PSALM 11

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

PSALM 11

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

1 Vir die musiekleier . Van Dawid. 

By die Here skuil ek; 

hoe kan julle dan vir my sê: 

“Vlug soos ‘n voël na die berge,

2 want kyk, die goddeloses 

span ‘n boog, 

hulle sit hulle pyle op die boogsnaar 

om in die donker 

op die opregtes van hart te skiet. 

3 As die fondamente afgebreek word, 

wat kan ‘n regverdige dan doen?” 

4 Die Here is in sy heilige paleis, 

die Here – 

in die hemel is sy troon. 

Sy oë sien; 

sy blik toets die mensekinders. 

5 Die Here – 

‘n regverdige toets Hy, 

maar in ‘n goddelose en iemand 

wat geweld liefhet, 

het Hy ‘n weersin. 

6 Hy laat gloeiende kole op goddeloses neerreën – 

vuur en swael 

en ‘n verskroeiende wind; 

dit is wat hulle toekom, 

dit is hulle beker.

7 Want regverdig is die Here, Hy het geregtigheid lief, 

opregtes sal sy teenwoordigheid ervaar. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis

Psalm 11 is eintlik streng gesproke nie ’n gebed nie, maar ’n geloofsbelydenis, waarin die Psalmis sy vertroue op God bevestig.  En hy doen hierdie belydenis as ’n reaksie op die bedreiging van sy vyande wat nie net sy geloof in God bevraagteken nie, maar strukture (van die samelewing/geloofsgemeenskap) afbreek en Dawid se dood (of val) beplan.  Craigie gee hierdie Psalm daarom die titel Confidence in Crisis

Dawid het waarskynlik by die tempel kom skuil vir sy vyande – waar hy op beskerming sou kon aanspraak maak – hoewel die vyande nou ook sulke strukture in gevaar stel.  Daar is dus die gevaar dat die vyande hom in die tempel sal kom kry, maar boonop ook die versoeking vir hom om te vlug na die berge, soos hy deur die goddeloses aangeraai word.  Die versoeking is: om nie vas te staan in die Here nie, maar te vlug na waar dit menslik gesproke veiliger sou wees. Wanneer ‘n mens immers vasstaan, gee jy jou teenstanders ook meer van ‘n teiken om aan te val.  Dit neem dus ‘n besondere moedige optrede van Dawid om nie terug te deins en te vlug nie.

Wat Dawid moed gee, is 2 fundamentele sake:

  • Die Here is in sy tempel.  Dit is nie net Dawid wat daar is nie!  Dit is die gedagte wat die vlam van hoop in hom aansteek.  Maar ook nie net dit nie:
  • God is op sy troon in die hemelDie God van die liturgie is ook die God van die wêreld.  Hy is immanent en transendent, en op Hom kan ’n mens jou lewe bou en op Hom kan jy jou verlaat.

Sy geloofsbelydenis sluit verder in dat dié God verder en dieper sien as almal.  Hy onderskei tussen goddeloses en regverdiges, deurdat hy albei toets, soos ‘n mens metaal deur vuur suiwer.  En die gevolg of uitkoms van die toetsing verander Sy houding teenoor die goddeloses. Letterlik staan daar “Sy siel haat dié wat geweld liefhet.”

In sy nabye teenwoordigheid verskroei die goddeloses (Sodom en Gomorra as agtergrond), maar ervaar die regverdiges Sy liefde.  Let op dat die fokus val op dié wat regverdig en opreg HANDEL.  En die regverdiges sal God se aangesig sien, dws, sal ‘n Godsverskyning ervaar (vgl Ps 9:17).

In my nadenke hieroor het ek besef, vertroue in ‘n krisis is beide ‘n noodsaaklikheid as ‘n deug, maar dit moet ook deur wysheid aangevul word. Dit is verseker nie menslike wysheid nie – vlug uit gevaar – maar Goddelike wysheid. Paulus is bv in die NT aangeraai om te vlug toe hy op pad was Jerusalem toe, maar die wyse optrede was toe om juis te gaan waar hy gevange geneem sou word, soos wat die Here reg aan die begin van sy roeping vir hom uitgespel het. Dit was ook die basis van Jesus se vasstaan in versoeking, om nie die uitdaging van honger te ontwyk deur self te voorsien nie, maar van God afhanklik te bly.

Deur te bly vertrou in só ‘n krisis, bring ‘n mens by ‘n beter verstaan van hoe God werk, trouens van Wie Hy is, en leer jou om Hom met nuwe oë raak te sien.

Boodskap en betekenis

Versterk jou geloof en skep moed deur Psalm 11 te bid. Die fondamente van ons samelewing word ondermyn, maar God se oë is oop! Hy onderskei tussen regverdige en goddelose. Hy laat vuur reën op die goddelose (onthou Gen 19 – Sodom en Gomorra), maar is by die mense wat regverdig en opreg handel.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

 

View all posts in this series

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (8)

  • Elmari Hoffman Van Rooyen

    Hallo Chris. Ek skakel van vandag af vir die eerste keer by die Bybelskool in. Is sommer baie opgewonde oor die rigting wat dit my gaan gee wat betref my stilword-tye saam met Vader.

  • Hello Chris
    Hoe gaan dit..

    Verklaar asseblief die volgende
    sy blik toets die mensekinders.
    Dankie
    Mervyn
    and bndede

    • Hi Mervyn, Psalm 11:4 beskryf die Here wat alles sien wat mense doen – “sy oë sien; sy blik (letterlik “ooglede”) toets die mensekinders.” Vers 5-7 verklaar dan die uitkoms van hierdie “toets”. Die goddelose vernietig Hy. Die regverdige trek Hy in sy teenwoordigheid in.

    • Jy is reg, Ansie. Ek begin al hoe meer dink dat ‘n mens ‘n Psalm ‘n dag moet lees. Net om die beloftes van die Here daarin te hoor. En om die gebede daarin te bid. Geniet!

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: