PSALM 48

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 48

1 ‘n Lied. ‘n Psalm. Van die Koragiete.

2 Groot is die Here en besonder lofwaardig 

in die stad van ons God, sy heilige berg. 

3 Indrukwekkend hoog, ‘n vreugde vir die hele land 

is die berg Sion in die verre noorde van die stad van die groot Koning. 

4 God is in die vestings van die stad.

Hy is bekend as ‘n toevlugsoord. 

5 Want kyk, die konings het byeengekom, 

hulle het saam opgetrek. 

6 Die oomblik toe hulle dit sien, was hulle stomgeslaan; 

verskrik het hulle op die vlug geslaan. 

7 Vrees het hulle daar beetgepak, 

angs, soos ‘n vrou wat geboorte gee. 

8 Met ‘n oostewind

het U handelskepe stukkend gebreek. 

9 Wat ons gehoor het, het ons ook ervaar in die stad van die Here, Heerser oor alle magte, 

in die stad van ons God: God het haar gevestig vir altyd. Sela

10 In u tempel , o God, 

dink ons na oor u troue liefde. 

11 Soos u Naam, o God, 

so strek u lof tot aan die eindes van die aarde, 

u regterhand is vol geregtigheid . 

12 Die berg Sion is verheug, 

die dogters van Juda juig oor u beslissings. 

13 Loop rondom Sion, 

gaan reg rondom haar; 

tel haar torings, 

14 kyk goed na haar verdedigingswal, bekyk haar vesting, 

sodat julle dit vir die toekomstige geslag kan vertel: 

15 Ja, hierdie God is ons God vir altyd en ewig; 

Hý sal ons lei vir ewig.

Teks en konteks

Hierdie Psalm besing met passie die berg van die Here in Jerusalem, Sion, soos ook in ‘n hele paar ander Psalms gedoen word (PS 76; 84; 87; 122). Op ’n dieper vlak gaan dit egter natuurlik oor God self wat lofwaardig oor die hele aarde is.  Dit is sy teenwoordigheid wat met Sion geassosieer word waardeur Sion ’n simbool van God self geword het.

Die Psalm het 4 dele:

  1. God se grootheid word besing soos dit gesimboliseer word deur Sion – vers 2-3.  Let op dat die grootsheid daarvan nie net bedoel is vir die volk van God nie, maar as vreugde vir die hele aarde.  Jesus het in die Bergrede ’n frase uit vers 2 gebruik om God se verbintenis aan Jerusalem te beskrywe: ”die stad van die groot Koning” (Matt. 5:35). 
  2. God se beskerming vanaf Sion word geloof aan die hand van konkrete ervarings daarvan, beide in die verlede as in die hede – vers 4-9.  Die effek van God se beskerming op die nasies word met twee metafore geteken, dié van ’n vrou in barensnood en dié van die skepe van Tarsis wat met die oostewind vergaan.  Die wonder van persoonlike ervarings wat die stories uit die verlede rugsteun val ’n mens op.  Let ook op hoe verskillend gelowiges se ervaring is as hulle Sion sien.  Hulle is bly as hulle Sion sien, terwyl die nasies bang word by dieselfde ervaring.
  3. God se trou word oordink in die tempel op Sion as ’n getuienis vir die nasies van die aarde en almal aangemoedig om daaroor bly te wees – vers 10-12.
  4. God se leiding word bewonder as getuienis vir die volgende geslag van God se mense – vers 13-15.  “Ja, hierdie God is ons God vir altyd en ewig; Hý sal ons lei vir ewig.”

Daarmee word vier van God se belangrikste eienskappe geteken wat ook vir ons in ons gebede en lewe voor God kan inspireer:

  • God is groot.
  • God beskerm.
  • God is betroubaar.
  • God lei sy mense.

Boodskap en betekenis

Neem vandag genoeg tyd om God vir sy grootheid te loof, Hom te dank vir sy beskerming, na te dink oor sy betroubaarheid en leiding in verskillende situasies waardeur jy al gekom het en jou verbintenis aan Hom in die woorde van vers 15 te bevestig:  “Ja, hierdie God is ons God vir altyd en ewig; Hý sal ons lei vir ewig.”

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d