1 JOHANNES 1:1-2:2
LEES

Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
1 JOHANNES 1:1-2:2
Ooggetuies van die Woord van die lewe
1 Wat van die begin af was, wat ons gehoor het, wat ons met ons oë gesien het, wat ons aandagtig bekyk het, en wat ons hande aangeraak het aangaande die Woord van die Lewe, dit verkondig ons aan julle.
2 Dié lewe is geopenbaar, en ons het dit gesien, en ons getuig daarvan, en verkondig aan julle die ewige lewe, wat by die Vader was, en aan ons geopenbaar is.
3 Ja, wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons ook aan julle, sodat ook julle aan ons verbonde kan wees. En ons verbondenheid is aan die Vader en aan sy Seun Jesus Christus.
4 Ons skryf hierdie dinge, sodat ons blydskap volkome kan wees.
‘n Lewe in die lig van God
5 Dit is die boodskap wat ons van Hom gehoor het, en wat ons aan julle bekend maak: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.
6 As ons sê dat ons aan Hom verbonde is, en tog in die duisternis leef, lieg ons, en leef ons nie volgens die waarheid nie; 7 maar as ons in die lig leef, soos wat Hy in die lig is, is ons aan mekaar verbonde, en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. 8 As ons sê dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself, en is die waarheid nie in ons nie.
9 As ons ons sondesbely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.
10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
Jesus Christus ons voorspraak
2:1 My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, sodat julle nie moet sondig nie; en wanneer iemand sondig, het ons Jesus Christus , die Regverdige, as Parakleet by die Vader. 2 En Hy is die versoening vir ons sondes – nie net vir óns sondes nie; maar ook vir dié van die hele wêreld. (2020-vertaling)
Teks en konteks
Vyf boeke/briewe in die NT word aan Johannes toegeskryf: die evangelie van Johannes, die drie briewe van Johannes en die Openbaring aan Johannes. Dié verbintenis aan Johannes is nie net omdat die historiese getuienis van die kerkvaders daarop dui nie (Irenaeus, Klemens), maar ook omdat daar groot onderlinge ooreenkomste in die vyf boeke se taal, styl en beelde aangetoon kan word.
Die eerste “brief” van Johannes het nie ’n aanhef of slot nie, soos dit gebruiklik in ’n brief was nie, waarskynlik omdat dit gerig is aan die gemeenskappe waar hy direk leiding gegee het en dit nie nodig was om dit as ’n brief te verwoord nie. Die situasie was anders met die tweede en derde brief, omdat die tweede gerig was aan die leier (“uitverkore vrou”) van ’n gemeente of huiskerk en die derde aan Gaius, ’n vriend van Johannes. Die eerste brief van Johannes was dus waarskynlik meer soos ’n geskrewe preek as ’n brief.
Die eerste brief van Johannes bemoedig die geloofsgemeenskap – waarskynlik in Efese, soos die tradisie dit aan ons voorhou – om getrou te bly aan die inhoud van hulle geloof, Jesus Christus, sowel as aan die tipe praktiese lewenstyl wat daaraan uitdrukking gee. Die impak daarvan word verhoog deurdat dié boodskap deur ’n bejaarde en geliefde leermeester, Johannes, aan hulle oorgedra word, iemand wat nie net persoonlik die pad van die begin af met die Leermeester, Jesus, gestap het, maar regdeur sy lewe daaraan getrou gebly het en uiteindelik self verbanning na die eiland Patmos ter wille van sy geloof sou moes verduur.
Jesus is mens en God – vers 1-4
Elke keer as ek hierdie eerste hoofstuk lees, roer dié boodskap my diep binne-in my. Johannes moet die geloofsgemeenskap help om die invloed van die valse profete die hoof te bied. Waarskynlik sluit dit sy gemeente in Efese in, as dié brief eintlik een van sy preke aan hulle was. Hy kies daarom om in die eerste vier verse van hierdie brief terug te gaan na die basis van nie net sy persoonlike geloof nie, maar dié geloof wat hy en sy gemeente met die hele Christelike geloofsgemeenskap deel.
Let op hoe hy aan die eenkant die fisiese kant van die vleeswording van Jesus beklemtoon – hoor, sien, bekyk, met die hande aangeraak. Vier keer praat hy van sien, twee keer van hoor en een keer van aanraak (vgl. Thomas se behoefte om aan Jesus te raak). Johannes was ’n direkte ooggetuie van die vleesgeworde Jesus, dié Een wat saam met die ander dissipels deur die stofstrate van Jerusalem, Judea en Galilea geloop en die koninkryk van God verkondig het. Die vleesgeworde Jesus het Johannes dus laat glo en daarvan getuig hy.
