1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49
Ek gee die hele hoofstuk 17 ter wille van konteks.
Dawid en Goliat
1 Die Filistyne het hulle leër laat saamtrek vir oorlog. Hulle het byeengekom by Sogo, wat aan Juda behoort, en het kamp opgeslaan tussen Sogo en Aseka by Efes-Dammim. 2 Saul en die manne van Israel het saamgetrek en kamp opgeslaan in die Ela-vallei (vallei van die terabintbome). Hulle het die gevegslinies opgestel vir die oorlog teen die Filistyne. 3 Die Filistyne het teen die een heuwel stelling ingeneem, en die Israeliete teen die ander heuwel, met die vallei tussen hulle. 4 Daar tree toe ‘n baasvegter (’n “tussen-in man” wat ’n teenstander uitdaag tot ’n tweegeveg voordat die oorlog begin) uit die kampe van die Filistyne na vore met die naam Goliat, afkomstig uit Gat. Sy lengte was ses el en ‘n span (ongeveer 3 m). 5 Daar was ‘n helm van brons op sy kop, en hy het ‘n geskubde harnas aangehad. Die gewig van die harnas was vyfduisend sikkel (57 kg) brons. 6 Daar was bronsplate voor sy skene en ‘n kromswaard van brons tussen sy skouers. 7 Die skag van sy vegspies was soos die dwarsbalk van ‘n weefraam en die lem van sy vegspies was van seshonderd sikkel yster (7 kg). Iemand wat ‘n grootskild dra, het voor hom uit geloop. 8 Hy het gaan staan en vir die gevegslinies van Israel geskreeu. Hy het vir hulle gesê: “Waarom trek julle uit om gevegslinies vir oorlog op te stel? Is ek nie ‘n Filistyn, en julle Saul se slawe nie? Kies vir julle ‘n man uit, dat hy na my toe afkom. 9 As hy in staat is om teen my te veg, en hy verslaan my, sal ons julle slawe word; maar as ek oor hom die oorhand kry en hom verslaan, sal julle ons slawe word en moet julle ons dien.” 10 Die Filistyn het gesê: “Ek, ja ek, maak vandag van die gevegslinies van Israel ‘n bespotting! Stuur vir my ‘n man, sodat ons kan veg!” 11 Toe Saul en die hele Israel hierdie woorde van die Filistyn hoor, was hulle paniekbevange en baie bang. 12 Dawid was die seun van hierdie man uit Efrata, uit Betlehem in Juda, met die naam Isai. Hy het agt seuns gehad. In Saul se tyd was die man al oud, gevorderd in jare. 13 Die drie oudste seuns van Isai het Saul gevolg na die oorlog. Die name van sy drie seuns wat oorlog toe is, was Eliab die eersgeborene, sy tweede was Abinadab, en die derde was Samma. 14 Dawid was die jongste. Die drie oudstes het Saul gevolg, 15 maar Dawid het telkens van Saul af teruggekeer om sy vader se kleinvee op te pas in Betlehem. 16 Intussen het die Filistyn vroeg soggens en smiddags laat nader gekom en stelling ingeneem – veertig dae lank. 17 Isai het vir sy seun Dawid gesê: “Neem tog vir jou broers hierdie efa (22 l) geroosterde graan en hierdie tien brode. Vat dit gou na jou broers in die kamp. 18 Hierdie tien blokke kaas moet jy vir die bevelvoerder van die afdeling gee. En oor jou broers moet jy uitvind hoe dit gaan, en ‘n bewys van hulle af saambring.” 19 Saul en die broers en al die manne van Israel was steeds besig om teen die Filistyne oorlog te maak in die Ela-vallei. 20 Dawid het die oggend vroeg opgestaan en die kleinvee by ‘n wagter agtergelaat. Hy het gepak en vertrek, soos Isai hom beveel het. Toe hy by die oornagkamp aankom, was die leër besig om uit te gaan na die gevegslinies. Hulle het die oorlogskreet aangehef vir die geveg, 21 en Israel en die Filistyne was besig om hulle gevegslinies teenoor mekaar op te stel. 22 Dawid het die pakgoed wat hy gedra het by die oppasser van die pakgoed afgegee en na die gevegslinie gehardloop. Toe hy daar aankom, vra hy sy broers hoe dit gaan. 23 Hy was nog besig om met hulle te praat, toe die baasvegter met die naam Goliat, die Filistyn, uit Gat, juis na vore tree uit die gevegslinies van die Filistyne, en dieselfde woorde sê. Dawid het dit gehoor. 24 Maar al die manne van Israel het, toe hulle die man sien, voor hom padgegee. Hulle was baie bang. 25 Die manne van Israel het gesê: “Sien julle hierdie man wat na vore tree? Ja, dit is net om ‘n bespotting te maak van Israel dat hy na vore tree! Die man wat hom verslaan – vir hom sal die koning met groot rykdom oorlaai, sy dogter aan hom gee en sy familie vrystel van verpligtinge in Israel.” 26 Dawid vra toe vir die manne wat by hom staan: “Wat sal gedoen word vir die man wat hierdie Filistyn verslaan en die bespotting van Israel laat wyk? Want wie is hierdie onbesnede Filistyn nogal dat hy ‘n bespotting maak van die gevegslinies van die lewende God?” 27 Die manskappe het hom met dieselfde woorde geantwoord: “Dit is wat gedoen sal word vir die man wat hom verslaan.” 28 Sy oudste broer, Eliab, het gehoor toe hy met die manne praat. Eliab het hom vir Dawid vererg en gesê: “Waarom het jy hierheen afgekom, en by wie het jy daardie klompie kleinvee in die woestyn agtergelaat? Ek ken jou verwaandheid en die boosheid van jou hart. Ja, dit is met die doel om die geveg te sien, dat jy hierheen afgekom het.” 29 Dawid het geantwoord: “Wat het ek nou gedoen? Is dit nie maar net ‘n vraag nie?” 30 Dawid het van Eliab weggedraai na iemand anders en dieselfde vraag gevra. Die manskappe het hom dieselfde antwoord gegee as die eerste. 31 Die woorde wat Dawid gesê het, het rugbaar geword; en toe hulle dit vir Saul vertel, het hy hom laat haal.
32 Dawid het vir Saul gesê: “’n Mens moenie moed verloor oor hom nie. U dienaar sal gaan en teen hierdie Filistyn veg.” 33 Maar Saul sê vir Dawid: “Jy kan nie teen hierdie Filistyn gaan veg nie, want jy is nog maar ‘n seun, en hy is ‘n krygsman van sy jeug af.” 34 Toe sê Dawid vir Saul: “U dienaar het nog altyd vir sy vader die kleinvee opgepas. Wanneer daar ‘n leeu of ‘n beer kom en ‘n lam uit die trop wegdra, 35 gaan ek uit agter hom aan, slaan hom plat en ruk die lam uit sy bek. As hy opstaan en my aanval, gryp ek hom aan sy kaak, slaan hom plat en maak hom dood. 36 U dienaar het al ‘n leeu en selfs ook ‘n beer doodgeslaan. Met hierdie onbesnede Filistyn sal dit net soos met een van hulle gaan, omdat hy ‘n bespotting maak van die gevegslinies van die lewende God. 37 Die Here wat my gered het uit die klou van ‘n leeu en die klou van ‘n beer,” het Dawid gesê, “dit is Hy wat my sal red uit die hand van hierdie Filistyn.” Toe sê Saul vir Dawid: “Gaan, en mag die Here met jou wees!” 38 Saul het Dawid sy eie uitrusting laat aantrek. Hy het ‘n helm van brons op sy kop gesit en hom ‘n harnas laat aantrek. 39 Dawid het ook Saul se swaard oor sy uitrusting vasgegord en probeer om te loop, want hy het dit nog nooit probeer nie. Dawid sê toe vir Saul: “Ek kan nie hiermee loop nie, want ek het dit nog nooit probeer nie.” Toe haal Dawid dit van hom af. 40 Hy het sy staf in sy hand geneem, vir hom vyf gladde klippe in die spruit uitgesoek en dit in die skaapwagtersak wat hy gehad het, in die kantsak, gesit. Met sy slingervel in sy hand het hy die Filistyn genader. 41 Die Filistyn het al hoe nader aan Dawid gekom, met voor hom die man wat die grootskild dra. 42 Toe die Filistyn mooi kyk en Dawid sien, het hy hom geminag, want hy was nog maar ‘n seun, rooierig, en met ‘n mooi voorkoms. 43 Die Filistyn sê toe vir Dawid: “Is ek ‘n hond dat jy met stokke na my toe kom?” En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode. 44 Verder sê die Filistyn vir Dawid: “Kom na my toe, sodat ek jou vleis vir die voëls van die hemel en die diere in die veld kan gee.” 45 Maar Dawid het vir die Filistyn gesê: “Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n vegspies en met ‘n kromswaard, maar ek kom na jou in die Naam van die Here, Heerser oor alle magte, die God van die gevegslinies van Israel, van wie jy ‘n bespotting maak. 46 Vandag sal die Here jou in my hand oorlewer, en ek sal jou verslaan en jou kop afkap. Ek sal die lyke van die Filistyne se leër vandag nog aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde gee, sodat die hele aarde sal weet dat Israel ‘n God het. 47 Dan sal hierdie hele strydmag moet erken dat dit nie deur swaard en vegspies is wat die Here verlos nie. Ja, die oorlog behoort aan die Here, en Hy sal julle in ons hand gee.” 48 Toe die Filistyn gereedmaak en al nader kom om Dawid tegemoet te loop, het Dawid die Filistyn vinnig tegemoet gehardloop in die rigting van die gevegslinie. 49 Dawid het sy hand in die sak gesteek en ‘n klip daaruit geneem, met die slingervel gegooi, en die Filistyn op sy voorkop getref. Die klip het sy voorkop binnegedring, en hy het op die grond op sy gesig geval.
50 Dawid het die oorhand gekry oor die Filistyn met ‘n slingervel en ‘n klip. Hy het die Filistyn verslaan en hom doodgemaak, al was daar nie ‘n swaard in Dawid se hand nie. 51 Dawid hardloop toe en gaan staan by die Filistyn, vat sy swaard vas, en trek dit uit die skede. Hy het hom die doodslag toegedien deur sy kop met die swaard af te kap. Toe die Filistyne sien dat hulle held dood is, het hulle gevlug. 52 Die manne van Israel en Juda het opgespring, die oorlogskreet aangehef en die Filistyne agtervolg tot by die ingang van Gat en tot by die poorte van Ekron. Die gesneuweldes van die Filistyne het op die pad na Saärajim en tot by Gat en Ekron gelê. 53 Daarna het die Israeliete teruggekeer van die hakkejag op die Filistyne en hulle kampe geplunder. 54 Dawid het die kop van die Filistyn geneem en dit na Jerusalem gebring. Die Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit.
Aanstelling van Dawid as bevelvoerder
55 Net toe Saul sien dat Dawid uitgaan om die Filistyn aan te durf, het hy vir Abner, die bevelvoerder van die leër gevra: “Wie se seun is hierdie jong man, Abner?” Abner het geantwoord: “So waar as wat u leef, o koning, ek weet nie!” 56 Die koning sê toe: “Vra jý wie se seun die jongeling is.” 57 Net toe Dawid terugkom nadat hy die Filistyn verslaan het, het Abner hom geneem en hom voor Saul gebring. Die kop van die Filistyn was nog in sy hand. 58 Saul vra toe vir hom: “Wie se seun is jy, jong man?” Dawid het geantwoord: “Die seun van u dienaar Isai, uit Betlehem.” (2020-vertaling).
Teks en konteks
Met die oorlog tussen die Filistyne en die Israeliete tree Goliat, ‘n baasvegter – ‘n “tussen-in man” – na vore. Dit was ‘n man wat namens die een leërmag teen ‘n man van die ander leërmag geveg het. Die wenner het dan die oorlog vir sy leërmag gewen.
Goliat was 3 m lank. Die Septuagint (Griekse vertaling van die OT) gee sy lengte aan as slegs 2 m, maar selfs met die verskil is die punt steeds dat Goliat baie langer was as Dawid. Hy was ook swaar gewapen en van sy jeug af ‘n baasvegter.
Die Israeliete word as paniekbevange en bang geteken, net soos dit die geval is met Saul. Trouens, regdeur die verhaal van Saul word hy as ‘n onseker en bang mens geteken (vgl 1 Sam 10:22 waar hy wegkruip vir die aanwysing as koning), selfs al was hy ‘n kop langer as enige van sy volksgenote (1 Sam 10:23).
Saul vrees:
- die Filistyne (1 Sam 28:5 – “hy was bang en sy hart het benoud geklop”!),
- sy eie weermag (1 Sam 15:24 – daarom luister hy vir hulle eerder as vir die Here),
- Dawid (1 Sam 18:12, 15, 29 – omdat Dawid suksesvol was, sowel as dat die Here by Dawid was),
- sameswering (1 Sam 22:7–8 – “julle almal het saamgesweer teen my … niemand van julle het medelye met my nie”!), en
- Samuel se profesie “uit die dood” oor sy dood en nederlaag (1 Sam 28:20-21).
Dawid word daarenteen net een keer beskryf as bang vir mense, en dit was vir Agis, die koning van Gat, in ‘n situasie waarin hyself dwaas opgetree het (1 Sam 21:12). Dit was omdat Dawid die Here self gevrees en in ontsag vir Hom gelewe het (2 Sam 6:9; 23:3; talle Psalms, bv Ps 5:8; 15:4; 19:10; 22:24 ens).
