Skip to main content

LEESROOSTER 2021

Ek volg vanjaar die Leesrooster (Revised Common Lectionary 2021) by die NGK Somerstrand. Ons lees Maandae ‘n gedeelte uit die Evangelies, Dinsdae ‘n gedeelte uit die OT, Woensdae ‘n gedeelte uit die Psalms en Donderdae ‘n gedeelte uit die res van die NT. Sondae se erediens sal handel oor een van hierdie tekste.

Jy kan Sondae by die weeklikse erediens om 09:00 inskakel by hierdie YouTube kanaal of by Somerstrand se Facebook. Indien jy net na die preke wil luister, kan jy dit Sondae vanaf 09:00 by hierdie YouTube kanaal doen.

Vir stiltetyd en kleingroepe stuur ek elke dag, Maandag tot Donderdag, die Bybelgedeelte vir die dag saam met ‘n bydrae oor die teks en konteks, sowel as die boodskap en betekenis vir ons. Die eerste bydrae word 25 Januarie 2021 gestuur.

Om bogenoemde bydraes per e-pos te ontvang, kan jy inskryf by https://bybelskool.com/subscribe/.

Almal wat reeds ingeskryf is by Bybelskool sal die bydraes soos in die verlede via e-pos ontvang.

HIER IS DIE LYS VAN LEESROOSTER TEKSTE WAT EK VANAF 25 JANUARIE 2021 GAAN GEBRUIK.

Continue reading

MARKUS 1:21-28

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

MARKUS 1:21-28

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

21 Hulle kom toe by Kapernaum. En op die Sabbat het Hy dadelik in die sinagoge ingegaan en onderrig gegee.

22 Hulle was verwonderd oor sy onderrig, want Hy het hulle onderrig soos iemand wat gesag het en nie soos die skrifkenners nie.

23 En net toe was daar in hulle sinagoge ’n man met ’n onrein gees en hy het geskree:

24 “Wat het U met ons te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te vernietig? Ek weet wie U is; U is die Heilige van God.”

25 Maar Jesus het hom tereggewys en gesê: “Bly stil en gaan uit hom uit.”

26 En die onrein gees het hom stuiptrekkings laat kry en het met ’n harde stem geskree en uit hom uitgegaan.

27 En almal was verbaas sodat hulle onder mekaar geredeneer en gesê het: “Wat is dit hierdie? ’n Nuwe onderrig met gesag? Hy gebied selfs die onrein geeste en hulle gehoorsaam Hom.”

28 Onmiddellik het die gerug oor Hom oraloor in die hele omgewing van Galilea versprei. (ASV)

Teks en konteks

Continue reading

DEUTERONOMIUM 18:9-22

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

DEUTERONOMIUM 18:9-22

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

9 “ Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God vir jou gaan gee, moet jy nie die afstootlike gebruike van daardie nasies aanleer nie.

10 Daar mag nooit by jou iemand wees wat sy seun of dogter in die vuur offer, of wat voorspellings maak, voortekens lees, waarsêery beoefen, of ‘n towenaar is nie,

11 wat towerspreuke gebruik, waarsêer-of voorvadergeeste oproep, of dooies raadpleeg nie.

12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die Here afstootlik. En dit is oor hierdie afstootlike dinge dat die Here jou God hulle voor jou verdryf.

13 Jy moet onberispelik wees voor die Here jou God.

14 Ja, hierdie nasies wat jy gaan verdryf, luister na hulle wat voortekens lees en voorspellings maak; maar wat jou betref, die Here jou God laat jou so iets nie toe nie. 

15 “’n Profeet uit jou midde, iemand uit jou volksgenote soos ek, sal die Here jou God vir jou laat opstaan;  na hom moet julle luister. 16 Dit is eintlik wat jy van die Here jou God by Horeb op die dag van die byeenkoms gevra het, toe jy gesê het, ‘Ek kan nie langer na die stem van die Here my God luister en ook nog na hierdie groot vuur bly kyk nie – ek wil nie sterf nie.’

17 Die Here het toe vir my gesê, ‘Wat hulle sê is goed,

18 Ek sal vir hulle uit hulle volksgenote ‘n profeet soos jy laat opstaan, en Ek sal my woorde in sy mond lê. Hy sal vir hulle alles sê wat Ek hom beveel.

19 En van die persoon wat nie luister na my woorde wat hy in my Naam sê nie, sal Ek self rekenskap eis.

20 Maar die profeet wat so vermetel is om ‘n woord in my Naam te sê wat Ek hom nie beveel het om te sê nie, of wat in die naam van ander gode praat – daardie profeet moet sterf.’ 

21 “En as jy jouself sou afvra: Hoe sal ons weet watter woorde het die Here nie gesê nie?

22 As dit wat ‘n profeet in die Naam van die Here sê, nie gebeur nie en daar kom niks van nie, dan is dit woorde wat die Here nie gespreek het nie. In vermetelheid het die profeet dit gesê. Jy mag nie vir hom bang wees nie.” (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

PSALM 11

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

PSALM 11

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

1 Vir die musiekleier . Van Dawid. 

By die Here skuil ek; 

hoe kan julle dan vir my sê: 

“Vlug soos ‘n voël na die berge,

2 want kyk, die goddeloses 

span ‘n boog, 

hulle sit hulle pyle op die boogsnaar 

om in die donker 

op die opregtes van hart te skiet. 

3 As die fondamente afgebreek word, 

wat kan ‘n regverdige dan doen?” 

4 Die Here is in sy heilige paleis, 

die Here – 

in die hemel is sy troon. 

Sy oë sien; 

sy blik toets die mensekinders. 

5 Die Here – 

‘n regverdige toets Hy, 

maar in ‘n goddelose en iemand 

wat geweld liefhet, 

het Hy ‘n weersin. 

6 Hy laat gloeiende kole op goddeloses neerreën – 

vuur en swael 

en ‘n verskroeiende wind; 

dit is wat hulle toekom, 

dit is hulle beker.

7 Want regverdig is die Here, Hy het geregtigheid lief, 

opregtes sal sy teenwoordigheid ervaar. (2020-vertaling)

Teks en konteks

Continue reading

1 KORINTIËRS 8:1-13

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

1 KORINTIËRS 8:1-13

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

1 Wat vleis betref wat aan afgode geoffer is, weet ons dat ons almal kennis het. Kennis maak verwaand, maar die liefde bou op.

2 As iemand dink dat hy iets weet, weet hy nog nie soos ’n mens behoort te weet nie.

3 Maar as iemand God liefhet, word hy deur Hom geken.

4 Wat betref die eet van vleis wat aan afgode geoffer is, weet ons dat daar geen afgod in die wêreld bestaan nie en dat daar geen god is behalwe Een nie.

5 Want selfs as daar inderdaad sogenaamde gode in die hemel of op aarde is – soos daar baie “gode” en baie “here” is –

6 is daar tog vir ons een God, die Vader, uit wie alles is, en vir wie ons lewe, en een Here Jesus Christus, deur wie alles is, en deur wie ons lewe.

7 Maar almal het nie dié kennis nie. En omdat sommige tot nou toe gewoond is aan afgode, eet hulle dit as vleis wat aan ’n afgod geoffer is, en omdat hulle gewete swak is, word dit besoedel.

8 Maar kos sal ons nie naby God bring nie. Ons word nie benadeel as ons nie eet nie of bevoordeel as ons eet nie.

9 Maar let daarop dat hierdie vryheid van keuse van julle nie dalk ’n struikelblok vir die swakkes word nie.

10 Want as iemand vir jou, wat kennis het, in ’n afgodstempel sien aanlê vir ete, sal sy gewete, omdat hy swak is, nie versterk word om die vleis wat aan afgode geoffer is te eet nie?

11 Die swakke gaan dan deur jou kennis verlore, die broer ter wille van wie Christus gesterf het.

12 En deur so teen die broers te sondig en hulle gewete, wat swak is, skade aan te doen, sondig julle teen Christus.

13 Daarom, as kos my broer laat sondig, sal ek beslis tot in der ewigheid nie vleis eet nie, sodat ek nie my broer laat sondig nie.

Teks en konteks

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda