EKSODUS 20:1-17

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
EKSODUS 20:1-17
Afkondiging van die Tien Gebooie
20:1 Toe het God al hierdie woorde gespreek:
2 “Ek is die Here jou God, wat jou uit Egipteland, uit die plek van slawerny, uitgelei het. 3 Jy mag naas My nie ander gode hê nie.
4 Jy mag nie vir jou ‘n gesnede beeld maak nie – enige afbeelding van wat in die hemelruim daar bo, of op die aarde hier onder, of in die water onder die aarde is nie. 5 Jy mag nie voor hulle in aanbidding buig nie, en jy mag hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ‘n besitlike God, wat kinders laat boet vir die sondeskuld van ouers, selfs die derde en vierde geslag van hulle wat My verwerp, 6 maar troue liefde bewys aan duisende, aan hulle wat My liefhet en my gebooie nakom.
7 Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal hulle wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat nie.
8 Gedenk die Sabbatdag deur dit heilig te hou. 9 Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, 10 maar die sewende dag is ‘n Sabbat ter ere van die Here jou God. Jy mag geen werk doen nie, nie jy en jou seun en jou dogter, jou slaaf en jou slavin, jou diere en jou vreemdeling wat by jou is nie. 11 Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde en die see gemaak, en alles wat daarin is, maar op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die Sabbatdag geseën en dit geheilig.
12 Behandel jou vader en jou moeder met eerbied, sodat jy lank kan leef op die grond wat die Here jou God vir jou gaan gee.
13 Jy mag nie moord pleeg nie.
14 Jy mag nie egbreuk pleeg nie.
15 Jy mag nie steel nie.
16 Jy mag nie vals getuig teen jou naaste nie.
17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie. Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, ook nie sy slawe en slavinne, sy beeste en donkies nie – enigiets wat aan jou naaste behoort nie.” (2020-vertaling)
Teks en konteks
Eksodus 20 is waarskynlik die mees fundamentele openbaring van God se wil vir die lewe in die OT. Daarom word dit nie net hoorbaar vir die volk gegee nie, maar ook op kliptafels, en is dit ook duidelik dat die boek Levitikus se wette op die basiese uitgangspunte van Eksodus 20 geskoei is.
Die verbondsverhouding tussen God en sy mense word deur hierdie Tien Gebooie en die verbondsboek (Eksodus 21-24) uitgedruk en gereël. Daar is ‘n duidelike verband tussen hoofstuk 19 as voorbereiding vir die gawe van die wet in hoofstuk 20. Die verbondsboek sal hierna ook baie prakties uitspel wat met die Tien Gebooie bedoel word.
Die Tien Gebooie (ook in Deut. 5) word in twee helftes opgedeel wat nie net ‘n raamwerk gee waarbinne die verhouding met God en die verhouding met die naaste tot sy reg kan kom nie. Die twee kante van die wet gee ook antwoorde op die probleem van die “sondeval” van Genesis 3 waardeur die verhouding met God verbreek is, sowel as ‘n antwoord op die probleem van die “broedermoord” van Genesis 4, waardeur die verhouding met die naaste verbreek is.
Die beskrywing van die liefde vir God (eerste tafel se vier gebooie) word saam met die beskrywing van die liefde vir die naaste (tweede tafel se ses gebooie) as fundamentele riglyn vir die volk gegee. Dit sou ook die uitgangspunt word vir die uitvoerige wetgewing van veral die boek Levitikus wat direk by die wet van Sinai en die boek Eksodus aansluit.
Jesus gebruik presies dieselfde raamwerk in die NT en verklaar as riglyn vir die NT kerk dat die hele wet en die profete – d.w.s. die hele OT – gebou is op die dubbele liefdesgebod teenoor God en ons naaste (bv. Matt. 22:34-40). In die res van die NT kan ‘n mens telkens hierdie beklemtoning agterkom, soos Paulus doelbewus doen in Romeine 13, en Johannes hom in 1 Johannes 4 daarin navolg, om maar net twee uitstaande voorbeelde te noem.