Dawid het natuurlik al ‘n rol in Saul se lewe gespeel met sy lier, maar was nie deel van die oorlog nie, want hy het telkens weer teruggekeer na sy skape (vers 15). Hy raak egter betrokke by die oorlog toe hy kos vir sy drie broers neem en hoor dat Goliat die Here self uitdaag.
Dawid tree onmiddellik op om dié lastering die hoof te bied, selfs al is sy broers uiters beledigend teenoor hom en dink Saul ook nie veel van sy vermoëns nie.
Dawid vertrou egter op die Here om hom uit die hand van hierdie Filistyn te red, soos Hy dit ook gedoen het in sy gevegte met diere in die veld. Hy oorwin Goliat met sy eenvoudige skaapwagtersgereedskap tot ‘n magtige getuienis aan almal dat die Here die lewende God is.
Dit het Israel die moed gegee om die Filistyne te oorwin en terug te dryf na hulle eie gebied.
Saul is duidelik nie baie opmerksaam nie, en Abner nog minder. Hulle wonder nou wie se kind Dawid nou eintlik is. Wat hulle mis is dat dit nie soseer Dawid se afkoms is wat sy sukses bepaal nie, maar die Here in wie Dawid sy vertroue geplaas het. Saul weet egter wel dat hy Dawid nou nodig het in sy leër en stel hom onmiddellik permanent in diens.
Boodskap en betekenis
Die verhaal lê ‘n hele paar beginsels neer vir die geestelike lewe. Een daarvan is dat die vrees vir vyande net verdryf word deur op die Here te vertrou, en Hom te vrees (in ontsag vir Hom te lewe). ‘n Tweede is dat sukses nie soseer lê in lengte of hoeveel wapens jy het nie. Want, dan sou Dawid nie eers probeer veg het nie, want hy was korter en net met ‘n slingervel gewapen. Sukses lê in die regte gebruik van die gawes wat God jou wel gegee het. In Dawid se geval, ratsheid, beweeglikheid, vindingrykheid, ervaring (met roofdiere), en die keuse om van ‘n afstand te veg, eerder as om op brute krag staat te maak soos Goliat. Maar, selfs al het ‘n mens dit gesê, lê die oorwinning in die derde plek steeds by die Here. Hoeveel keer het die Here nie in die Bybel self opgetree om die oorlog vir hulle te voer nie (Eks 14 by die Rietsee; Jos 6 met Jerigo; 2 Sam 5 met die Filistyne; 2 Kon 19 met die Assiriërs)!
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - January 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - January 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - January 26, 2021
- PSALM 11 - January 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - January 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - February 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - February 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - February 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - February 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - February 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - February 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - February 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - February 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - February 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - February 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - February 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - February 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - February 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - February 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - February 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - February 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - March 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - March 2, 2021
- PSALM 19 - March 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - March 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - March 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - March 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - March 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - March 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - March 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - March 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - March 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - March 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - March 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - March 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - March 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - March 25, 2021
- PSALM 22 - March 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - March 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - March 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - April 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - April 5, 2021
- PSALM 133 - April 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - April 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - April 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - April 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - April 13, 2021
- PSALM 4 - April 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - April 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - April 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - April 20, 2021
- PSALM 23 - April 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - April 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - April 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - April 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - April 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - April 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - June 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - June 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - June 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - June 7, 2021
- PSALM 20 - June 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - June 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - June 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - June 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - June 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - June 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - June 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - June 22, 2021
- PSALM 130 - June 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - June 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - June 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - June 29, 2021
- PSALM 48 - June 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - July 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - July 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - July 6, 2021
- PSALM 24 - July 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - July 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - July 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - July 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - July 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - July 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - July 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - July 20, 2021
- PSALM 14 - July 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - July 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - July 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - July 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - July 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - July 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - August 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - August 3, 2021
- PSALM 130 - August 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - August 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - August 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - August 10, 2021
- PSALM 111 - August 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - August 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - August 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - August 17, 2021
- PSALM 84 - August 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - August 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - August 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - August 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - August 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - August 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - August 30, 2021
- PSALM 125 - August 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - September 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - September 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - September 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - September 7, 2021
- PSALM 19 - September 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - September 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - September 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - September 14, 2021
- PSALM 1 - September 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - September 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - September 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - September 21, 2021
- PSALM 124 - September 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - September 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - September 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - September 28, 2021
- PSALM 26 - September 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - September 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - October 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - October 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - October 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - October 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - October 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - October 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - October 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - October 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - October 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - October 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - October 21, 2021
- RUT 1:1-18 - October 25, 2021
- PSALM 146 - October 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - October 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - October 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - November 1, 2021
- PSALM 127 - November 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - November 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - November 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - November 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - November 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - November 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - November 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - November 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - November 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - November 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - November 18, 2021
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar