PSALM 147:1-20

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
1 Halleluja!
Ja, dit is goed om ons God te besing,
ja, dit is aangenaam –
‘n loflied is gepas.
2 Die Here herbou Jerusalem,
die verstrooides van Israel
maak Hy bymekaar.
3 Dit is Hy wat dié met gebroke
harte genees,
wat hulle wonde verbind;
4 wat die getal
van die sterre bepaal,
aan hulle almal name gee.
5 Ons Heer is groot en geweldig sterk;
aan sy insig is daar geen grens nie.
6 Die Here help die verdruktes op;
goddeloses verneder Hy tot in die grond.
7 Sing vir die Here ‘n danklied;
besing ons God met begeleiding
van liere,
8 vir Hom wat die hemel bedek
met wolke,
wat vir die aarde reën gereedmaak,
gras op die berge laat groei,
9 wat vir die diere hulle kos gee,
vir die jong kraaie wat krys.
10 Dit is nie die krag van ‘n perd,
waaroor Hy Hom verheug nie,
nie die bene van ‘n man,
waarin Hy vreugde vind nie.
11 Die Here vind vreugde in hulle
wat vir Hom ontsag het,
wat hulle hoop vestig
op sy troue liefde.
12 Roem die Here, Jerusalem,
loof jou God, Sion,
13 want Hy het die sluitbalke
van jou poorte sterk gemaak,
Hy het jou kinders in jou geseën,
14 Hy wat jou grense veilig stel.
Met die vetste koring versadig Hy jou,
15 Hy wat sy bevel na die aarde stuur
– sy woord beweeg vinnig –
16 Hy wat sneeu gee soos wol,
ysryp soos as uitstrooi,
17 wat sy ys soos krummels afgooi.
Wie kan voor sy koue standhou?
18 Hy stuur sy woord en laat dit smelt;
Hy laat sy wind waai
en water begin vloei.
19 Hy maak sy woorde
aan Jakob bekend,
sy vaste voorskrifte en wette
aan Israel.
20 Hy het nie so opgetree
teenoor enige ander nasie nie;
sy wette ken hulle nie.
Halleluja!
Teks en konteks
Psalm 147 raai die geloofsgemeenskap ook aan om op die Here te vertrou, soos Psalm 146, maar begrond dit nie net in God se kongruente karakter nie, maar veral in sy vreugdevolle versorging wat Hy ten toon stel in die natuur sowel as in die geskiedenis van sy mense: ”Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het, wat hulle hoop vestig op sy troue liefde.”
Die Psalm kan in drie verdeel word op grond van die opdrag om die Here se lof te besing in vers 1, 7 en 12. In aldrie dele word op verskillende maniere die geweldige grootheid van God besing wat in sy kreatiewe krag in die kosmos ten toon gestel word, sowel as die grenslose genot van God wat in sy vreugdevolle versorging van alles wat leef en beef – kraaie en kinders – ten toon gestel word. God is groot in sy almag, maar ook vol van genade in sy nabyheid.
Besing God se grootheid in die skepping en die geskiedenis – vers 1-6
Die Psalmis sien God se grootheid raak in sy herbouing van Jerusalem waar die verstrooides vanuit die ballingskap weer ‘n tuiste gevind het, soos Jesaja 40 belowe het. Hulle gebroke harte is genees en hulle wonde is verbind. Die Here het die verdruktes weer opgehelp en bevestig.
Die verwysing na die sterre wat die Here name kan gee, word hier eintlik as ‘n metafoor gebruik om sy Herderskap te beklemtoon. Die Here se geweldige grootheid word nie net gedemonstreer in die feit dat die sterre soos sy skape is wat Hy versorg nie, maar ook in die feit dat Hy sy mense soos sy skape terugbring uit die verstrooiing en bó die goddelose mense verhef en bevestig.
Besing God se vreugde in sy skepping en skepsels – vers 7-11
Hoekom sou God dit doen? Die Psalmis begrond dit in God se grenslose genot in sy skepping en sy skepsels. Hy sorg vir hulle almal, omdat Hy in hulle ‘n intense vreugde vind – kraaie en kinders. Hy verheug Hom in die wolke en die reën, in die gras op die berge sowel as in die diere en die jong kraaie wat krys, en veral in dié wat vir Hom ontsag het en op Hom hoop.
Hy is doodgewoon lief vir almal en wil aan hulle sy genade in oorvloed uitstort en hulle versorg.
Besing God se sorg vir Jerusalem en die natuur deur sy woorde – vers 8-20
Weereens keer die Psalmis terug na die herbouing en beveiliging van Jerusalem en loof die Here vir die seën wat dit vir die kinders in die families en vir die families binne die gemeenskap gebring het. Hulle kan nou veilig woon en die voorsiening wat God gee in die natuur geniet.
Let op hoe God se woord as effektief beide in die natuur as in die geloofsgemeenskap geteken word. God stuur sy woorde uit en dit bring reën sowel as insig. Dit versorg die gemeenskap beide met kos om te eet sowel as met woorde om geestelik van te leef en hulle gemeenskapslewe op te begrond.
Boodskap en betekenis
Oordink vandag die feit dat die Here vreugde vind in hulle wat vir Hom ontsag het. Doen moeite om dinge in die natuur raak te sien – gaan stap buite of kyk ‘n natuurprogram – en laat dit jou ontsag verdiep oor Wie God is en wat Hy doen.
Hierdie God laat Hom nie onbetuig in jou lewe nie. Soos Hy Hom in die natuur aan jou bekend maak, soveel te meer maak Hy Hom in sy Woord aan jou bekend: “Hy maak sy woorde aan Jakob bekend, sy vaste voorskrifte en wette aan Israel.” Loof Hom daarvoor.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021