PSALM 31:8-14

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 31:8-14

Weereens is dit gepas om die hele Psalm as konteks te lees.

31:1 Vir die musiekleier. ‘n Psalm. Van Dawid. 

2 By U, Here, skuil ek. 

Laat my nie vir altyd 

beskaamd staan nie, 

bevry my deur u geregtigheid . 

3 Draai u oor na my, red my gou; 

wees ‘n rotsvesting vir my, 

‘n bergskuiling tot my redding. 

4 Want U is my rotsvesting, 

en my bergskuiling; 

en ter wille van u Naam 

moet U my lei en begelei. 

5 Laat my loskom uit die vangnet 

wat hulle vir my gespan het; 

U is immers my toevlug. 

6 In u hand gee ek my gees oor;

U het my bevry, Here, troue God. 

7 Ek het ‘n weersin in mense 

wat nietige afgode aanhang, 

maar ek, op die Here vertrou ek. 

8 Ek wil juig en vreugde 

vind in u troue liefde – 

dat U my ellende raakgesien het, 

bewus was van die benouenis 

van my lewe, 

9 my nie oorgelewer het 

in die hand van die vyand nie, 

maar my voete op ‘n ruim plek 

laat staan het. 

10 Wees my genadig, Here,

want ek is benoud; 

my oë is dik geswel van verdriet, 

my siel en liggaam, 

11 ja, my lewe, kwyn weg van kommer 

en my lewensjare met ‘n gesug. 

My kragte gee mee 

onder my sondelas, 

en my ledemate swel op. 

12 Ek het ‘n bespotting geword 

oor al my teenstanders, 

veral by my bure – 

ja, ‘n verskrikking vir my kennisse. 

Wie my op straat sien, 

vlug van my weg. 

13 Ek is vergete – 

uit die hart soos iemand wat dood is; 

ek word soos ‘n gebreekte kleipot. 

14 Want ek het die kwaadpratery 

van baie gehoor: 

“Verskrikking aan alle kante!”

Wanneer hulle teen my saamspan, 

beplan hulle om my lewe te neem. 

15 Maar ek, op U, Here vertrou ek. 

Ek sê: “U is my God, 

16 my tye is in u hand.” 

Red my uit die hand van my vyande, 

van hulle wat my agtervolg. 

17 Laat u aangesig 

oor u dienskneg skyn;

verlos my in u troue liefde. 

18 Here, laat my nie beskaamd 

staan nie, 

want ek roep na U; 

laat die goddeloses beskaamd staan, 

laat hulle die doderyk stil binnegaan. 

19 Laat die bedrieglike lippe swyg, 

hulle wat uit die hoogte 

en met minagting onbeskaamd 

oor die regverdiges praat. 

20 Hoe groot is u goedheid 

wat U bewaar vir dié 

wat vir U ontsag het, 

wat U voorberei vir dié 

wat by U skuil, 

terwyl die mense toekyk. 

21 U verberg hulle in die beskutting 

van u teenwoordigheid 

teen die sameswering van mense; 

teen twisgierige tonge 

steek U hulle weg in ‘n skuiling. 

22 Die Here moet geprys word, 

want in ‘n beleërde stad 

het Hy sy troue liefde 

wonderbaarlik aan my bewys. 

23 Maar ek, ek het in my angstigheid 

gedink ek is afgesny, 

weg uit u gesigsveld. 

Nogtans het U my smeekgebed gehoor, 

toe ek na U om hulp geroep het. 

24 Julle moet die Here liefhê, 

almal wat aan Hom getrou is. 

Die Here hou betroubares veilig, 

maar vergeld, tot die uiterste, 

dié wat hoogmoedig optree. 

25 Wees sterk en hou moed,

julle almal wat julle hoop 

op die Here vestig. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Psalm 31 is ‘n gebed om verlossing van valse beskuldigings en eindig telkens met die oproep tot vertroue in God en sterk wees en moedhou. Ons lees dit in vier dele.

My toekoms is in u hande – vers 1-7

Dawid bely in die eerste deel van die Psalm dat hy by die Here skuil, want dit is die enigste plek waar sy vrese besweer word. Daarom bid hy dat die Here hom nie sal teleurstel nie. Dat Hy sy getrouheid aan hom sal bly bewys. Hy het nodig dat God vir hom altyd ‘n rots en ‘n bergvesting bly.

Daarom vertrou hy steeds sy lewe aan die hande van die Here toe, want God is sy toevlug. Hy weier om sy hoop op mense te stel wat boonop hulleself tot nikswerd afgode wend. Hy sal sy vertroue net in die Here bly stel.

Uit ’n NT hoek word die Psalm se boodskap egter verruim, deurdat Jesus aan die kruis die woorde in vers 6: “In u hande gee ek my lewe oor” aan die kruis gebruik het: “Vader, in u hande gee Ek my gees oor” (Luk 23:46). Waar Dawid gevra het vir redding uit die dood, het Jesus gevra vir redding in die dood (Craigie)!

Daarmee wys Jesus dat die uitkoms (tye/toekoms) van ’n mens se lewe regtig in God se hande lê, (vgl later vers 16) en dat dit selfs die dood kan insluit.

Nadenke

Ek dink dit is baie keer ons probleem in ons geloofslewe. Ons fikseer op die uitkoms, die redding self, nog soos onsself dit definieer, en verbind dan ons geloof aan die regte uitkoms, in plaas daarvan om ons geloof aan God te verbind, op Hom te vertrou. En dit stuur net op rampspoed af in terme van ons geloofslewe.

Jesus wys vir ons dat ons ernstig en volhardend vir uitkoms kan bid, soos ’n Dawid van ouds, maar altyd die spesifieke uitkoms in die Here se hande moet laat. Dit sal voorkom dat ons geloof wankel of ten minste ongeloofwaardig voorkom, as die uitkoms nie is wat ons verklaar het dat dit sal wees nie. En kan ons die uitkoms, hoe dit ook al is, met blydskap uit die hand van die Here ontvang.

Ek hou vas aan U troue liefde – vers 8-14

Dawid bars uit in lof in die tweede deel van die Psalm oor God se troue liefde. Dat God in die verlede nie onverskillig gestaan het teenoor sy ellende nie. Dat hy telkens die bedreiginge van sy lewe raakgesien het en hom ‘n veilige staanplek teenoor die bedreiginge van sy vyande gegee het.

Maar, dit is net die inleiding tot sy klag dat hy weer in die nood is en weereens God se ingrype soek. Dit gaan regtig sleg met hom. Sy oë gee in van verdriet. Sy liggaam teer uit van ellende. Hy voel soos iemand wat lankal dood en vergete is. Hy is soos ‘n ding wat daarbuite lê en vergaan. Die dreigemente hou net nie op nie. Sy vyande span van alle kante af saam en smee planne om sy lewe te neem.

Dit is baie belangrik om hier te sien dat Dawid, aan God vashou ten spyte van sy ellende, die lewensbedreiging, die vyande, sy nood, sy verdriet, sy kommer, sy swaarkry, en sy uitgeteerde liggaam.

Nadenke

Ons beweeg baie keer van klag na lof, soos dit ook talle kere in die Psalms gedoen word. Soms is dit egter nodig om te begin by die lof – veral as dit regtig sleg gaan – en eers onsself te herinner aan wat God in die verlede gedoen het, voor ons ons klag in al sy detail voor die Here bring. Terwyl ons aan die Here bly vasklou.

Ek vertrou op die Here – vers 15-19

Dawid bevestig in die derde deel van die Psalm sy vertroue op die Here. Hy leer ons dat vertroue meer tot sy reg kom in die smeltkroes van die lewe. Vertroue wys sy ware karakter in swaar tye. En Dawid kan dit doen, omdat hy glo: “My tye is in u hand” (vers 16). Hierdie sin kan ook vertaal word met “My toekoms is in u hand” (Craigie).

Terwyl hy pleit dat hy uit die hande van sy vyande en vervolgers gered word, en hy pleit dat God hom sal red deur sy onfeilbare liefde, en hy smeek dat die Here hom nie teleurgestel sal laat staan in sy verwagting nie, neem hy nie God se rol oor deur in die uitkoms te glo nie, maar net in God.

Nadenke

Jesus wys vir ons aan die kruis dat ons ernstig en volhardend vir uitkoms kan bid, soos ’n Dawid van ouds, maar altyd die spesifieke uitkoms in die Here se hande moet laat. Maar, bid kan ons bid. Skep moed uit Dawid se roerende gebed dat hy “vergeet is uit die hart”, dat hy geword het soos ’n dooie, “’n ding wat lê en vergaan.” Almal skinder oor hom terwyl hulle sy ondergang beplan. Dit is in dié haglike situasie wat Hy sy vertroue op die Here plaas, bid vir verlossing van vervolgers, maar steeds sy tye in God se hand los. Jô! Watter gebed!

God is goed vir dié wat Hom vrees – vers 20-25

Dawid bemoedig ons in die vierde deel van die Psalm met die prentjie van God se goedheid wat soos ’n belegging groter en groter groei vir dié wat Hom vrees. Trouens, Hy word ’n skuilplek weg van dié wat teen ons saamsweer. Dit laat ons uitbars in liefde teenoor Hom en bemoedig ons om sterk te staan en moed te hou in vertroue op sy ingrype.

Waaraan Dawid vashou, is alles wat hy weet van God. Dink net aan wat hy regdeur die Psalm sê oor God se getrouheid (vers 5, 21), sy getroue en onfeilbare liefde (vers 7, 16), dat Hy raaksien (vers 7), dat Hy ’n veilige staanplek gee (vers 8), sy goedheid (vers 19) en sy guns en beskerming (vers 24). Hoe Dawid vashou hieraan, is om te vertrou, sterk te wees, moed te hou.

Dat die Here wel die uitkoms voorsien het, wat Dawid gevra het, is wonderlik: “U het geluister na my gesmeek toe ek na U om hulp geroep het” (vers 23). Daarom vorm dit deel van sy appèl aan die geloofsgemeenskap, om sterk te wees, moed te hou en die Here te vertrou: “Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is …” (vers 24).

Boodskap en betekenis

Dit is inderdaad so dat die Here dié beskerm wat aan Hom getrou is. Daarom moet ons oorloop van liefde vir Hom en dit gereeld vir Hom sê. Terwyl ons sterk is, goeie moed hou, en ons vertroue altyddeur in die Here bly stel.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d