MARKUS 8:31-9:1

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
MARKUS 8:31-9:1
31 Toe het Hy begin om hulle te leer dat die Seun van die mens baie moet ly en dat Hy deur die oudstes en die leierpriesters en die skrifkenners verwerp en doodgemaak moet word en na drie dae opstaan. 32 En Hy het reguit daaroor gepraat. Toe het Petrus Hom eenkant toe geneem en begin om Hom te vermaan. 33 Hy het egter omgedraai en na sy dissipels gekyk en Petrus vermaan en gesê: “Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar dié van die mense.”
34 En Hy het die skare saam met sy dissipels nadergeroep en vir hulle gesê: “As iemand My wil volg, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg. 35 Want wie ook al sy lewe wil red, sal dit verloor, maar wie ook al sy lewe ter wille van My en die evangelie verloor, sal dit red. 36 Want watter voordeel hou dit vir ’n mens in om die hele wêreld as wins te verkry, maar sy lewe te verloor? 37 Want wat sou ’n mens kon gee in ruil vir sy lewe? 38 Want wie ook al hom skaam vir My en my woorde in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy saam met sy heilige engele in die heerlikheid van sy Vader kom.” 9:1 En Hy het vir hulle gesê: “Amen, Ek sê vir julle: Daar is sommige van hulle wat hier staan wat beslis nie die dood sal smaak totdat hulle die koninkryk van God met krag sien kom het nie.” (ASV)
Teks en konteks
8:31 Markus vertel ons ook van die wending wat in die verhaal intree na die eerste werklike aanvaarding van die openbaring van Hom as die Christus. Die dissipels het dit gesnap dat Hy die Messias is, maar nou moes hulle Hom as die Lydende Messias leer ken (vgl Jes 52-53), dat Hy deur die gemeenskap, die kerk, en die teoloë verwerp moet word. Hulle sal Hom doodmaak, maar na drie dae sal Hy opstaan.
Op ‘n ander plek sê Markus egter dat Jesus “binne drie dae” sal opstaan (Mark 14:58). Ek sal later meer aandag hieraan gee, maar dit is duidelik uit die wyse waarop in daardie tyd na dae verwys is, dat ‘n deel van ‘n dag ook as ‘n dag getel het. Joodse dae is immers van sononder tot sononder getel wat ‘n vloeibaarheid in die verwysing na ‘n dag tot gevolg gehad het. Daarom kon Markus sê “na drie dae” en “binne drie dae”. Dit het vir hom dieselfde betekenis gehad.
8:32 Jesus het hierdie aankondiging gemaak sonder om enige doekies om te draai. Dit word egter met onbegrip begroet, en Petrus neem Hom opsy en vermaan Hom. Petrus se woorde word nie weergegee, soos wel die geval is in Matteus nie.
8:33 Jesus het egter skerp op dié vermaning gereageer, want die een ding wat ‘n mens nie kan bekostig op ‘n lydenspad is dat iemand jou ‘n kortpad daaruit probeer wys nie. Hy vermaan Petrus verder in die teenwoordigheid van al sy dissipels, omdat dit ‘n ernstige waarskuwing aan hulle ook is.
Let op hoe skerp Jesus Petrus aanspreek. Hy spreek Hom as Teenstander, dws Satan, aan. Iemand wat nie die dinge van God bedink nie, maar dié van die mense. Hy wys uit in hoe ‘n groot kontras hierdie optrede van Petrus is met sy pas afgelope belydenis dat Jesus die Christus is. Daarom sê Hy, “Gaan weg agter My, Satan!”
8:34 Jesus gaan voort om die dissipels dieper in te lei oor die betekenis van sy Messiasskap. Soos Hy ‘n Lydende Messias is, só sal van hulle ook gevra word om alles prys te gee om Jesus te volg. Die skare word nog hier saam met die dissipels onderrig, maar die dissipels is die eintlike fokus van Jesus se onderrig. Dissipelskap kos ‘n prys: selfverloëning, kruis opneem (teken van volle oorgawe en nie ‘n verheerliking van pyn nie, hoewel dit martelaarskap kan insluit) en navolging.
