PSALM 89:20-38

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
PSALM 89:20-37
20 U het destyds in ‘n visioen
‘n belofte gemaak
aan u getroue volgelinge.
U het gesê:
“Ek het hulp verleen aan ‘n held,
Ek het ‘n jong man uit die volk verhoog.
21 Ek het Dawid, my dienskneg, gevind;
met my heilige olie het Ek hom gesalf,
22 hom by wie my hand
bestendig sal wees;
ja, my arm sal hom sterk maak.
23 Vyande sal hom nie onverhoeds
betrap o nie,
en skurke sal hom nie verdruk nie.
24 Sy teenstanders sal Ek
voor hom verpletter,
en sy haters sal Ek platslaan.
25 My getrouheid en troue liefde
sal met hom wees,
en in my Naam sal hy sterk word.
26 Ek sal sy hand op die see lê,
op die riviere sy regterhand.
27 Hy, hy sal my aanroep,
‘U is my Vader, my God,
en die rots wat my verlos.’
28 Ek sal hom dan eersgeborene maak,
die hoogste van die konings
van die aarde.
29 Vir altyd sal Ek vir hom
my troue liefde handhaaf;
en my verbond sal bestendig
wees vir hom.
30 Ek sal sy nageslag vir altyd vestig,
en sy troon,
solank as die hemel bestaan.
31 “As sy seuns van my wet afwyk,
volgens my beslissings nie leef nie;
32 as hulle my vaste voorskrifte
ontheilig,
my bevele nie nakom nie,
33 sal Ek hulle oortreding
met slae straf
en hulle sondeskuld met houe.
34 Maar my troue liefde
sal Ek nie aan hom onttrek nie,
en Ek sal nie my trou verloën nie.
35 Ek sal my verbond nie skend nie
en wat oor my lippe gegaan het,
nie verander nie.
36 Vir eens en vir altyd het Ek
by my heiligheid gesweer;
Ek sal nie vir Dawid lieg nie:
37 Sy nageslag sal altyd daar wees
en sy troon soos die son voor My,
38 soos die maan wat altyd standhou –
‘n betroubare getuie
aan die hemelruim.” Sela (2020-vertaling).
Teks en konteks
Die laaste Psalm in die 3de Psalmboek, Psalm 89, begin met die wonderlike uitkoms wat God gee, wat eintlik ’n noodsaaklike boodskap is ná die donkerte van Psalm 88. Tog vra die Psalm ook of ’n mens altyd kan staatmaak daarop, veral wanneer dit lyk asof God in sy toorn sy verbond nie in ag neem nie (vers 39 en verder). ’n Situasie waarmee menige van ons kan identifiseer.
Die Psalm word toegeskryf aan Etan, soos Heman, ‘n Esragiet. Hy was ook een van vier bekende wyses in Israel wie se wysheid egter deur Salomo oortref is (1 Kon. 4:31). Etan en Heman was nakomelinge van Serag uit die stam van Juda (1 Kron. 2:6), vandaar die naam Esragiet (nakomeling van Serag). Hy moet onderskei word van die ander Etan, wat ook Jedutan genoem word, en saam met Asaf en Heman in die tyd van Dawid as tempelsangers opgetree het (1 Kron. 6:33).
In die eerste deel van die Psalm – vers 2-19 – God word geloof vir sy liefde en trou wat vir altyd standhou beide in die hemel as op die aarde (vgl. die Ons Vader gebed oor God se wil)
Die Psalmis wy daarna uit – vers 20-38 – oor al die beloftes wat die Here aan Dawid gemaak het, van die bystand aan ’n dapper jong man wat gelei het tot die salwing as koning tot die ondersteuning in die talle oorloë waarin hy betrokke was. Daarin was God se trou en liefde by hom. Deur God se krag het hy oorwin.
God se verbond met hom staan vas. Dawid sal God aanroep as Vader en God sal hom eerste stel (vers 28). Vir altyd sal God sy trou handhaaf teenoor hom, want God se verbond met hom staan vas (vers 29). Dit sluit in dat hy altyd nakomelinge sal hê en dat sy troon sal vasstaan solank as wat daar ’n hemel is (vers 30).
Tog beteken dit nie dat die nasate van Dawid hiermee ’n blanko tjek kry tot seën onafhanklik van hulle gehoorsaamheid aan die Here nie. Nee die Psalmis is duidelik daaroor dat as die volk nie handel volgens God se woord nie, nie lewe volgens sy bepalinge nie, sy voorskrifte verontagsaam, sy gebooie nie nakom nie, sal Hy hulle straf (vers 31-33).
“Maar, my liefde sal Ek van hom nie terughou nie, my trou nie verbreek nie.” (vers 34). God se verbond sal nie verbreek word nie. God se beloftes sal nie teruggehou word nie – spesifiek die beloftes van ’n nageslag om op sy troon te sit (vers 36-37). En die permanensie daarvan word aan die bestaan van die son en die maan sowel as die hemel gekoppel (vers 38-39).
In die laaste deel van die Psalm – vers 39-53 – vra die Psalmis: “Sal U dan vir altyd u hulp weerhou, Here?” (vers 47). Daarom bid die Psalmis dat God aan hulle sal dink, verpersoonlik in die gestalte van sy gesalfde en nie vyande die oorhand laat kry nie: “Die mense … is u vyande, Here.” (vers 52)
Boodskap en betekenis
God se liefdesdade is ’n sterk getuienis daarvan dat Hy sy beloftes waar maak. Die vraag is egter of dié beloftes in alle omstandighede waar gemaak kan of sal word. Wat gebeur as die nageslag nie meer die Here dien nie? Kan God dan ook nog sy beloftes waarmaak, dié beloftes wat hy aan die voorgeslagte gegee het? Meer spesifiek, kan Israel staatmaak op voorkeur behandeling omdat God ’n verbond met hulle stamvader Dawid gesluit het? En wat van ons?
Ons is geneig om ’n meer wit-swart oordeel te fel – reg of weg. Die Psalmis weet egter dat só ’n aanpak altyd sal lei tot ’n verwerping. Daarom pleit hy eintlik vir die onmoontlike hoop, dat God se liefde sy oordeel sal troef en daaroor sal triomfeer. Dit is die gebed wat ons kan aangryp en vir onsself en vir ons mense kan bid. Die hoop op God se onverdiende guns alleen.
En die bloed het op Golgota geloop om dít vir ons almal reg te kry … daarin lê ons verlossing.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021