Die wet is die “lewende woorde” van God
Let op hoe Eks. 20:1 begin met die aankondiging van God se gebooie wat in Handelinge 7:38 die “lewende woorde” van God genoem word. Hierdie Tien Woorde van God sou die riglyne word wat vir hulle die pad na die lewe sou aandui. God motiveer sy gesag in die feit dat Hy hulle Here is, die Een wat hulle uit Egipte uit die slawehuis uitgelei het. Daardeur het Hy ‘n onvervreembare reg op hulle lojaliteit verkry.
Eerste gebod – geen ander gode
Die eerste gebod in Eks. 20:3 (Deut. 5:7) is die verbod op ander gode. Dit beteken dat God niemand duld wat langs Hom aanbid en vereer word nie. Alle afgodery word dus daarmee verbied. Die Here verwag dat daar net met Hom as die ware God in ‘n verhouding getree mag word. Sy weë moet ten alle koste leer ken word, want dit is net Hy alleen wat vertrou kan word met die lewe. Daarom moet die Godsvolk Hom met hulle hele hart liefhê, vrees en eer, soos die Heidelbergse Kategismus vraag en antwoord 94 dit uitlê.
Dieselfde waarskuwing word reg deur die NT gevind (1 Tes. 1:9; Gal. 4:8; Rom. 1:23; 2 Kor. 6:16; Openb. 9:20), onder andere met betrekking tot die eet van afgodsoffers (Hand. 15:20,29; 1 Kor. 8:7; 10:7; 12:2; Openb. 2:20). Afgodery word ook regdeur die NT verbind aan moreel-etiese sake, soos bv. die verbod op losbandigheid en gierigheid (Ef. 5:5) sowel as vraatsug (Fil. 3:19). Sorg moet ook gedra word dat daar nie hoog opgegee word oor die afsku aan afgode, maar tog deelgeneem word aan ‘n onwettige berowing van heidense tempels vir eie gewin nie (Rom. 2:22).
Dit is interessant hoe Johannes in sy briewe ook dié wet as waarskuwing inspan vir gelowiges van die NT (1 Joh. 5:21). Johannes gee drie motiverings daarvoor. Die eerste motivering is dat: “ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken.” In Jesus kan ons dus die ware God van die afgode onderskei. Die tweede motivering is dat: “ons in die ware God is, in sy Seun, Jesus Christus.” Ons hele lewe word deur God bepaal, dié God wat ons in sy Seun, Jesus Christus, leer ken het. Die derde motivering is dat: “Hy die ware God is en die ewige lewe.” Daar is niemand anders as God nie, en deur Hom het ons toegang tot die ewige lewe. Daarom sê Johannes: “Liewe kinders, bly dus weg van die afgode af.”
Tweede gebod – geen afbeelding van God mag aanbid word nie
Die tweede gebod in Eks. 20:5 (Deut. 5:8-10) verbied die maak van enige afbeelding van God wat aanbid of vereer word. Hy is ‘n jaloerse God wat onverdeelde trou aan Hom van sy mense eis. Gehoorsaamheid sal geseën word, en ongehoorsaamheid gestraf word. Die uitwerking daarvan sal in die geslagte gesien kan word.
Dieselfde waarskuwing word ook in die NT gevind. in Jakobus 4:5 wy hy uit oor God wat onverdeelde trou van ons vra en begrond dit op ‘n verwysing na die skeppingsverhaal dat God: “die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê”.
Dieselfde geld Paulus in Romeine 1:23 waar die problematiek van afgodery uitgespel word dat: “beelde wat lyk soos ’n verganklike mens of soos voëls of diere of slange”, d.w.s. afgode: “in die plek van die heerlikheid van die onverganklike God” gestel en aanbid word. Dit is: “bloot skeppinge van menslike vaardigheid en verbeelding”, soos Paulus op die Areopagus sê (Hand. 17:29).
Derde gebod – God se naam mag nie misbruik word nie
Die derde gebod in Eks. 20:7 (Deut. 5:11) verbied enige misbruik van God se naam. Sy naam mag nie onteer word deur Hom te laster of te vloek nie. Sy naam mag ook nie misbruik word tot eie voordeel nie deur bv. ‘n valse eed in sy Naam te maak nie. Dit sluit dus onnodige eedswering uit. Sy Naam van God moet met vrees en eerbied gebruik word, “sodat Hy deur ons reg bely, aangeroep en in al ons woorde en werke geprys kan word”, soos die Heidelbergse Kategismus vraag en antwoord 99 dit uitlê.
Ons vind dieselfde in die NT waar Jesus in Matt. 5:33-37 en Jakobus in Jak. 5:12 eedswering afwys, weens die gevaar van die misbruik van God se naam. Paulus waarsku ook in 1 Tim. 6:1 dat gelowiges met eerbied moet optree teenoor gesagsdraers, selfs as hulle slawe is van sodanige eienaars, sodat daar nie kwaad gepraat word van God nie. Daarteenoor word die positiewe belydenis van God se naam oral aangemoedig (Matt. 10:32; Rom. 10:9-10; Kol. 3:17).
Vierde gebod – die hou van die Sabbatdag
Die vierde gebod het te make met die hou van die Sabbatdag, soos dit in Eks. 20:8-10 en Deut. 5:8-11 gebied word. Interessant is dat die motivering in Eks. 20 begrond word in die feit dat God die hemel en aarde gemaak het (vgl. Psalm 146:6) en in Deut. 5 in die feit dat Hy hulle uit Egipte verlos en uitgelei het.
Hierdie verwysing na die skepping as God se handewerk word in die NT ook as ‘n motivering tot gebed (Hand. 4:24) en daarna as ‘n oproep tot bekering gebruik (Hand. 14:15). Die Here moet aanbid word as die lewende God, omdat Hy alles gemaak het (Hand. 14:15). In Openbaring word ook verwys na God se skeppingshandelinge as motivering van God se reg tot oordeel (Openb. 14:7) en verlossing (Openb. 10:6).
Jesus verwoord ook in Markus 2:27 aan die hand van hierdie wet dat die Sabbatdag een van God se gawes aan die mens was, en leer die NT gelowiges dat die Sabbatdag juis vir die mens gemaak is en daarom tot voordeel van menswees aangewend moet word.
Dit is juis wat die Jode nie gedoen het nie, soos dit duidelik blyk uit die hoof van die sinagoge wat die Sabbatsgebod juis teen Jesus gebruik (Luk. 13:14), sowel as teen die dissipels (Matt. 12:2). Die Sabbatdag bly egter vir die dissipels ‘n positiewe riglyn, soos ons sien in die lewe van Nikodemus en die vroue wat Jesus se liggaam versorg het na die kruisiging (Lukas 23:56).
Die rus van die sabbat kry ook ‘n simboliese betekenis wat verwys na die rus van die sonde, soos die Hebreërbrief duidelik uitspel (Hebr. 3:11 vv.).
Vyfde gebod – eer jou ouers
Die vyfde gebod in Eks. 20:12 (Deut. 5:16; vgl. ook Eks. 21:17 en Lev. 20:9) gebied kinders om hulle ouers te eer. Om hulle te eer, beteken om aan hulle “gewig” te gee. Dit beteken dat ‘n mens jou vader en moeder, maar ook: “almal wat oor my gestel is, alle eer, liefde en trou bewys”, soos die Heidelbergse Kategismus in vraag en antwoord 104 dit uitspel.
Aan die een kant beteken dit verder dat ‘n mens jou: “Aan hulle goeie leer en tug … met die verskuldigde gehoorsaamheid onderwerp.” Aan die ander kant beteken dit ook dat ‘n mens ook: “met hulle gebreke geduld moet hê, omdat God ons deur hulle wil regeer.”
Hierdie gebod word verskeie kere in die NT positief bejeën, baie kere in ‘n lysie van ander gebooie uit die tweede tafel van die wet (Mark. 10:19; Matt. 15:4; 19:18-19; Luk. 18:20). Dit sluit onder andere om vir hulle te sorg, om vir hulle voorsiening te maak, as hulle dit nie meer self kan doen nie (vgl. Markus 7:10). In Markus 10:19 word die gebod gekombineer met die gebooie oor moord, egbreuk, steel, valse getuienis, sowel as ‘n algemene gebod: “jy mag nie iemand verontreg nie”. In Matt. 19:18-19 word dit gekombineer met die gebooie oor moord, egbreuk, steel, valse getuienis waaraan toegevoeg word dat jy jou naaste moet liefhê soos jouself (Lev. 19:18). In Lukas 18:20 word dit gekombineer met die gebooie oor egbreuk, moord, steel, en valse getuienis.
Ook Paulus gebruik dié gebod tot ouerliefde in Romeine 13:9 waarin hy dit kombineer met egbreuk, moord, steel, begeer of: “watter ander gebod ook al” wat volgens hom saamgevat word in die gebod tot naasteliefde. In Ef. 6:1-3 (vgl. ook Kol. 3:20) gebruik hy die gebod tot ouerliefde om die belofte te beklemtoon dat gehoorsaamheid tot ouerliefde verbind word aan ‘n goeie en lang lewe.
Natuurlik wy die NT ook uit oor die verantwoordelikheid van ouers teenoor kinders om hulle met tug en vermaning groot te maak, op só ‘n wyse – “soos die Here wil” – dat hulle nie opstandig raak (Ef. 6:4).
Laastens, in die verlengde van die gebod tot ouerliefde word ‘n hele paar plekke in die NT oor die eerbied vir gesag gepraat (Rom. 13:1; Ef. 5:22; 1 Pet. 2:18).
Sesde gebod – moenie moord pleeg nie
Die gebod om nie moord te pleeg nie word in Eks. 20:13 (Deut. 5:17) gegee. Dit word op baie maniere in die res van Levitikus prakties uitgespel. Dit sluit in dat ‘n mens nie jou naaste mag onteer, haat, of beledig nie, want dit kom op dieselfde neer, dat ‘n mens só ‘n persoon “doodmaak”.
In die NT word dié gebod uitgebrei, bv. in Matt. 5:21, waarin Jesus die gebod radikaliseer en selfs van toepassing maak op negatiewe woorde wat ‘n mens oor iemand anders uitspreek. Dit sluit dus ook jou gedagtes, woorde en gebare sowel as alle wraaksug, soos die Heidelbergse Kategismus in vraag en antwoord 105 dit uitspel. Daaraan word bygevoeg dat jy ook nie jouself mag kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie.
Paulus raai in die verlengde hiervan ook gelowiges aan om wraak eerder aan God oor te laat (Rom. 12:19). Ook Jakobus verwys na hierdie gebod in Jak. 2:11 (ook na egbreuk).
Sewende gebod – moenie egbreuk pleeg nie
Die gebod om nie egbreuk te pleeg nie word in Eks. 20:14 (Deut. 5:18) gevind en uitvoerig verder bespreek in die verbondsboek sowel as in Levitikus. Dié verbod is nie net op die huwelik gemik nie, maar op alle onkuisheid ook buite die huwelik.
Ons vind dit ook in die NT waarin veral Jesus in Matt. 5:27-29 en 19:1-12 (vgl. Mark. 10:1-12) uitvoerig daaroor handel, sowel as Paulus in 1 Tes. 4:3-5 en 1 Kor. 6:18-19. Ook Jakobus wy daaroor uit in Jak. 2:11 (ook oor moord). Die motivering vir hierdie absolute gebod tot kuisheid binne en buite die huwelik lê in die feit dat gelowiges se liggame as ‘n tempel van die Heilige Gees beskrywe word. Daarom wil God hê dat ons ons liggame rein en heilig sal bewaar en: “alle onkuise dade, gebare, woorde, gedagtes, luste en alles wat ‘n mens daartoe kan verlei”, sal vermy, soos die Heidelbergse Kategismus vraag en antwoord 108 dit uitspel.
Agste gebod – moenie steel nie
Die gebod om nie te steel nie word in Eks. 20:15 (Deut. 5:19) gevind en werk met die gedagte dat God die voorsiener is van alles wat sy mense nodig het. Daarom hoef hulle nie hulleself te verryk deur van iemand anders te vat wat nie aan hulle behoort nie. God verbied daarom nie slegs die diefstal en roof wat daarmee gepaard gaan nie, maar ook: “al die skelmstreke en liste waardeur ons probeer om ons naaste se besittings in die hande te kry.” (HK vr. en antw. 110).
