2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33

1Dawid het die manskappe by hom gemonster en aanvoerders van duisend en aanvoerders van honderd aangestel. 2Toe het Dawid die manskappe uitgestuur, ‘n derde onder bevel van Joab, ‘n derde onder bevel van Abisai, seun van Seruja en broer van Joab, en ‘n derde onder bevel van Ittai, die man uit Gat. Die koning het vir die manskappe gesê: “Ek gaan beslis ook saam met julle uittrek.” 3Maar die manskappe het gesê: “U mag nie saam uittrek nie, want as ons wel moet vlug, sal hulle nie op ons ag slaan nie. En al sterf die helfte van ons, hulle sal nie op ons ag slaan nie, want u is so goed soos tienduisend van ons. Daarom is dit beter as u vir ons uit die stad tot hulp sal wees.” 4Die koning het hulle geantwoord: “Wat vir julle die beste lyk, sal ek doen.” Die koning het toe langs die stadspoort gaan staan, en al die manskappe het in eenhede van honderd en duisend uitgetrek. 

5Die koning het Joab, Abisai en Ittai opdrag gegee: “Werk, ter wille van my, saggies met die jong man, met Absalom.” Al die manskappe het gehoor toe die koning aan al die aanvoerders opdragte gee in verband met Absalom. 6Die manskappe het uitgetrek na die veld om teen Israel te staan te kom. Die geveg het plaasgevind in die beboste gebied van Efraim. 7Daar is die manskappe van Israel verslaan deur die dienaars van Dawid. Op daardie plek was daar dié dag ‘n groot slagting – twintigduisend man. 8Van daar af het die geveg oor die hele gebied versprei. Die bosse het daardie dag meer lewens geëis as die swaard. 9Absalom het hom teen die dienaars van Dawid vasgeloop terwyl hy op ‘n muil gery het, en toe die muil onder die takke van ‘n groot terebintboom deurgaan, is sy hare vasgevang in die terebint. Hy het tussen hemel en aarde bly hang, terwyl die muil wat onder hom was, verder gaan. 

10Een van die manne het dit gesien en vir Joab gaan vertel. Hy het gesê: “Kyk, ek het Absalom sien hang aan ‘n terebintboom!” 11Daarop sê Joab toe vir die man wat dit vir hom vertel: “Jy het hom sowaar gesien! Waarom het jy hom dan nie net daar teen die grond neergevel nie? Ek sou verplig wees om vir jou tien silwerstukke en ‘n gordel te gee.” 12Maar die man sê vir Joab: “Selfs al kan ek duisend silwerstukke op my handpalms afweeg, sal ek nie my hand uitsteek na die seun van die koning nie, want voor ons ore het die koning u en Abisai en Ittai opdrag gegee, ‘Sien om my ontwil om na die jong man, na Absalom.’ 13As ek egter vals opgetree het teen sy lewe – en niks bly vir die koning verborge nie – sou u self maar net opsy gestaan het.”

14Toe sê Joab: “Ek gaan nie so hier voor jou staan en wag nie.” Hy neem toe drie stokke in sy hand en steek dit in die bors van Absalom terwyl hy nog lewend is in die terebintboom. 

15Toe draai tien jong manne, wapendraers van Joab, af, slaan op Absalom toe en maak hom dood. 

16Joab het op die ramshoring geblaas. Die manskappe het die agtervolging van Israel gestaak, want Joab het die manskappe teruggehou. 17Hulle het Absalom geneem en hom in die beboste gebied in ‘n groot gat gegooi. Hulle het ‘n baie groot hoop klippe op hom gepak. Die hele Israel het intussen gevlug, elkeen na sy tente toe.

18Gedurende sy lewe het Absalom die gedenksteen wat daar in die vallei van die koning is, geneem en vir homself opgerig; want hy het gesê: “Ek het nie ‘n seun om my naam in herinnering te hou nie.” Hy het toe die gedenksteen na homself vernoem, en dit word tot vandag toe die Gedenkteken van Absalom genoem.

