JESAJA 40:12-31

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
12 Wie kan die waters in die holte
van sy hand afmeet,
die hemel met sy handspan peil,
met ‘n derde van ‘n efa die stof van die aarde opvang,
met ‘n handskaal die berge weeg,
die heuwels met ‘n weegskaal?
13 Wie kan die Gees
van die Here peil,
wie is die mens wat aan Hom
sy raadsbesluit bekend maak?
14 Met wie beraadslaag Hy,
en wie hou Hom op hoogte,
wie onderrig Hom oor die verloop
van ‘n regsaak?
Wie dra aan Hom kennis oor,
en die pad van wyse beskikking,
wie maak dit aan Hom bekend?
15 Kyk, nasies is soos ‘n druppel
uit ‘n leersak; m hulle word beskou as net
‘n lagie stof op ‘n weegskaal.
Kyk, eilande weeg Hy
asof dit fyn stof is.
16 Die Libanonbos se hout
is nie genoeg
om ‘n vuur te maak,
en sy wilde diere nie genoeg
vir ‘n brandoffer nie.
17 Al die nasies is soos niks
voor Hom;
deur Hom word hulle beskou as
minder as iets niksseggends,
minder as ‘n nietigheid.
18 Met wie wil julle God vergelyk?
Watter afbeelding wil julle
langs Hom stel?
19 ‘n Afgodsbeeld wat ‘n vakman
gegiet het,
wat ‘n smid met goud
oorgetrek het,
‘n smid met silwer beslaan het?
20 As ‘n wydingsgeskenk
kies mens ebbehout, hout wat nie verrot nie.
‘n Vaardige vakman
soek hy vir hom
om ‘n afgodsbeeld te maak
wat nie omkantel nie.
21 Weet julle nie?
Hoor julle nie?
Is dit nie van die begin af
aan julle bekend gemaak nie?
Het julle nie begrip van die aarde
se fondamente nie?
22 Dit is Hy wat troon
bo die ronde skyf van die aarde;
die bewoners daarvan
is soos koringkrieke.
Dit is Hy wat die hemel oopspan
soos ‘n doek,
dit oopsprei soos ‘n tent,
sodat mense daar kan woon.
23 Dit is Hy wat maghebbers
tot niks maak;
die regeerders van die aarde
maak Hy ‘n nietigheid.
24 Skaars is hulle geplant,
skaars is hulle gesaai,
skaars skiet hulle steggies
wortel in die grond,
of Hy het reeds op hulle geblaas,
en hulle verdor;
dan lig ‘n stormwind hulle op
soos strooi.
25 “Met wie wil julle My vergelyk,
sodat Ek net soos hulle sal wees?”
vra die Heilige.
26 Kyk boontoe en sien!
Wie het hierdie dinge geskep?
Dit is Hy wat die hemelse leër
een vir een uitlei,
hulle almal op die naam roep.
Deur die toedoen van Hom
wat groot vermoëns
en geweldige krag het,
ontbreek nie een nie.
27 Waarom sê jy dan, Jakob,
en beweer jy, Israel:
“My lewenspad is verborge
vir die Here, my reg gaan by my God verby”?
28 Weet jy dit nie?
Het jy dit nie gehoor nie?
‘n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes
van die aarde.
Hy word nie moeg nie,
Hy raak nie afgemat nie –
ondeurgrondelik is sy insig.
29 Dit is Hy wat vermoeides krag gee,
wat lewenskrag vermeerder
vir dié wat geen vermoëns het nie.
30 Jong seuns word moeg
en raak afgemat;
jong manne struikel en val.
31 Maar wie op die Here wag,
herwin hulle krag;
hulle kry nuwe vere soos arende.
Hulle hardloop,
maar raak nie afgemat nie,
hulle loop,
maar word nie moeg nie.
Teks en konteks
Hoofstuk 40 begin in die eerste perikoop met die boodskap dat dit God se inisiatief is wat die uitkoms bring vir Jerusalem (Jes 40:1-11). Die goeie tyding moet aan die ballinge van Juda gebring word. God gaan weer as hulle herder optree: “Hy sal sy kudde laat wei soos ’n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.” (OAV)
In die tweede perikoop van hoofstuk 40 – die deel wat ons gelees het – word die beloofde verlossing verbind aan God se onvergelyklike skeppingsmag en wysheid. Let op die pragtige beskrywings wat Jesaja gebruik om God se skeppingsmag uit te druk – die waters wat Hy in die holte van sy hand afmeet; die hemel wat Hy met sy handspan peil; die handskaal waarmee Hy die berge weeg.
God se wysheid word aan die onpeilbare diepte van die Gees verbind. Daar is niks wat God nie weet nie. Daar is niemand wat vir Hom raad kan gee nie.
In vergelyking met Hom is die nasies soos ‘n laaste druppel uit ‘n leersak; soos ‘n lagie stof op ‘n weegskaal. Dieselfde geld die afgode wat nie eers op hulle eie regop kan staan sodat hulle nie omkantel nie.
Jesaja vra dan vir die volk hoe dit dan is dat hulle hierdie God se mag en wysheid kan betwyfel. Hulle is immers deur Hom uitgekies om dié dinge aan hulle bekend te maak. En Jesaja gebruik nog ‘n paar skeppingsbeelde om God se majesteit te beklemtoon. Hy bepaal wie lewe en wie sterwe.
Daar is doodgewoon niemand om Hom mee te vergelyk nie. Nie op die aarde nie. Ook nie in die hemel nie. Hy sorg dat elke deel van die skepping sy plek vind en sy sorg geniet.
Daarom is dit so onverstaanbaar dat die volk kan twyfel aan God se sorg. Selfs in ballingskap weet Hy presies wat met hulle gebeur. Hulle lewenspad is nie verborge vir God nie.
Maar, Jesaja verwyt hulle nie vir hulle terneergedruktheid nie. Nee, hy roep hulle op om hierdie God se belofte van ‘n omkeer aan te gryp, om Hom te vertrou.
God word nie moeg nie en kan daarom vermoeides krag gee. Selfs dié wat geen vermoëns het nie, kan hy soos arende met nuwe vere (vlerke) die hoogtes in laat sweef.
Dit is die God waarop hulle moet wag, op wie hulle moet vertrou. Dan sal hulle hardloop, maar nie afgemat raak nie, loop, maar nie moeg word nie!
Die volk hoef dus nie meer te kla dat God hulle nie raaksien nie, trouens hulle mag nie meer kla nie, want dié God sien hulle nie net raak nie, maar sal nooit moeg word om vir dié wat op Hom vertrou nuwe krag te gee nie.
Boodskap en betekenis
Die wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Dit is die boodskap van Jesaja 40.
Neem gerus vandag een van die gedagtes oor God wat jou getref het in hierdie gedeelte – bv die skeppingsbeskrywings – en spandeer tyd om daaroor na te dink en die Here daarvoor te loof. En plaas weer jou vertroue op dié God wat nie net weet van jou nie, maar vir jou sorg.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021
Trudie Vorster
God sal nooit ophou om aan ons goed te doen nie. Loof die Here!!!