MARKUS 4:35-41

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
MARKUS 4:35-41
35 Op daardie dag toe dit aand geword het, sê Hy vir hulle: “Laat ons oorgaan na die oorkant toe.” 36 En hulle het die skare laat gaan en Hom saamgeneem in die boot waarin Hy was. Daar was ook nog ander bote by. 37 Toe kom daar ’n groot stormwind op en die golwe het in die boot in geslaan, sodat die boot reeds besig was om vol te word. 38 Maar Hy was in die agterstewe op die kussing aan die slaap. Hulle maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?” 39 Toe Hy wakker word, het Hy die wind beveel en vir die see gesê: “Word stil, wees kalm.” En die wind het gaan lê en daar het ’n groot kalmte gekom. 40 En Hy het vir hulle gesê: “Waarom is julle bang? Het julle nog nie vertroue nie?” 41 En hulle was baie bevrees en het vir mekaar gesê: “Wie is hierdie man dan dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam?” (ASV)
Teks en konteks
Markus het so pas vir ons van Jesus se verklaring van die doel van die gelykenisse vertel. Hier brei Markus uit oor Jesus se sending na die gebied van die Gadareners, en die wonderwerk rondom die stormwind op die see.
4:35 Met skemeraand – die son was al onder, maar dit was nog lig – sê Jesus vir sy dissipels om na die oorkant van die See van Galilea te vaar. Dit is die gebied van Dekapolis, tien heidense stede (Mark 5:1,20). Jesus sou later weer daarheen gaan, ‘n doofstom man genees wat sy impak op die gebied eksponensieel vergroot het (Mark 7:31).
Dit plaas vir ons Jesus se bediening primêr aan Jode in perspektief. Regdeur sy bediening het Hy ook aandag gegee aan heidene wat oor sy pad gekom het. Ons lees byvoorbeeld nie net van sy bediening in Dekapolis en Gadara nie (Mark 5:1-20), maar ook in Tirus en Sidon (Mark 7:24-30), en in Sesarea-Filippi (Mark 9:14-29).
4:36 Hulle het die skare huis toe gestuur en met die boot waarin Hy opgetree het die vaart aangedurf. Daar was ook nog ander bote by, waarskynlik van sy ander volgelinge.
4:37 ‘n Groot stormwind het opgekom. Die golwe het in die boot in geslaan, sodat die boot gedreig het om te sink van al die water. Simbolies van die teenstand wat baie keer gepaard gaan met ‘n uitreik na ‘n nuwe mensegroep.
Die See van Galilea is 18 x 9 km in oppervlakte, en omdat dit 210 m laer as seevlak lê, en daar heelwat berge en klowe daar rondom is, bekend vir sy winde wat skielik opsteek en sterk kan waai.
4:38 Jesus slaap egter ongesteurd op ‘n kussing in die agterstewe van die boot. Volledig in beheer terwyl dit lyk asof alles vergaan. Die dissipels maak Hom toe wakker met ‘n direkte beskuldiging of Hy as hulle Meester dan nie omgee dat hulle vergaan nie.
4:39 Jesus se reaksie met sy wakker word, is om doodgewoon die wind en see te beheer met ‘n eenvoudige woord: ”Word stil, wees kalm.” Die wind het gaan lê. Die see het kalm geword. ‘n Direkte bewys van Jesus se goddelike mag oor wind en see. Hy beheer die elemente van die natuur soos God talle kere in die verlede gedemonstreer het. Dit is ook dieselfde tipe woorde waarmee Jesus ‘n onrein gees aangespreek het vroeër in die evangelie (Mark 1:25). Jesus het dus mag oor beide die bo-natuurlike en natuurlike wêreld.
4:40 Jesus gebruik dan die geleentheid om hulle oor hulle geloof en vertroue aan te spreek. Dit is van kritieke belang. Hulle vertroue in Hom moet die vrees uitdryf. Anders sal hulle nooit sy opdragte kan uitvoer nie.
4:41 Hulle vrees vir of lafhartigheid (deilos) in die stormwind verander in ‘n ontsag (ephobēthēsan phobon megan – “hulle was baie bang” of letterlik: “hulle was bang met ‘n groot vrees”) vir Jesus en ‘n verwondering oor Wie Hy werklik is, die Een vir wie selfs die wind en see gehoorsaam. Let op laasgenoemde woord, gehoorsaam. Dit getuig van ‘n mag wat Jesus het wat allesomvattend is.
Boodskap en betekenis
Die vraag van Jesus aan die dissipels wanneer Hy die storm stilmaak is die sleutel om die boodskap wat Markus hierin raaksien, te verstaan: “Waarom is julle bang? Het julle nog nie vertroue nie?” (vers 40).
Dit wil voorkom asof die dissipels, ten spyte van al die wonderwerke wat Jesus al gedoen het, nog steeds vir Hom onderskat het, en nie rekening gehou het met Wie Hy werklik is, en wat Hy werklik kan doen nie. Hoe ironies! Hy is immers die God waarvan die Psalms sê, dat Hy die golwe van die see kan laat bedaar (Ps 65:8; 89:10).
Ly ons nie maar miskien soos hulle aan dieselfde sindroom van onderskatting nie! Vol vrees en lafhartigheid in ons dissipelskap. In Jesus is ons immers in die teenwoordigheid van God self! Dit is die basis waarop ons gebede moet berus. Dit is die basis vanwaar ons ons roeping moet uitvoer. Die see moet aandurf op pad na die heidene toe, selfs al is die gevaar van die stormwind op die see lewensgroot. God is immers aan die werk in die lewe, selfs in die wind en die weer.
Let op hoe die dissipels se vrees vir die storm verander in ‘n vrees en ontsag vir Jesus. Hy vir wie selfs die wind en die see moet luister. Dit is die begin van ware vertroue. Waar Jesus ‘n groter werklikheid word as die dinge wat dreig om ons te verswelg.
‘n Ietsie ekstra
Lees Jona 1 en vergelyk Jona se slapery (Jona 1:5) met Jesus s’n hier in Markus 4. Dink self na oor die ooreenkomste verskille en wat dit vir jou sê. Twee dinge staan vir my uit:
- Jesus slaap in vertroue en sekerheid en Jona in ontvlugting en vertwyfeling. Jesus weet wat Hy moet doen en is besig om dit uit te voer. Jona juis nie.
- Jesus word ook verwyt soos Jona vir sy slapery, maar waar Jona gevra word om te bid tot sy God, bestraf Jesus self die wind en die see. Die parallel wys dat Jesus groter is as Jona (vgl Matt 12:41), dat Hy God self is.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - January 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - January 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - January 26, 2021
- PSALM 11 - January 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - January 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - February 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - February 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - February 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - February 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - February 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - February 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - February 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - February 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - February 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - February 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - February 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - February 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - February 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - February 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - February 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - February 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - March 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - March 2, 2021
- PSALM 19 - March 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - March 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - March 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - March 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - March 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - March 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - March 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - March 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - March 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - March 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - March 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - March 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - March 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - March 25, 2021
- PSALM 22 - March 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - March 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - March 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - April 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - April 5, 2021
- PSALM 133 - April 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - April 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - April 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - April 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - April 13, 2021
- PSALM 4 - April 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - April 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - April 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - April 20, 2021
- PSALM 23 - April 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - April 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - April 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - April 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - April 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - April 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - June 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - June 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - June 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - June 7, 2021
- PSALM 20 - June 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - June 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - June 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - June 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - June 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - June 16, 2021
- MARKUS 4:35-41 - June 17, 2021
- MARKUS 5:21-43 - June 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - June 22, 2021
- PSALM 130 - June 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - June 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - June 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - June 29, 2021
- PSALM 48 - June 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - July 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - July 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - July 6, 2021
- PSALM 24 - July 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - July 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - July 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - July 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - July 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - July 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - July 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - July 20, 2021
- PSALM 14 - July 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - July 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - July 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - July 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - July 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - July 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - August 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - August 3, 2021
- PSALM 130 - August 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - August 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - August 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - August 10, 2021
- PSALM 111 - August 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - August 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - August 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - August 17, 2021
- PSALM 84 - August 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - August 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - August 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - August 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - August 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - August 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - August 30, 2021
- PSALM 125 - August 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - September 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - September 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - September 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - September 7, 2021
- PSALM 19 - September 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - September 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - September 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - September 14, 2021
- PSALM 1 - September 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - September 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - September 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - September 21, 2021
- PSALM 124 - September 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - September 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - September 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - September 28, 2021
- PSALM 26 - September 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - September 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - October 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - October 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - October 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - October 7, 2021
- MARKUS 10:34-45 - October 11, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - October 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - October 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - October 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - October 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - October 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - October 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - October 21, 2021
- RUT 1:1-18 - October 25, 2021
- PSALM 146 - October 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - October 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - October 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - November 1, 2021
- PSALM 127 - November 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - November 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - November 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - November 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - November 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - November 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - November 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - November 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - November 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - November 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - November 18, 2021
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar