nie laat vaar nie! (2020-vertaling).

Teks en konteks

Psalm 138-145 is Dawidiese Psalms wat eintlik terugkyk en God se betroubaarheid deur die eeue bevestig.  Dit bevestig ook die ewige bedoelings wat God met sy mense van altyd af het.

Die Psalmis is in die voorhof van die tempel en buig in aanbidding na die Here se heilige tempel.  Sy hart is vol van lof aan die Here wat hy met musiek uitjubel voor die Here.

God se troue liefde en betroubaarheid wys in gebedsverhoring en besieling – vers 1-3

Hy loof die Here vir die openbaring van sy troue liefde (vers 2 en 8) en sy betroubaarheid.  Sy troue liefde, omdat dit vir altyd duur en daarom die toets van die tyd deurstaan.  Sy betroubaarheid, omdat sy Naam en sy woord/belofte bo alles uittroon en die gode van die nasies troef. 

Daarom kan die gode maar hoor wat hy sing, want hulle is magteloos in die lig van God se troue liefde en betroubaarheid (vgl. die unieke Psalm 82 vir ‘n perspektief op God en die gode, wat op beide afgode en mense in magsposisies kan dui).

God se troue liefde en sy betroubaarheid is egter nie iets wat net in die algemeen waar is nie.  Dit is iets wat die Psalmis persoonlik ervaar het in gebedsverhoring en besieling: “Op die dag wanneer ek roep, antwoord U my; U besiel my met innerlike krag.” (138:3).

Al die konings van die aarde moet U loof, Here – vers 4-6

Dit is asof die Psalmis besef dat sy lof eintlik te effentjies is vir só ‘n groot God.  Dit is eintlik net ‘n groot koor van al die konings van die wêreld wat enigsins sal kan begin om reg te laat geskied aan dié groot en deurlugtige God.  Hulle almal moet deur God se woorde/beloftes beweeg word om God se weë te besing en eer aan sy majesteit en verhewenheid te bring.  Hy kan immers die nederiges en die hoogmoediges van ver af van mekaar uitken.

Die Here tree vir my in – vers 7-8

Die Psalmis keer terug na sy eie intense waardering vir God se beskerming en verlossing.  Hy neem dit nie as iets vanselfsprekend aan nie, maar as iets wat weer en weer deur God aan hom geskenk word in die aangesig van nood en die woede van sy vyande.  “Die Here tree vir my in.” (vers 8 in die BDV).  Of meer dinamies vertaal: “Die Here sal vir my alles goed laat afloop.” (NAV).

Daarom verbind hy dan ook opnuut sy gebed vir persoonlike volharding aan God se troue liefde wat vir ewig duur.  Hy vra dat die Here hom – God se handewerk – nie sal laat vaar nie.  Daarin is sy hoop ten diepste geleë.

Boodskap en betekenis

Laat die beskrywings van God jou binnekant vol maak. Hy is vol troue liefde. Hy is betroubaar. Hy besiel jou met innerlike krag. Hy antwoord jou gebede. Hy tree vir jou in! Hy laat jou nie in die steek nie.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: