PSALM 25:1-10

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
PSALM 25:1-10
Ons lees die Psalm as ‘n geheel om die konteks deeglik te kan verreken:
25:1 Van Dawid.
א ALEF
Na U, Here, hunker ek.
ב BET
2 My God, op U vertrou ek;
laat my tog nie beskaamd staan nie;
laat my vyande nie oor my jubel nie.
ג GIMEL
3 Ja, niemand wat op U wag,
sal beskaamd staan nie;
maar hulle wat sonder rede
ontrou is, sal beskaamd staan.
ד DALET
4 Here, maak u paaie aan my bekend;
leer my u weë.
ה HE
5 Lei my deur u waarheid
ו WAW
en leer my,
want U is die God wat my red;
op U wag ek die hele dag.
ז ZAJIN
6 Dink aan u barmhartigheid
en u troue liefde, Here, want dit is van altyd af daar.
ח GET
7 Aan die sondes van my jeug
en my oortredings
moet U nie dink nie;
dink aan my in u troue liefde,
omdat U goed is, Here.
ט TET
8 Die Here is goed en reg,
daarom leer Hy sondaars die pad.
י JOD
9 Mag Hy verdruktes lei in wat reg is;
mag Hy hulle sy pad leer.
כ KAF
10 Al die paaie van die Here is troue liefde en waarheid
vir hulle wat hou by sy verbond
en sy bepalings.
ל LAMED
11 Ter wille van u Naam, Here,
vergewe my sondeskuld,
want dit is groot.
מ MEM
12 Wie is die mens
wat vir die Here ontsag het?
Die Here leer hom die pad
wat hy moet kies.
נ NUN
13 Sy lewe verloop voorspoedig
en sy nageslag sal die land besit.
ס SAMEK
14 Die Here neem
hulle wat vir Hom ontsag het,
in sy vertroue,
en sy verbond is daar
om hulle te onderrig.
ע AJIN
15 My oë bly altyd op die Here, want dit is Hy wat my voete
uit die vangnet bevry.
פ PE
16 Draai U na my en wees my genadig,
want ek is eensaam en magteloos.
צ TSADE
17 Die benoudheid van my hart
is oorweldigend;
lei my uit my kwellinge.
ר RESJ
18 Sien tog my ellende
en my swaarkry raak
en vergewe al my sonde.
19 Kyk na my vyande,
hoe baie hulle geword het;
en hoe fel hulle my haat.
שׁ SJIN
20 Beskerm tog my lewe en red my;
laat my nie beskaamd staan nie,
want ek skuil by U.
ת TAW
21 Mag onskuld en opregtheid
oor my wag hou,
want ek wag op U.
22 Bevry Israel, o God,
van al sy benoudheid.
Teks en konteks
Psalm 25 is ’n akrostiese Psalm. Elke vers begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet. Dit help met die onthou van die Psalm (ten minste vir die Jode!). En dit help ook om simbolies gesproke die “alfabet van geestelike groei” aan te leer (Elwell).
Want dit is die behoefte van Dawid, om die pad wat hy gekies het (Psalm 1), enduit met integriteit en opregtheid te kan loop, al is dit nie maklik nie. Om die waarheid te sê, hy weet dit is onmoontlik om die pad te loop sonder God en sonder dat Hy in alles betrokke is by ’n mens se lewe.
Psalm 25:1-15
Die belangrikste boodskap van die Psalm is in vers 1-2, dat die basis van die geestelike lewe in vertroue gevind word. Trouens, dit is ’n vertrouens Psalm. Die Psalmis rig hom daarom tot God in die vertroue dat God hom nie in die steek sal laat nie (vers 2). Dit is immers die ervaring van almal wat hul verwagting in God gestel het, dat God die moeite werd is om te vertrou (vers 3). Daarop maak hy dus staat.
Sy verwagting is dat God hom 1) God se wil sal leer en 2) nie Dawid se sonde teen hom sal hou nie. In vers 4-5a brei hy uit oor sy gewilligheid om deur God onderrig te word, en in vers 5b-7 oor sy afhanklikheid van God se goedheid en vergifnis. Leerbaarheid en afhanklikheid is dus twee eienskappe wat voortspruit uit vertroue. Wat natuurlik ook beteken dat dit eintlik net die Here self is wat jou kan leer wat jy moet weet (vgl Jer 31:34, waar dit deel van die visie vir die toekom is, dat elkeen deur die Here geleer sal wees).
Die Psalmis se ervaring is dat God liefde en trou bewys aan dié wat Hom vertrou, van Hom leer, en afhanklik van Hom lewe. Selfs sondaars wat op Hom fokus, word deur God geleer (vers 8-10).
