Skip to main content

EFESIËRS 5:15-20

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

EFESIËRS 5:15-20

In die lig lewe 

6 Laat niemand julle verlei met niksseggende redenasies nie, want daardeur kom die toorn van God oor die seuns van die ongehoorsaamheid. 7 Moet dus nie deel van hulle wees nie. 8 Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here, is julle lig. Leef as kinders van die lig! 9 Die vrug van die lig bestaan immers uit alle goedheid en geregtigheid en waarheid. 10 Beproef wat vir die Here aanneemlik is. 11 Ja, moenie deel hê aan die onvrugbare werke van die duisternis nie; stel dit eerder aan die kaak. 12 Want die dinge wat deur hulle in die geheim gedoen word – selfs net om daaroor te praat, is skandelik. 13 Tog word alles wat deur die lig ontmasker word, openbaar; 14 immers, alles wat sigbaar word, is lig. Daarom word gesê: Word wakker, jy wat slaap (Jes 26:19; 51:17; 52:1; 60:1; Rom 13:11) en staan op uit die dood (Jes 26:19) en Christus sal sy lig oor jou laat skyn (Jes 60:1).

Die lewe deur die Gees 

15 Let daarom sorgvuldig op hoe julle leef – nie as onverstandiges nie, maar as wyses. 16 Koop die tyd uit, omdat die dae vol boosheid is. 17 Om hierdie rede moet julle nie onverstandig wees nie; probeer eerder om te verstaan wat die wil van die Here is. 18 En moenie deur wyn bedwelm raak nie; daardeur ontstaan losbandigheid. Inteendeel: Word vervul deur die Gees, 19 terwyl julle onder mekaar psalms, lofgesange en geestelike liedere laat opklink, ja, van harte tot die Here sing en psalmsing, 20 en God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus dank. (2020-vertaling).

Teks en konteks

Paulus gebruik die baie bekende metafoor van die verskil tussen lig en duisternis om die Efesiërs te help onderskei tussen die onwaarhede waarmee mense baie keer vir ons probeer mislei.  ‘n Eenvoudige maatstaf is of ‘n spesifieke optrede in die lig gedoen kan word, en of jy dit eerder in die donker wil doen, en wil hê dat ander mense nie daarvan weet nie.  Laat ‘n mens dink aan die riglyne vir Corporate Governance (King) wat insluit dat iets wat jy in ‘n maatskappy doen aan die volgende vier toetse onderwerp moet word: deursigtigheid, verantwoordbaarheid, verantwoordelikheid, en billikheid.

Maar dit gaan nie net om ‘n eie onderskeiding wat jy moet aanlê om te weet of jy iets mag of nie mag doen nie.  Dit gaan oor die liggaam van Jesus Christus wat saam onderskei – let op die meervoud van die voornaamwoorde wat Paulus hier gebruik: “moenie dat iemand julle mislei nie”, Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is”.  En daarby moet die lig laat skyn word op dié dinge wat eerder in die geheim en in die donker gehou wil word.

“Wees baie versigtig hoe julle lewe” – vers 15 – veral deur te wete te kom wat die Here wil dat julle moet doen (vers 17).

Vanuit hierdie perspektief van ‘n heilige lewe, wat in liefde geleef word, verstaan ‘n mens dat Paulus se opdrag om die Heilige Gees toe te laat om hulle te vervul die enigste manier is waarop heiligheid en liefde ‘n werklikheid kan word (vers 18).  Let ook op dat dit nie net oor die Gees gaan nie, maar ook oor Jesus, die Here (sing tot sy eer), en ook oor die Vader (dank Hom oor alles).

Boodskap en betekenis

Paulus se oproep is ‘n noodsaaklike een. ‘n Mens hoef net rondom jou te kyk na wat in die samelewing aan die gang is om te weet dat die “die dae vol boosheid is.” Dit is selfs só in die kerk waar die waarheid wat in Jesus is – soos God dit vir ons deur sy Woord onder leiding van die Heilige Gees oorgelewer het – onder skoot is. Teoloë en selfs gewone lidmate skep vir hulle ‘n “eie waarheid” wat na hulle eie smaak en begrip is.

Die ware kinders van die Here het daarom wysheid nodig om aan die een kant self getrou te bly en aan die ander kant die boosheid van ‘n eie evangelie aan die kaak te stel. Dit is waarvoor die Heilige Gees geskenk is, sodat ons in die vervulling die wil van God kan onderskei en daarvolgens kan leef. Dit is ook waarom ons in ‘n gemeenskap van gelowiges geplaas is saam met wie ons in ons aanbidding en lofprysing van die waarheid wat daar i God self is, versterk kan word.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…