MARKUS 12:28-34

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
MARKUS 12:28-34
VRAAG OOR DIE BELANGRIKSTE GEBOD
(Matt 22:34-40; Luk 10:25-28)
28Een van die skrifkenners wat hulle hoor redeneer het, het nader gekom. Toe hy sien dat Jesus hulle goed geantwoord het, vra hy Hom: “Watter gebod is die belangrikste van almal?” 29Jesus het geantwoord: “Die eerste is, ‘Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here. 30Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag’. 31Die tweede is dit, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Geen ander gebod is belangriker as dié nie.”
32Die skrifkenner het vir Hom gesê: “Uitstekend, Meester, dit is waar wat u sê, dat ‘Hy die Enigste is en dat daar geen ander is as Hy nie’. 33‘Om Hom lief te hê met jou hele hart, jou hele verstand en met al jou krag, en om jou naaste lief te hê soos jouself’, is belangriker as al die brandoffers en diereoffers.” 34Toe Jesus sien dat hy verstandig geantwoord het, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die koninkryk van God nie.” Niemand het dit toe meer gewaag om Hom iets te vra nie. (2020-vertaling)
Teks en konteks
12:28 Na drie belangrike gesprekke met die Joodse leiers die dag fokus Markus op ‘n volgende vraag van ‘n skrifkenner (grammateus) aan Jesus oor die grootste gebod in die Skrif. Dit is die enigste skrifkenner waarvan die Evangelies vertel wat in ‘n positiewe gesprek met Jesus betrokke was.
Hy het die gesprek met die Sadduseërs gehoor en was beïndruk met Jesus se antwoord aan hulle. Trouens, volgens sy eie verstaan van die Skrif het Jesus hulle “goed” geantwoord. Hy wil dus dieper ingaan op Jesus se teologie, en nie net oor die toekomstige opstanding praat nie, maar oor wat hier en nou die belangrikste is.
Die twee vrae hou uiteraard verband. Hoe ons hier lewe het ‘n invloed op hoe ons deel het aan die opstanding. Daarom vra die skrifkenner vir Jesus watter gebod is die eerste of belangrikste (prōtos) van alles, dws die een wat die grootste gewig dra. Onthou dat daar 613 wette net in die Pentateug alleen was – 365 negatiewes en 245 positiewes.
12:29-30 Jesus kon sien dat die man ‘n eerlike vraag vra en antwoord hom onmiddellik met die Sjema uit Deuteronomium 6:4-5, die sentrale Joodse belydenis uit die wet. Dit behels die erkenning dat daar net een Here is, die Here ons God, sowel as die liefde vir Hom wat jou hele wese, wil en lewe in beslag neem (vgl Jos 22:5).
Jesus vul die tradisionele drie aspekte van die liefde vir God uit Deuteronomium – met jou hele hart (wil), hele siel (wese) en al jou krag – aan deur ook ‘n liefde met jou hele denke (dianoia – “mind”) by te voeg. Liefde met jou denke dui op ‘n gewilligheid om jou hele gedagtewêreld op God te rig. Hy lewer daarmee heel moontlik ook kommentaar op die gebrekkige wysheid van die Sadduseërs in hulle hantering van die Bybel.
12:31 Hierby voeg Jesus die gebod tot die liefde vir die naaste uit Levitikus 19:18 wat gelyk moet wees aan die liefde vir jouself. Jesus verklaar dat geen ander gebod groter as die twee gebooie is nie.
12:32 Die skrifgeleerde (skrifkenner – dit is dieselfde Griekse woord grammateus) was beïndruk met Jesus se antwoord en herhaal dit met ‘n eie aanhaling uit Deuteronomium 4:23 om sy instemming met Jesus te betuig. Uitstekend, sê hy met erkenning van Jesus se status in sy eie oë as Leermeester (didaskale). Jesus se beklemtoning van God se eenheid en uniekheid is in die kol, soos dit in die Joodse monoteïsme veral na die ballingskap konsekwent geleer is op grond van Deuteronomium 4:23.
12:33 Hy omhels Jesus se verklaring van die Sjema deur ook die Godsliefde in terme van jou hele hart en al jou krag soos Jesus uit te lê, te beklemtoon, maar dan boonop Jesus se verdere beklemtoning van Godsliefde met jou gedagtes as legitieme uitleg van die Sjema te aanvaar, hoewel hy dit met ‘n sinonieme Griekse woord doen (sunesis).
Hy verklaar ook dat Jesus korrek is met sy insig dat die naasteliefde saam met Godsliefde in rangorde gestel kan word, en voeg by dat naasteliefde belangriker is as die brandoffers en offerandes wat heeltemal verbrand is (vgl Ps 40-5-6; Lev 1). Jesus het dit self al gesê dat barmhartigheid belangriker as offerandes is (Matt 9:13; 12:7; vgl Hos 6:6). Die Hebreërskrywer sal later dieselfde sê van die OT offers en self uit Psalm 40 aanhaal, soos die skrifkenner (Hebr 10:7-9).
12:34 Toe Jesus sien hoe verstandig en wys die skrifkenner Jesus se antwoord ontvang en geïnternaliseer het, verklaar Hy dat die skrifkenner nie ver van die koninkryk van God is nie. Wat natuurlik nog nodig sou wees vir die skrifkenner is om die koninkryk van God binne te gaan deur sy lewe aan Jesus toe te vertrou.
‘n Mens wens Markus het meer detail hieroor verskaf, dat ‘n mens die uitkoms van dié gesprek in die lewe van die skrifkenner te wete kon kom!
Ons lees egter nie dat die man tot bekering kom nie, net maar dat die vrae opgedroog het. Niemand het meer gewaag om aan Hom vrae te stel nie. En Jesus sou hierna nie net aan die skrifkenners vrae stel nie, maar oorgaan tot ‘n oordeel oor hulle wat nie net die Skrif nie reg uitgelê het nie, maar ook dinge gedoen het wat lynreg teen die Skrif ingedruis het.
Boodskap en betekenis
Die vrae wat jy vra, is nooit onskuldig nie. Dit wys wat jy dink. Dit geld die Sadduseërs wat Jesus probeer uitvang het. Dit geld ook hierdie skrifkenner wat Jesus beter wou verstaan.
Jesus het die sinisme oor die koninkryk van God in die Sadduseërs se vrae oor die opstanding uitgewys en die soeke daarna in die skrifkenner se vrae oor God se gebod. Dit is waarom die Sadduseërs ver van die koninkryk was, en hierdie skrifkenner naby.
Die feit dat ons nie weet hoe hy uiteindelik op Jesus gereageer het nie, bring ons elkeen voor die vraag of ons reeds die stap geneem het om in te stap op die weg na die koninkryk van God. Want, Jesus is daardie Weg. Geloof en vertroue op Hom gee ons die reg om kinders van God te word.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021