Dit laat hom sy skuld bely in die verwagting dat God hom Sy weë sal leer. Meer nog, hy verwag dat God hom in Sy vertroue sal neem, sy verbond aan hom bekend sal maak, sodat hy blaamloos met God die pad kan stap (vers 11-15). Laat my dink aan Jesus wat vir sy dissipels gesê het, dat hulle nou sy vriende is, en dat Hy aan hulle alles bekend maak wat die Vader vir Hom gesê het (Joh 15:15).
Psalm 25:16-22
Maar skuldbelydenis alleen kan nie sy situasie herstel nie. Hy het ook nodig dat God ingryp en hom van sy vyande verlos (vers 16-20). En die toppunt van sy gebed is dat hy vra dat onskuld (of integriteit) en opregtheid oor hom die wag sal hou, want op U vertrou ek (vers 21). Daar is dus ’n manier van lewe binne die gevaar van vyandigheid, waar dit ironies genoeg juis onskuld/integriteit en opregtheid is wat jou beskerm. Dit is soos twee karperde wat jou in die regte rigting trek. Dit is ook juis die dinge wat die Here se aandag trek – integriteit en opregtheid – en wat Hom betrek by die praktyk van ons lewe. Laat my dink aan Daniël wat op dié manier selfs ’n leier in ’n vreemde land en kultuur geword het.
Dié gebed is ook vir sy volk (vers 22), ’n vers wat waarskynlik bygevoeg is om die lied in die liturgie van die tempel te kan gebruik.
Boodskap en betekenis
Leerbaarheid en afhanklikheid is twee onontbeerlike kenmerke van iemand wat met integriteit en opregtheid voor God wil lewe. Dit is wanneer ons God regtig vertrou met ons lewe dat Hy ons ook in sy vertroue neem, die grootste gawe aan ‘n gehoorsame gelowige. Dit is waarom ‘n mens Bybel lees met die verwagting dat God sal praat en sy beloftes daarin vir jou sal waarmaak. Dit is waarom ‘n mens nie bang hoef te wees vir wat in hierdie lewe gebeur nie, want ons weet dat ons hele lewe in sy hande veilig en vrugbaar is.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - January 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - January 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - January 26, 2021
- PSALM 11 - January 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - January 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - February 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - February 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - February 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - February 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - February 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - February 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - February 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - February 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - February 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - February 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - February 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - February 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - February 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - February 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - February 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - February 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - March 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - March 2, 2021
- PSALM 19 - March 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - March 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - March 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - March 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - March 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - March 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - March 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - March 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - March 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - March 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - March 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - March 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - March 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - March 25, 2021
- PSALM 22 - March 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - March 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - March 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - April 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - April 5, 2021
- PSALM 133 - April 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - April 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - April 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - April 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - April 13, 2021
- PSALM 4 - April 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - April 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - April 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - April 20, 2021
- PSALM 23 - April 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - April 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - April 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - April 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - April 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - April 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - June 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - June 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - June 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - June 7, 2021
- PSALM 20 - June 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - June 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - June 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - June 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - June 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - June 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - June 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - June 22, 2021
- PSALM 130 - June 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - June 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - June 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - June 29, 2021
- PSALM 48 - June 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - July 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - July 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - July 6, 2021
- PSALM 24 - July 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - July 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - July 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - July 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - July 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - July 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - July 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - July 20, 2021
- PSALM 14 - July 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - July 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - July 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - July 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - July 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - July 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - August 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - August 3, 2021
- PSALM 130 - August 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - August 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - August 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - August 10, 2021
- PSALM 111 - August 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - August 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - August 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - August 17, 2021
- PSALM 84 - August 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - August 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - August 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - August 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - August 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - August 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - August 30, 2021
- PSALM 125 - August 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - September 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - September 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - September 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - September 7, 2021
- PSALM 19 - September 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - September 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - September 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - September 14, 2021
- PSALM 1 - September 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - September 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - September 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - September 21, 2021
- PSALM 124 - September 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - September 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - September 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - September 28, 2021
- PSALM 26 - September 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - September 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - October 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - October 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - October 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - October 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - October 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - October 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - October 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - October 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - October 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - October 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - October 21, 2021
- RUT 1:1-18 - October 25, 2021
- PSALM 146 - October 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - October 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - October 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - November 1, 2021
- PSALM 127 - November 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - November 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - November 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - November 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - November 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - November 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - November 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - November 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - November 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - November 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - November 18, 2021
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar