1 SAMUEL 1:4-20

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
1 SAMUEL 1:4-20
SAMUEL SE GEBOORTE
11Daar was ‘n sekere man uit Ramatajim Sofim, in die heuwelland van Efraim. Sy naam was Elkana, seun van Jerogam, seun van Elihu, seun van Togu, seun van Suf, uit Efraim. 2Hy het twee vroue gehad. Die eerste vrou se naam was Hanna en die tweede vrou se naam was Peninna. Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.
3Hierdie man het jaar ná jaar uit sy dorp opgegaan om te aanbid en vir die Here, Heerser oor alle magte, offers te bring in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en Pinehas, priesters van die Here was.
4Wanneer Elkana die dag geoffer het, het hy vir sy vrou Peninna en vir al haar seuns en dogters dele van die offervleis gegee. 5Maar vir Hanna kon hy net een deel gee – al het hy haar liefgehad – want die Here het haar moederskoot gesluit. 6Haar mededinger het haar ook erg getreiter om haar seer te maak, omdat die Here haar moederskoot gesluit het.
7So het dit jaar ná jaar gegaan. Elke keer as Hanna opgegaan het na die huis van die Here, het Peninna haar só getreiter dat sy gehuil het en nie wou eet nie. 8Elkana, haar man, het op ‘n keer vir haar gesê: “Hanna, hoekom huil jy? Hoekom eet jy nie? Hoekom is jy hartseer? Is ek nie vir jou meer werd as tien seuns nie?”
9Nadat hulle daar in Silo klaar geëet en gedrink het, het Hanna opgestaan. Eli, die priester, het op die stoel by die deurkosyn van die •tempel van die Here gesit. 10Sy was bitter ongelukkig en het tot die Heregebid terwyl sy onbedaarlik huil. 11Sy het ‘n gelofte afgelê en gesê: “Here, Heerser oor alle magte, as U tog net die ellende van u slavin wil raaksien en aan my sal dink en u slavin nie sal vergeet nie, en as U aan u slavin ‘n manlike nasaat sal gee, dan sal ek hom aan U, Here, teruggee so lank hy leef. ‘n Skeermes sal nooit oor sy kop gaan nie.”
12Terwyl Hanna so aanhou bid voor die Here, het Eli haar mond dopgehou. 13Maar Hanna self was besig om in haar hart te praat – net haar lippe het beweeg en haar stem was onhoorbaar. Eli het gedink sy is dronk. 14Eli sê toe vir haar: “Hoe lank nog gaan jy dronk bly? Raak ontslae van jou wyn!”
15Maar Hanna het geantwoord en gesê: “Nee, my heer! Ek is ‘n vrou met ‘n swaar gemoed. Wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my hart voor die Here uitgestort. 16Moet my, u slavin, nie as ‘n slegte vrou beskou nie, want dit is oor my kommer en ontsteltenis wat ek so lank gepraat het.”
17Eli het haar geantwoord en gesê: “Gaan in vrede! Die God van Israel sal jou versoek, dit wat jy van Hom gevra het, toestaan.”
18“Mag u slavin genade vind in u oë,” het sy gesê.
Die vrou is toe daar weg. Sy het geëet, en haar gesig was nie meer droewig nie. 19Hulle het vroeg die volgende môre opgestaan, voor die Here in aanbidding gebuig, en weer na hulle huis in Rama gegaan.
Elkana het met sy vrou Hanna gemeenskap gehad, en die Here het aan haar gedink. 20Met die draai van die jaar was Hanna swanger en het sy aan ‘n seun geboorte gegee. Sy het hom Samuel genoem, “want,” het sy gesê, “van die Here het ek hom gevra”.
WYDING VAN SAMUEL AAN DIE HERE
21Hierdie man, Elkana, en sy hele gesin het weer opgegaan om aan die Here die jaarlikse offer en ook sy gelofte-offer te bring. 22Hanna het nie saam opgegaan nie, maar het vir haar man gesê: “Nadat die seun gespeen is, sal ek hom bring, sodat hy voor die Here kan verskyn en vir altyd daar bly.”
23Haar man, Elkana, het vir haar gesê: “Maak soos jy goedvind. Bly maar totdat jy hom gespeen het. Mag die Here net sy woord gestand doen.” Die vrou het toe tuis gebly en haar seun gevoed totdat sy hom gespeen het.
24Nadat sy hom gespeen het, het sy met hom opgegaan, met ‘n driejaaroud bul, ‘n efa meel en ‘n kruik wyn. Sy het hom as ‘n jong seuntjie na die huis van die Here in Silo geneem. 25Hulle het die bul geslag en die seuntjie na Eli geneem.
26Sy het gesê: “Asseblief, my heer! So seker as wat u leef, my heer, ek is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die Here te bid. 27Vir hierdie seun het ek gebid, en die Here het my versoek, dit wat ek van Hom gevra het, toegestaan. 28Op my beurt staan ek hom nou aan die Here af. Solank as wat hy leef, is hy geleen aan die Here.”
Hulle het toe daar voor die Here in aanbidding gebuig. (2020-vertaling)
Teks en konteks
Die twee boeke van Samuel is die verhale van die twee konings Saul en Dawid. Dit begin met die verhaal van Samuel wat ’n bepalende rol in hulle koningskap speel. Die verhaal van Salomo en die res van die konings van Israel en Juda word in die twee boeke van Konings vertel.
Hierdie eerste hoofstuk bevat die kosbare verhaal van Elkana en Hanna. Hy was regtig lief vir haar, al kon hulle nie kinders hê nie. Jaarliks het hulle die tog aangepak na Silo toe om die Here te aanbid. Dit was waar die ark in dié tyd was voor dit na Jerusalem geskuif is. Interessant dat Hanna nie via die priester Eli bid nie, maar direk tot God. Baie betekenisvol. En die Here het hulle toewyding raakgesien en aan haar (hulle) gedink.
Die ou priester Eli het wel ‘n sagte hart gehad, maar al het hy vir Hanna met ‘n goeie gemoed laat weggaan toe sy die Here vir ‘n kind gesmeek het, het hy nie sy seuns aangespreek vir hulle sonde nie.
Dit is dus wonderlik om Elkana en Hanna se verhaal te lees, maar uiters sleg om die verhaal van die seuns van Eli te lees, die priesters Hofni en Pinehas. Israel was met hulle aan die stuur van sake in baie slegte hande.
Die geboorte en bediening van Samuel is egter die begin van beide die profeteskool beweging sowel as die monargie in Israel.
Boodskap en betekenis
Die Here het dus nie net aan Hanna gedink nie, maar ook aan sy volk en wat Hy vir hulle beplan! Ons kleiner verhale – van kinderloosheid – is deel van God se groter verhale – van grootskaalse verandering. Daarom kan ons bid vir ons behoeftes. God sal dit antwoord binne die groter konteks van wat Hy met hierdie wêreld beoog.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021