Dit kan gebeur met geweld of ‘n skyn van reg, soos deur die vervalsing van gewigte, lengtemaat, inhoudsmaat, goedere, geld, woeker of enige middel wat God verbied en in Levitikus verder uitgespel sal word. God verbied hiermee ook alle gierigheid en alle misbruik en verkwisting van sy gawes.
Die gebod word daarom ook regdeur die NT gevind soos hierbo aangehaal. Trouens, die positiewe kant hiervan word sterk uitgespel in die fokus op die belange van jou naaste, wat ‘n mens moet bevorder deur hom of haar te behandel soos ‘n mens self wil hê dat ander jou moet behandel (Matt. 7:12 – die sogenaamde goue reël). Paulus spel dit ook uit vir gelowiges dat hulle alle vorme van steel sal agterlaat en: “deur harde werk op ’n eerbare manier” self in hulle lewensonderhoud sal voorsien. Dan sal hulle iets hê om vir die armes te gee. (Ef. 4:28).
Negende gebod – moenie valse getuienis lewer nie
Die gebod om nie valse getuienis teenoor jou naaste te lewer nie word in Eks. 20:16 (Deut. 5:20) gevind. Dit beteken dat ‘n mens niemand se woorde mag verdraai en teen hom mag gebruik nie. Dit sluit in dat jy nie ‘n kwaadprater of lasteraar mag wees nie, sodat niemand onverhoord en ligtelik veroordeel sal word nie. Alle vorme van lieg en bedrieg word hiermee afgewys, nie net in die reg nie, maar in alle handelinge. Die waarheid moet met opregtheid omhels word sodat jy ook jou naaste se eer en goeie naam na jou vermoë sal verdedig en bevorder, soos die Heidelbergse Kategismus in vraag en antwoord 112 uitspel.
Dié gebod word daarom ook in die NT gebruik as ‘n riglyn vir geloof, soos Jesus dit doen in Lukas 18:20 in sy gesprek met die ryk jongman. Hy is ook duidelik daaroor dat vals getuienis uit die hart van die mens kom: “Uit die hart kom slegte gedagtes: moord, owerspel, onkuisheid, diefstal, vals getuienis, kwaadpratery.” (Matt. 15:9). Trouens dit is een van die redes waarom Jesus uiteindelik aan die kruis vir ons sondes sterf, weens die vals getuienis van die Joodse Raad (Matt. 26:59).
Tiende gebod – moenie begeer nie
Die verbod op begeerte word in Eks. 20:17 (Deut. 5:21) gevind. Dit sluit selfs die geringste begeerte of gedagte teen enige gebod van God wat in ons hart opkom. Dit is dus ‘n gepaste afsluiting van die Tien Gebooie. “Ons moet altyd en heelhartig vyande van alle sonde wees en ‘n begeerte tot alle geregtigheid hê”, soos die Heidelbergse Kategismus vraag en antwoord 113 dit vir ons uitspel.
Dieselfde riglyne word in die NT as reël van dankbaarheid vir gelowiges in die nuwe bedeling gegee. Jesus verbind dié gebod aan egbreuk: “Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.” (Matt. 5:28). Paulus verbind dit aan enigiets wat van ons sondige natuur afkomstig is: “Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie.” (Gal. 5:17; vgl. ook 1 Joh. 2:16: “Die wêreldse dinge—alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit—kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld.”). Daarom is die leiding en vervulling van die Heilige Gees so belangrik (Gal. 5:18).
In Romeine 7:7 word dié gebod deur Paulus verder gebruik om die mag van die sonde te illustreer. Dit is egter gelukkig ook juis dié mag wat in Christus verbreek is en deur die Heilige Gees verder in die praktyk van die geestelike lewe (Rom. 8 vv.). Paulus het ook self dié gebod nagekom: “Ek het niemand se geld of klere begeer nie.” (Hand. 20:33).
Boodskap en betekenis
Ek het reeds hierbo aangedui hoe integraal al Tien Gebooie in die NT gebruik word as riglyne vir gelowiges in die nuwe bedeling. Die Heidelbergse Kategismus noem die Tien Gebooie dus die reël van dankbaarheid, die riglyne vir die nuwe lewe in Christus.
Dit is onder andere begrond in Jesus se diepsinnige beskrywing van die blywende betekenis van die wet. Ons lees in Matteus 5:17-20:
“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is. Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.”
Telkens wanneer Jesus in die NT van die wet en profete praat, dui Hy daarmee die hele boodskap van die OT aan. Wat Jesus in die gedeelte verklaar van Homself is dat sy koms na die wêreld en sy bediening die OT en daarmee ook die wet sy volle betekenis laat kry.
Omdat Jesus dus in alle opsigte die wet nakom, verwag Hy dit ook van sy dissipels. Trouens, Jesus vra van sy dissipels ’n getrouheid aan die wet wat groter is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs. Verre daarvan dat Hy hulle vrystel van die wet, vra Hy dat hulle selfs die dieper betekenis van die wet sal nakom. Dit is presies waarvoor Hy gekom het en wat Hy deur die werk van die Heilige Gees in hulle lewens wil bewerk, soos Paulus ook verder in Romeine hfst. 1-8 op uitbrei.
Dit punt van Jesus se oproep om meer getrou te wees as die skrifgeleerdes en Fariseërs is dat ons geroep word om volmaak te wees in ons etiek en gedrag soos ons Vader in die hemel volmaak is (Mat. 5:48)
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - January 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - January 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - January 26, 2021
- PSALM 11 - January 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - January 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - February 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - February 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - February 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - February 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - February 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - February 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - February 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - February 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - February 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - February 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - February 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - February 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - February 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - February 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - February 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - February 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - March 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - March 2, 2021
- PSALM 19 - March 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - March 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - March 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - March 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - March 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - March 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - March 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - March 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - March 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - March 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - March 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - March 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - March 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - March 25, 2021
- PSALM 22 - March 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - March 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - March 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - April 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - April 5, 2021
- PSALM 133 - April 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - April 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - April 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - April 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - April 13, 2021
- PSALM 4 - April 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - April 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - April 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - April 20, 2021
- PSALM 23 - April 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - April 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - April 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - April 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - April 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - April 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - June 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - June 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - June 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - June 7, 2021
- PSALM 20 - June 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - June 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - June 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - June 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - June 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - June 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - June 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - June 22, 2021
- PSALM 130 - June 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - June 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - June 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - June 29, 2021
- PSALM 48 - June 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - July 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - July 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - July 6, 2021
- PSALM 24 - July 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - July 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - July 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - July 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - July 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - July 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - July 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - July 20, 2021
- PSALM 14 - July 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - July 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - July 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - July 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - July 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - July 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - August 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - August 3, 2021
- PSALM 130 - August 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - August 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - August 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - August 10, 2021
- PSALM 111 - August 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - August 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - August 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - August 17, 2021
- PSALM 84 - August 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - August 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - August 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - August 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - August 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - August 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - August 30, 2021
- PSALM 125 - August 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - September 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - September 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - September 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - September 7, 2021
- PSALM 19 - September 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - September 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - September 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - September 14, 2021
- PSALM 1 - September 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - September 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - September 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - September 21, 2021
- PSALM 124 - September 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - September 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - September 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - September 28, 2021
- PSALM 26 - September 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - September 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - October 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - October 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - October 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - October 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - October 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - October 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - October 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - October 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - October 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - October 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - October 21, 2021
- RUT 1:1-18 - October 25, 2021
- PSALM 146 - October 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - October 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - October 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - November 1, 2021
- PSALM 127 - November 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - November 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - November 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - November 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - November 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - November 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - November 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - November 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - November 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - November 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - November 18, 2021
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Petrus
Afkondiging v/d 10 Gebooie
Dankie vir die Bybelstudie genot. Dit maak baie dinge duidelik en was lekker om te lees.
Baie gedagtes is opgehelder en kennis vernuwe.
Wil jy dit nie ‘n lied maak, want ek wil nou sing.
Vrede en Vreugde bid ek vir jou!
Chris van Wyk
Ja, Petrus, ‘n mens moet eintlik ‘n lied daaroor maak!