Maar, aan die ander kant, is dit vir hom net so belangrik om die geestelike kant van God self te beklemtoon, die kant van God wat in Jesus sigbaar geword het. Daarom noem hy Jesus die Een wat van die begin af was, die Een wat die Woord van die Lewe is, die Een wat die ewige lewe wat by die Vader was aan ons kom verkondig het en wat ons aan God self, die Vader en sy Seun Jesus Christus verbind om met Hom gemeenskap te kan hê. Die Woord van God, God self, het Johannes dus laat glo en daarvan getuig hy met net soveel gesag. Dit is immers die basis van die geloof wat die Christelike kerk verkondig en waardeur elkeen wat dit glo aan dieselfde liggaam van Christus verbind word.
Die ooreenkomste met die proloog van Johannes se evangelie laat ’n mens onmiddellik besef dat dieselfde persoon besig is om dié dinge te verkondig. Jesus is waarlik mens. Jesus is waarlik God. Die ontkenning van enige een van dié twee stellings maak die ander ’n halwe waarheid. Jesus is nie net ’n mens nie. Jesus is nie net God nie. Hy is albei. Dit is in die twee nature van Jesus wat die krag van sy boodskap aan die wêreld geleë is, want Hy bring hemel en aarde, God en mense bymekaar uit.
Daaroor kan ’n mens net bly wees!
God is lig en suiwer ons deur die bloed van Jesus van elke sonde – vers 5-10
Die hart van die boodskap van hierdie vleesgeworde Seun van God is dat God lig is en dat daar in Hom geen duisternis is nie. Dit is tegelyk die inhoud van die boodskap aan die geloofsgemeenskap asook die maatstaf wat aangelê kan word om die valse profete se boodskap te beoordeel.
Jy kan nie met God in gemeenskap leef en die duisternis lief hê nie, sê Johannes, anders bedrieg jy net jouself en ander. Maar waar in verbondenheid met God en die geloofsgemeenskap geleef word, daar reinig die Here Jesus ons van elke sonde. Daarmee verbind Johannes heiligheid direk aan God se genade wat binne die geloofsgemeenskap werk. Reinheid is nie iets wat ’n mens net êrens op jou eie beleef nie, maar iets wat binne die geloofsgemeenskap gestalte kry.
Dit beteken dat ’n mens déél van die geloofsgemeenskap moet bly, nie jouself moet mislei deur aan ander te verkondig dat jy sondeloos is nie en eerder eerlik jou sondes erken sodat die reinigende werk van die Here Jesus binne die geloofsgemeenskap ons van alle kwaad kan suiwer. Dit is die belofte van die Here: “Hy is getrou en regverdig” en sal “ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad suiwer”, soos vers 9 direk vertaal kan word.
Waar ons egter ons sonde ontken, mislei ons onsself en maak ons God self tot leuenaar en is sy Woord nie meer aktief aan die werk in ons nie.
Jesus Christus is ons Voorspraak – vers 1-2
In die lig hiervan moet die geloofsgemeenskap wandel in die lig van God en van elke sonde gereinig word. Johannes se doel is dus om hulle aan te moedig om rein lewens te leef en as hulle dan tog wel in die sonde val, het hulle Jesus Christus as Voorspraak by God die Vader. Jesus is die eerste Voorspraak by God die Vader. Die Heilige Gees die tweede (Joh. 14:16, 26; 15:26; 16:7). Let op dat Jesus ook die Regverdige genoem word, die een wat reg aan God en aan ons laat geskied.
Johannes beskryf Jesus verder as die soenoffer of versoening vir ons sondes, trouens, nie net vir ons sondes nie, maar vir dié van die hele wêreld. Johannes gebruik die woord kosmos om die wêreld in sy afvalligheid te beskryf en bedoel hier dat Jesus se versoening die hele geskape wêreld, die heelal, in die oog het en dat sy offer genoegsaam is om vir alles versoening te doen.
Boodskap en betekenis
Hierdie boodskap van Johannes was nodig weens die invloed van valse profete wat steeds ’n impak in daardie geloofsgemeenskap gehad het, al het hulle intussen die gemeente verlaat (vgl 1 Joh 2:19). Hierdie dwaalleraars het die werklikheid van Jesus se menswees ontken. Hulle het ook die werklikheid van die sonde ontken.
Johannes wil die gemeente dus help om aan God verbind te bly. God is na alles die geheim van die geestelike lewe. Johannes wil hulle help om vas te klou aan die werklikheid van die Here Jesus se verlossing. Hy het daardie verlossing fisies aan die kruis bewerk. Daarsonder sou hulle almal nog verlore wees in hulle sonde.
Johannes wil hulle ook elkeen help om sterk te staan teen die konstante verleiding van die sonde. Dit is net deur die bloed van die Here Jesus wat hulle gereinig word van die sonde wat hulle steeds as kinders van die Here begaan. En dit is net deur die volhardende nee-sê vir die sonde wat hulle hulleself van die houvas van die duiwel kan bewaar. Daarvoor is Jesus hulle Voorspraak in die hemel. Hy staan in vir hulle volharding in heiligmaking.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021