8:35-37 Jesus koppel dit aan die paradoks van lewe deur verlies: wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; wie sy lewe vir Hom en die evangelie verloor, sal dit behou. Daar is geen sin in die wins van die wêreld, maar die verlies van jou lewe nie.
8:38 Interessant dat Jesus die spilpunt vir sy argument aan die woord skaamkoppel: Wie Hom nou skaam vir Jesus se woorde tussen owerspelige en sondige mense, vir Hom sal die Seun van die mens hom dan skaam tussen die heilige engele wanneer Jesus terugkeer in die heerlikheid van sy Vader.
Owerspelig word hier gebruik in ‘n figuurlike sin vir iemand wat nie getrou bly aan die ware geloof nie, die geloof soos dit deur God aan ons oorgelewer is. Sondig beteken hier om ongehoorsaam aan God se wil en wet op te tree. Die punt wat Jesus maak, is dat sy dissipels ‘n keuse sal moet maak of hulle aan sy wil en woorde in hierdie lewe gehoorsaam gaan lewe óf aan die wêreld se wil en woorde. Die keuse sal hulle lot beseël by die wederkoms.
9:1 Jesus sluit die lering af met die verklaring dat baie van dié wat daar staan, in hulle lewe die koninkryk van God met krag sal sien kom. Dit verwys heel waarskynlik na die opstanding uit die dood, wat nie vir almal beskore was om te sien nie (Rom 1:4; Hand 10:41). Judas sou bv selfmoord pleeg vóór Jesus se opstanding.
Boodskap en betekenis
Ons het ‘n ingebore weerstand teen lyding, veral as ons dit as onregverdig en onvanpas beskou. Jesus leer ons hier egter dat dissipelskap lyding inhou, en dat die taak van dié wat saam met ons die pad stap, nie is om ons te help om die lyding te vermy nie, maar om die lyding te kan dra.
Dit is immers hoe God lyding in die lewe van Jesus gebruik het. Hy het gehoorsaamheid aan God geleer uit die dinge wat Hy gely het (Hebr 5:8). As lyding dus noodsaaklik was vir Jesus, hoeveel te meer nie ook vir ons nie.
Ignatius, ‘n biskop van Antiogië in die begin van die tweede eeu n C, het dit goed besef. Hy was op pad na Rome. Hy was ter dood veroordeel weens sy geloof in Christus. Op pad deur Turkye word hy besoek deur gelowiges uit Rome wat hulle invloed wou gebruik om hom van sy vonnis te onthef.
Sy hele lewe het hy geleef vir die Here Jesus, het hy Hom aanbid, en hy was gereed om sy getuienis met sy lewe te beseël. Daarom het hy nie gedink dat die Romeinse Christene hom ‘n guns sou bewys nie. Inteendeel. Dit sou hom verhinder om Jesus te volg tot die einde toe.
Daarom skryf hy in sy brief aan die Christene in Rome, interessant genoeg uit die stad Smirna, hedendaagse Izmir, waar ons gemeente, Somerstrand, se sendelinge, Gerrit en Sonja Brink, op ‘n tyd gedien het, die volgende aangrypende woorde:
“I fear your kindness, which may harm me. You may be able to achieve what you plan. But if you pay no heed to my request it will be very difficult for me to attain unto God.”
Al wat hy wil hê van sy mede Christene is dat hulle sal bid dat hy getrou bly, met sy hele hart, aan die pad wat die Here vir hom gegee het:
“If you remain silent about me, I shall become a word of God. But if you allow yourselves to be swayed by the love in which you hold my flesh, I shall again be no more than a human voice.” (Letter from Ignatius, Romans 1,2-2.1)
Geen wonder dat Ignatius bekend geword het as die “Draer van God” en dat die legende ontstaan het dat hy die jong kind was wat Jesus gebruik het om te illustreer hoe ‘n mens die koninkryk van die hemele binnegaan (Matt 18:1-5).
Jesus spel dissipelskap dus hier uit as ‘n bereidheid om sy wil en woorde te volg ten spyte van die teenstand wat mens in die wêreld sal ervaar. Dit sal selfverloëning, kruis dra en gehoorsaamheid vra. Dit vra ‘n groot offer, maar die verlies in die ewigheid as Jesus Hom vir jou gaan skaam, sal baie groter wees as dit wat jy hier kan ly.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021