DEUTERONOMIUM 18:9-22

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
DEUTERONOMIUM 18:9-22
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
9 “ Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God vir jou gaan gee, moet jy nie die afstootlike gebruike van daardie nasies aanleer nie.
10 Daar mag nooit by jou iemand wees wat sy seun of dogter in die vuur offer, of wat voorspellings maak, voortekens lees, waarsêery beoefen, of ‘n towenaar is nie,
11 wat towerspreuke gebruik, waarsêer-of voorvadergeeste oproep, of dooies raadpleeg nie.
12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die Here afstootlik. En dit is oor hierdie afstootlike dinge dat die Here jou God hulle voor jou verdryf.
13 Jy moet onberispelik wees voor die Here jou God.
14 Ja, hierdie nasies wat jy gaan verdryf, luister na hulle wat voortekens lees en voorspellings maak; maar wat jou betref, die Here jou God laat jou so iets nie toe nie.
15 “’n Profeet uit jou midde, iemand uit jou volksgenote soos ek, sal die Here jou God vir jou laat opstaan; na hom moet julle luister. 16 Dit is eintlik wat jy van die Here jou God by Horeb op die dag van die byeenkoms gevra het, toe jy gesê het, ‘Ek kan nie langer na die stem van die Here my God luister en ook nog na hierdie groot vuur bly kyk nie – ek wil nie sterf nie.’
17 Die Here het toe vir my gesê, ‘Wat hulle sê is goed,
18 Ek sal vir hulle uit hulle volksgenote ‘n profeet soos jy laat opstaan, en Ek sal my woorde in sy mond lê. Hy sal vir hulle alles sê wat Ek hom beveel.
19 En van die persoon wat nie luister na my woorde wat hy in my Naam sê nie, sal Ek self rekenskap eis.
20 Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te sê wat Ek hom nie beveel het om te sê nie, of wat in die naam van ander gode praat – daardie profeet moet sterf.’
21 “En as jy jouself sou afvra: Hoe sal ons weet watter woorde het die Here nie gesê nie?
22 As dit wat ‘n profeet in die Naam van die Here sê, nie gebeur nie en daar kom niks van nie, dan is dit woorde wat die Here nie gespreek het nie. In vermetelheid het die profeet dit gesê. Jy mag nie vir hom bang wees nie.” (2020-vertaling)
Teks en konteks
Na die aandag aan die publieke sisteme van die regstelsel en die politiek, fokus Moses op die godsdienstige sisteme, die priesters en Leviete (Deut. 18:1-8) en die profeet wat die Here vir hulle sal gee (Deut. 18:9-22). In die geval van die stam van Levi geld die beginsel dat hulle alles kry wat die Here toekom uit die oorvloed wat Hy vir die volk gee. In die geval van die profeet – let op die enkelvoud – geld die beginsel dat hy, soos Moses, alles moet deurgee wat die Here vir hom in die mond lê. Hy word die woordvoerder van die Here.
Die volk moet daarom die profeet nougeset gehoorsaam en doelbewus en konsekwent alle ander stemme ignoreer. Sommige dink dat Moses hier verwys na die profeteamp. Die NT beskou dit ten diepste as ‘n verwysing na die Here Jesus Christus (Mark. 6:15; Matt. 21:11, 46; Luk. 1:76; 7:16; 24:19; Joh. 1:45; 4:19; 5:46; 6:14; 7:40; 9:17; Hand. 3:22-23; 7:37).
Die Here sal ‘n profeet gee soos Moses om God se woorde aan hulle te gee – Deut. 18:9-22
Moses begin met ‘n waarskuwing teen die “ander stemme” wat hulle in die land sal aantref. Die NAV is nie so duidelik in terme van die sake wat verbied word nie. Die BDV vertaal dit beter: “Daar mag nooit by jou iemand wees wat sy seun of dogter in die vuur offer (met die oog op ‘n boodskap), of wat voorspellings maak, voortekens lees, waarsêery beoefen, of ‘n towenaar is nie, wat towerspreuke gebruik, waarsêer- of voorvadergeeste oproep, of dooies raadpleeg nie.” Die Here het ‘n afsku aan die mense wat sulke praktyke beoefen. Hulle moet aktief teengestaan word en op geen manier nagevolg word nie. Trouens, dit is juis vanweë dié praktyke wat die Kanaäniete die land verbeur het.
Moses belowe dat die Here ‘n profeet vir hulle sal gee, uit hulle eie geledere, wat soos Moses hulle die wil van God kan leer, in vervulling van die versoek wat hulle destyds by Sinai (Horeb) aan die Here gerig het. Die Here sal sy woorde in dié profeet se mond lê, in ooreenstemming met die wet wat Hy van Sinai af tot by die vooraand van die Intog in die beloofde land aan Moses gegee het.
Só ‘n profeet mag dus niks anders verkondig as wat die Here hom beveel nie. Sy gesag sal ook lê in die uitkoms van sy woorde al dan nie. Dit sal ook bepaal of die volk na hom moes luister of nie.
Die belofte van ‘n profeet het dus onmiddellike betekenis vir hulle, hoewel hulle name eers mettertyd aan ons bekend word. Ons lees van een naamlose profeet in die Rigterstyd in die tyd van Gideon (Rigt. 6:8), dan natuurlik van die groot profeet Samuel (1 Sam. 3:20) waarna daar sprake is van ‘n profeteskool (1 Sam. 10:10; 19:23). In die tyd van Dawid is daar ‘n paar profete wat optree (Gad – 1 Sam. 22:5; Natan – 2 Sam. 7:2). Dit alles voor die groot profeet Elia in die tyd van Agab op die toneel verskyn (1 Kon. 17 tot 2 Kon. 2).
Die belofte van ‘n profeet het egter ook ‘n dieper betekenis. Die belofte van ‘n profeet is as sodanig ook profeties. Dit kom ons uit die NT agter. Jesus word op talle plekke as die profeet waarvan Moses gepraat het, geïdentifiseer, soos dit bv. ‘n paar keer in die evangelie van Johannes gestel word. Filippus verduidelik vir Natanael: “Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het.” (Joh. 1:45). Die skare by die wonderteken van die broodvermeerdering maak dieselfde konneksie: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.” (Joh. 6:14), soos ook sommige mense by die huttefees: “Hy is werklik die Profeet.” (Joh. 7:40).
Betekenis en boodskap
Jy sal ook vandag hoor dat “ander stemme” nie net toegelaat moet word nie, maar omhels moet word in die waan dat ‘n diversiteit van stemme ‘n positiewe ding in die geloofslewe is. Moses waarsku egter al meer as ‘n 1 000 jaar vC dat die Here dit nie toelaat nie. Trouens, enigiemand wat enigiets anders sê as wat God sê, sal aan God self moet rekenskap gee.
Dit het ook deel van Jesus se selfverstaan gevorm: “As julle Moses geglo het, sou julle in My geglo het, want hy het van My geskrywe.” (Joh. 5:46). Alles wat Jesus gesê het, was steeds gebaseer op wat God reeds geopenbaar het, maar ook meer en dieper. In Hom het God se volle openbaring opgedaag.
Ná Jesus se opstanding en hemelvaart verkondig Petrus (Hand. 3:22-23) en Stefanus (Hand. 7:37) hierdie boodskap – die boodskap van die Skrifte wat reeds God se openbaring op die tafel gesit het, soewel as die boodskap van die koninkryk wat Jesus gebring het (Vergelyk ook Mark. 6:15, Matt. 21:11, 46, Luk. 1:76; 7:16; 24:19; Joh. 4:19; 9:17).
Dit is na hierdie “stem” wat ons moet luister en waaraan ons gehoorsaam moet wees. Geen “ander stem” mag ‘n plek kry in ons gemeenskap nie.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - January 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - January 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - January 26, 2021
- PSALM 11 - January 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - January 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - February 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - February 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - February 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - February 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - February 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - February 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - February 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - February 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - February 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - February 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - February 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - February 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - February 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - February 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - February 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - February 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - March 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - March 2, 2021
- PSALM 19 - March 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - March 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - March 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - March 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - March 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - March 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - March 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - March 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - March 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - March 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - March 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - March 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - March 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - March 25, 2021
- PSALM 22 - March 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - March 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - March 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - April 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - April 5, 2021
- PSALM 133 - April 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - April 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - April 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - April 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - April 13, 2021
- PSALM 4 - April 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - April 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - April 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - April 20, 2021
- PSALM 23 - April 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - April 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - April 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - April 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - April 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - April 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - June 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - June 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - June 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - June 7, 2021
- PSALM 20 - June 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - June 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - June 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - June 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - June 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - June 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - June 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - June 22, 2021
- PSALM 130 - June 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - June 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - June 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - June 29, 2021
- PSALM 48 - June 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - July 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - July 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - July 6, 2021
- PSALM 24 - July 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - July 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - July 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - July 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - July 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - July 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - July 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - July 20, 2021
- PSALM 14 - July 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - July 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - July 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - July 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - July 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - July 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - August 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - August 3, 2021
- PSALM 130 - August 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - August 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - August 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - August 10, 2021
- PSALM 111 - August 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - August 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - August 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - August 17, 2021
- PSALM 84 - August 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - August 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - August 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - August 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - August 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - August 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - August 30, 2021
- PSALM 125 - August 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - September 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - September 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - September 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - September 7, 2021
- PSALM 19 - September 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - September 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - September 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - September 14, 2021
- PSALM 1 - September 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - September 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - September 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - September 21, 2021
- PSALM 124 - September 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - September 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - September 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - September 28, 2021
- PSALM 26 - September 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - September 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - October 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - October 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - October 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - October 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - October 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - October 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - October 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - October 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - October 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - October 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - October 21, 2021
- RUT 1:1-18 - October 25, 2021
- PSALM 146 - October 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - October 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - October 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - November 1, 2021
- PSALM 127 - November 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - November 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - November 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - November 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - November 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - November 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - November 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - November 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - November 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - November 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - November 18, 2021
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Philip
Dankiedankie
Jou boodskappe is ondubbelsinnig en baie duidelik
Chris van Wyk
Dankie Philip!
Ansie
Hoe kry ek die leesrooster afgelaai?
Ek look daarop maar maak nie oop nie.
Dankie vir hou besondere goeie verduideliking.
Mooi dag Ansie
Chris van Wyk
Hi, die tekste wat ek gaan behandel hierdie jaar was ingesluit net in die eerste bydrae. Jy kan die volle lys egter hier aflaai: Excel of Pdf