DAWID SE ROU OOR ABSALOM

19Agimaäs, seun van Sadok, het gesê: “Laat ek asseblief hardloop en die nuus aan die koning oordra dat die Here sy reg gehandhaaf het deur hom uit die hand van sy vyande te red.” 20Joab het egter vir hom gesê: “Vandag is jy nie die man vir die nuus nie. Jy kan op ‘n ander dag die nuus oordra. Op hierdie dag mag jy nie die nuus oordra nie, omdat die koning se seun dood is.” 21Joab het toe vir ‘n Kussiet gesê: “Gaan vertel vir die koning wat jy gesien het.” Die Kussiet het diep gebuig voor Joab en toe gehardloop. 22Maar Agimaäs, seun van Sadok, het weer ‘n keer vir Joab gesê: “Wat ook al gebeur, ek wil asseblief ook hardloop – ná die Kussiet.” Waarop Joab vra: “Waarom wil jy dan nou hardloop, my seun? Vir jou sal daar nie ‘n boodskappersloon wees nie.” 23“Wat ook al gebeur, ek wil hardloop,” het hy gesê. “Hardloop dan!” het Joab vir hom gesê. Agimaäs het toe met die pad deur die vallei gehardloop en die Kussiet verbygesteek.

24Terwyl Dawid tussen die twee poorte sit, gaan die wag op na die dak van die poort, na die stadsmuur. Toe hy opkyk, sien hy skielik iemand wat alleen aangehardloop kom. 25Die wag roep toe uit en lig die koning in, waarop die koning sê: “As hy alleen is, kom hy met nuus.” Terwyl hy al nader kom, 26sien die wag ‘n ander man wat hardloop. Die wag roep toe na die poortwag en sê: “Daar is sowaar nog ‘n man wat alleen hardloop!” Toe sê die koning: “Ook hy bring nuus.” 27Die wag sê toe: “Ek sien aan die hardloop van die eerste een dat dit Agimaäs, seun van Sadok, se manier van hardloop is.” Daarop sê die koning: “Dit is ‘n goeie man, en dit moet goeie nuus wees waarmee hy kom.” 28Agimaäs het uitgeroep en vir die koning gesê: “Vrede!” Toe buig hy diep voor die koning met sy gesig teen die grond en sê: “Die Here u God moet geprys word; Hy wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my heer die koning gelig het.” 29Toe vra die koning: “Hoe gaan dit met die jong man, met Absalom?” Agimaäs het geantwoord: “Ek het ‘n groot samedromming gesien toe Joab, die koning se dienaar, op die punt was om my, u dienaar, te stuur; maar ek weet nie wat dit was nie.” 30Die koning sê toe: “Draai om en neem jou plek daar in.”

Hy het omgedraai en gaan staan 31juis toe die Kussiet daar aankom. Die Kussiet sê toe: “My heer die koning kan die nuus ontvang dat die Here vandag u reg gehandhaaf het deur u te bevry van die hand van almal wat teen u in opstand is.” 32Daarop vra die koning vir die Kussiet: “Hoe gaan dit met die jong man, met Absalom?” Die Kussiet het gesê: “Mag dit met die vyande van my heer die koning en met almal wat ten kwade teen u in opstand is, gaan soos met die jong man.” 33Die koning het begin bewe, en opgegaan na ‘n bovertrek in die poort en gehuil. Terwyl hy loop, het hy hierdie woorde gesê: “My seun Absalom; my seun, my seun Absalom! As ek maar in jou plek kon sterf! Absalom, my seun, my seun!”

Teks en konteks

Dawid kry kans om tot verhaal te kom by Mahanaim, die plek waar Jakob jare tevore deur die Here ontmoet is en waar die “leër van God” was (Gen 32:2). Hy monster sy manskappe op strategiese wyse in drie groepe, maar word aangeraai om nie self in die oorlog betrokke te raak nie. Ten spyte van Dawid se duidelike opdrag om Absalom te spaar, word hy uiteindelik deur Joab doodgemaak in die Efraimsbos tot Dawid se groot verdriet. Absalom sterf sonder ’n nageslag, want sy drie seuns was blykbaar teen hierdie tyd al dood (vgl 2 Sam 14:27 – hy het wel ’n dogter wat hom oorlewe). Interessant hoe menslik die verhaal vertel word van die aflewering van die boodskap aan Dawid. Joab keer Ahimaas en vertrou die boodskap aan ’n Kussiet. Ahimaas hardloop egter verby, maar vertel net die goeie nuus, en laat die slegte nuus oor Absalom aan die Kussiet oor.

Boodskap en betekenis

In die breër konteks is dit duidelik dat Dawid selfs meer geraak is deur Absalom se dood as deur die dood van die eerste kind by Batseba. Joab vermaan hom hierna egter ernstig om sy dankbaarheid vir die manne te toon wat baie opgeoffer het uit liefde vir hom. Dawid reageer wel soos Joab vra, maar let op dat die 10 noordelike stamme se mense nie opdaag nie op sy versoek nie. Ná Salomo se dood sou dié skeidslyne ’n kloof word.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d