JOHANNES 20:19-31

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
JOHANNES 20:19-31
Jesus se verskyning aan die dissipels
(Matt 28:16-20 ; Mark 16:14-18 ; Luk 24:36-49 )
19 Dit was al laat die aand op daardie eerste dag van die week. Die deure waar die dissipels vergader het, was gesluit uit vrees vir die Jode. Jesus het toe gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: “Vrede vir julle!” 20 En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. Die dissipels was verheug toe hulle die Here sien. 21 Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”
22 Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: “Ontvang die Heilige Gees!
23 As julle mense se sondes vergewe, is dit hulle vergewe; as julle dit van hulle weerhou, bly dit van hulle weerhou.”
Thomas se belydenis
24 Maar Thomas, een van die twaalf, wat bekend gestaan het as Didimus, was nie by hulle toe Jesus gekom het nie.
25 Die ander dissipels sê toe vir hom: “Ons het die Here gesien!” Maar hy het vir hulle gesê: “As ek nie die merke sien van die spykers in sy hande en my vinger nie steek in die spykermerke, en my hand nie in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.”
26 Agt dae later was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. Terwyl die deure gesluit was, het Jesus gekom en in hulle midde gaan staan en gesê: “Vrede vir julle!” 27 Daarna sê Hy vir Thomas: “Bring jou vinger hier, en kyk na my hande, en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar gelowig.”
28 Thomas het vir Hom gesê: “My Here en my God!”
29 Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy omdat jy My gesien het? Gelukkig is hulle wat nie gesien het nie, en tog tot geloof gekom het.”
Doel van die Evangelie
30 Jesus het nog baie ander tekens voor sy dissipels gedoen wat nie in hierdie boekrol geskryf staan nie.
31 Hierdie dinge is egter neergeskryf sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en dat julle deur te glo, die lewe in sy Naam kan hê. (2020-vertaling)
Teks en konteks
Johannes vertel ons in hoofstuk 20-21 van vier verskynings van Jesus na die opstanding. Hy verskyn eerste aan Maria Magdalena, tweede aan die dissipels, derde aan Tomas wat nie by was met Jesus se tweede verskyning nie en laastens (hfst 21) aan die dissipels by die meer, waar Jesus spesifiek vir Petrus intrek en heraanstel in sy rol as herderleier (laat my skape wei).
Daarmee lewer Johannes getuienis af van die werklikheid van Jesus se opstanding uit die dode en van die wyse waarop Jesus se opstanding alles verander.
Let op dat dit eers is wanneer Hy self aan hulle verskyn, dat die dissipels rus en vrede ervaar, en hulle vrees in blydskap kan verander. Netso Tomas. Jesus openbaar Homself aan Tomas sodat sy twyfel in geloof kan verander en Hy met oortuiging deel kan wees van die groeiende getuienis van sy opstanding.
En let op dat Jesus nie net vir hulle troos en versterk in hulle geloof nie. Nee, Hy stuur hulle ook, waarmee Hy hulle roeping bevestig om die wêreld met die boodskap van vergifnis in te gaan. En later doen Hy dieselfde met Petrus en gee Hom ’n soortgelyke opdrag as wat Jesus self gehad het, om vir die skape weiding te gee. (Joh 10).
Daarmee bereik Johannes se evangelie dan ook sy hoogtepunt, want Hy skryf juis hierdie klompie verhale van Jesus se wondertekens, sy gesprekke, en sy verskynings om ons te oortuig dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat ons deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê (Joh 20:31). Jesus staan op om as die teenwoordige Here ons lewens betekenis te gee.
Boodskap en betekenis
Ons praat te veel oor die historisiteit en werklikheid van die opstanding, en hopeloos te min oor die teenwoordigheid van die Here Jesus. Die leë graf fassineer ons miskien te veel. Dit is immers die teenwoordige Jesus wat ons lewens verander en wat ons fokus moet wees. Jy kan natuurlik nie die teenwoordige Jesus hê sonder ’n leë graf nie – die graf was immers leeg. Maar jy kan die teenwoordige Jesus mis as jy te veel klem lê op die dogma van die leë graf.
Met hierdie boodskap van vergifnis bereik Johannes se evangelie sy hoogtepunt. Dit is die boodskap waarmee ons ook die wêreld ingestuur word, ‘n wêreld wat vergifnis só ontsettend nodig het.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021
Pippie
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik
Chris van Wyk
👍