Skip to main content

PSALM 20

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 20

1 Vir die musiekleier . ‘n Psalm. Van Dawid. 

2 Mag die Here u antwoord 

op die dag van benoudheid; 

mag die Naam van die God 

van Jakob u beskerm. 

3 Mag Hy vir u hulp stuur 

uit die heiligdom, 

en u uit Sion ondersteun. 

4 Mag Hy al u offergawes 

in gedagte hou, 

u brandoffers aanvaarbaar vind. Sela

5 Mag Hy aan u gee wat u hart verlang, 

en elkeen van u planne laat slaag. 

6 Ons wil juig oor u verlossing, 

in die Naam van ons God 

die vaandel hoog hou. 

Mag die Here aan al u versoeke voldoen! 

7 Nou weet ek dat die Here sy gesalfde verlos; 

Hy sal hom antwoord 

uit sy heilige hemel 

met kragtige verlossingsdade 

van sy regterhand . 

8 Party beroem hulle op strydwaens, 

ander weer op perde, 

maar ons, ons beroem ons op die Naam 

van die Here ons God. 

9 Hulle sak inmekaar en val, 

maar ons, ons staan op en bly staande. 

10 Here, verlos tog die koning! 

Mag Hy ons antwoord op die dag 

wanneer ons roep! (2020-vertaling).

Teks en konteks

Psalm 20 is gebruik in die tempel as voorbereiding vir die koning om te gaan oorlog maak – soos wat die inhoud dit duidelik maak (vgl 2 Kron 20). Vandag sal ons dit waarskynlik gebruik in enige situasie waar ons lewens bedreig word, of waar ons in metaforiese sin teenstand teen die evangelie moet hanteer.

Let op dat die Psalm deur die geloofsgemeenskap gesing word waarmee hulle hul solidariteit uitspreek met die uitdaging wat wag – al gaan hulle nie self nie – en hulle hul afhanklikheid van God bely. Oorlog was nooit net ’n politiese saak nie. Dit was altyd ingebed in die geloofsverstaan en veral Godsbelewenis van Israel as Godsvolk.

Hulle vermeld ook in die Psalm dat hulle liturgies alles gedoen het wat die Here hulle voorgeskryf het in die proses van oorlog maak – dws hulle het al die offers gebring wat hulle moes, soos vers 4 dit uitspel. Hierdie liturgie en die offer wat gebring is, was ’n integrale en baie belangrike deel van die hele proses van oorlogvoering.

Jy kan lees in 1 Samuel 7 waar Samuel op die regte manier die offers bring wat tot oorwinning lei by Mispa. En dan die omgekeerde daarvan in 1 Samuel 13 waar Saul nie wag vir hierdie liturgiese handeling nie, en voortstorm op sy eie pad. Dit lei tot sy verwerping as koning.

Terloops: Lees gerus 1 Samuel 7, want dit was seker die eerste keer waar ’n kategeet se kategese ’n oorlog gewen het … laat ’n mens dink!

Let ook op dat die Psalm en die gebed om oorwinning sterk verbind is aan die Naam van God, wat die belofte inhou dat Hy in ooreenstemming met Homself en hoe Hy Hom openbaar het in die verlede, sal optree. God se Naam word in die Psalm dus gebruik as beroep op sy beskerming (Naam = God self – vers 2), om as vaandel vir die veldtog te dien (in u Naam – vers6) en om hulle vertroue op Hom uit te spreek dat Hy sy beloftes sal nakom (Naam = God self – vers 8).

Die geloofsgemeenskap bely daarom dat die oorwinning nie sal afhang van die strydwaens en perde nie (vers 8) – hoewel dit steeds nie sonder hulle geveg gebeur nie – maar van God wat die oorwinning gee (vers 8-9), wat dan ook die spits is van hulle gebed: “Here, gee tog aan die koning die oorwinning” (vers 10). Dit is vandag nog waar – ons moet doen wat ons moet doen, maar die sukses hang uiteindelik af van God wat optree.

Boodskap en betekenis

Psalm 20 is ’n besondere Psalm om te bid in aanloop tot een of ander stryd in jou lewe, “the day of trouble” soos ’n kommentaar dit stel. Let op die rol van gebede en planne maak wat lei tot die ondersteuning van die geloofsgemeenskap en ’n oproep tot medestryders wat vanuit die gemeente in die stryd gebruik kan word. Onthou, jy staan nie alleen nie!

Sorg daarom ook dat jou eie lewe onberispelik is en dat jy “volgemaak” is deur die Woord. Dit is al manier om vas te staan vir die oorwinning wat God sal bring.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.