Skip to main content

JAKOBUS 5:13-20

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

JAKOBUS 5:13-20

GELOWIGE GEBED

13As iemand van julle swaarkry, moet hy bid. As iemand opgeruimd is, moet hy psalms sing. 14As iemand van julle siek is, moet hy die ouderlinge van die •gemeente roep, sodat hulle vir hom kan bid, nadat hulle hom in die Naam van die Here met olyfolie gesalf het. 15Die gelowige gebed sal die sieke gesond laat word,en die Here sal hom weer oprig. En as hy sonde gedoen het, sal hy vergewe word. 16Bely dan julle sondes teenoor mekaar, en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n •regverdige is baie kragtig in sy uitwerking. 17Elia was ‘n mens net soos ons, en hy het vurig gebid dat dit nie moet reën nie, en dit het drie jaar en ses maande lank nie op die aarde gereën nie. 18Toe het hy weer gebid, en die hemel het reën gegee, en die aarde het sy vrug opgelewer.

19My broers, as enigeen van julle afdwaal van die waarheid, en iemand hom laat terugdraai, 20moet hy weet dat wie ‘n sondaar van sy dwaalweg laat terugdraai, sy siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek.

Teks en konteks

Jakobus sluit sy brief af met vier verdere bydraes wat die uitdagings van die lewe met die voorsiening van die Here verbind.  Hy rig dié boodskappe aan die rykes om hulle te waarsku, aan die lydendes om hulle tot geduld in lyding aan te spoor, en aan die hele geloofsgemeenskap om met integriteit te lewe, en veral nie op te hou om te bid nie, want dit is kragtig en effektief.  Ek deel dit as volg in:

  • Dit is dwaas om skatte te vergader in die laaste dae – 5:1-6
  • Wees geduldig in lyding – 5:7-11
  • Leef met integriteit – 5:12
  • Bid gelowig – dit is kragtig en effektief – 5:13-20

Ons hanteer net die laaste perikoop.

5:13-20 – Bid gelowig – dit is kragtig en effektief

Jakobus sluit af met ‘n uitbreiding van die gedagtes oor gebed waarmee hy sy brief begin het.  Daar het hy klem gelê op die wysheid wat van God gevra moet en kan word.  Hier brei hy daarop uit en betrek gebed op ‘n verskeidenheid situasies in die geloofsgemeenskap se lewe:

  • As jy swaarkry, moet jy bid.
  • As jy opgeruimd is, moet jy sing.
  • As jy siek is, moet die ouderinge gelowig bid vir genesing en vergifnis.
  • As jy sondig teenoor mekaar, moet dit bely en voor gebid word, sodat dit uitgesorteer, “gesond”, kan word.

Dié oproep word ondersteun met ‘n skets van Elia – “’n mens net soos ons” – wat vurig gebid het vir die weer, en God het hom telkens geantwoord.  “Die gebed van ‘n regverdige is kragtig en effektief.”  ‘n Voorbeeld wat ons kan, trouens, móét navolg.

Boodskap en betekenis

Dit tref my hoe Jakobus sy brief afsluit met ‘n opeenstapeling van eienskappe van die Here as motivering waarom hy hulle tot geduld, volharding, integriteit en gebed oproep.  En onthou, Jesus is die Here, soos Jakobus reeds in Jak. 1:1 bevestig het:

  • Jesus is dus die Here – die een wat gesag het oor alles. 
  • Jesus is die Heerser oor die magte – die een wat mag het oor alles. 
  • Jesus is die een wat weer kom – wat ons geduld sal beloon. 
  • Jesus is die Regter – die een wat nie net hoor nie, maar sal optree om dinge reg te stel.
  • Jesus is die een wat vol medelye en ontferming is – die een wat na ons luister.  
  • Jesus is die een wat genesing gee – daarom kan daarvoor gebid word. 
  • Jesus is ook die een wat vergewe – daarom kan ons ons sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid, want só ‘n gebed is kragtig en effektief.

Met dié Here Jesus Christus kan ‘n mens enduit gaan.  Op Hóm kan ‘n mens wag en Hom vertrou vir uitkoms in alles.  Sela.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda