JOHANNES 6:51-58

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

JOHANNES 6:51-58

51Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy vir ewig leef. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam wat Ek gee vir die lewe van die wêreld.”

52Die Jode het toe onder mekaar gestry en gesê: “Hoe kan hy sy liggaam vir ons gee om te eet?” 53Daarop sê Jesus vir hulle: “Amen, amen, Ek sê vir julle: As julle nie die liggaam van die Seun van die Mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julle nie. 54Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag laat opstaan. 55Want my liggaam is ware voedsel, en my bloed is ware drank. 56Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. 57Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader leef, so sal die een wat My eet, ook deur My leef. 58Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het – nie soos die manna wat die vaders geëet het en nogtans gesterf het nie. Wie hierdie brood eet, sal vir ewig leef.”

59Dit het Hy in ‘n sinagoge gesê terwyl Hy in Kapernaum onderrig gegee het. (2020-vertaling)

Teks en konteks

6:51 Dan rig Jesus Hom aan almal wat in Hom glo en verseker hulle dat hulle die ewige lewe het. Hy kontrasteer die effek van die manna in die woestyn met die effek wat Hy as die Brood van die lewe het. Die volk het in die woestyn gesterf, want die manna kon hulle nie red nie. Dit is anders met Jesus. Hy gee onsterflikheid in die ewige lewe deur sy eie vlees en bloed.

6:52-59 Soos dit dikwels gebeur as daar teenstand kom, veroorsaak hierdie woorde van Jesus onderlinge konflik by die leiers in die sinagoge in Kapernaum. Hulle kan eenvoudig nie Jesus se boodskap verstaan nie, want hulle probeer dit te letterlik interpreteer. Hy kan tog nie Homself opsny en vir hulle voorsit as ‘n ete nie, maak hulle beswaar.

Jesus ignoreer egter hulle verkeerde interpretasie en herhaal net weer dieselfde boodskap dat Hy die Brood van die lewe is, en voeg daarby dat sy bloed die ware drank is. Hy het immers reeds eet en drink as metafore vir geloof in Hom uitgespel in vers 35. Dié wat dus metafories sy vlees eet en sy bloed drink, beleef ‘n intieme gemeenskap met Hom.

Dit is ook ‘n duidelike heenwysing na die boodskap van die instelling van die nagmaal en sy dood aan die kruis.  Dié wat na Hom toe kom en intiem met Hom saamleef, sal vir altyd lewe. Dié wat vir hierdie intieme gemeenskap nee sê nie, sal die ewige lewe verpas.

Hy verduidelik verder dat dit die tipe gemeenskap is wat Hy met die Vader geniet. Hy lewe as gevolg van die Vader. So sal elkeen wat in Jesus glo– wat Hom eet – ook as gevolg van Hom lewe.

Die gevolge van hierdie helder getuienis was verreikend, want die Jode wou Hom hierna doodmaak. Hy was hierna al hoe meer beperk tot Galilea en kon nie meer sonder meer in Judea bedien nie (Joh 7:1).

Boodskap en betekenis

Dit is duidelik dat hierdie gesprek met die skare en die Joodse leiers die hart is van die boodskap wat Jesus bring. Soos die Vader met Hom in gemeenskap lewe, só wil Hy met gelowiges in gemeenskap lewe. Elkeen wat daarvoor já sê, het die ewige lewe. Elkeen wat daarvoor nee sê, het nie die ewige lewe nie.

Dit sê vir ons twee goed. Die eerste is dat dit die punt is waarop daar skeiding kom tussen dié wat in opstand kom teen Hom en sy boodskap, en dié wat in Hom bly glo en daarom alles wat Hy sê, aanvaar en doen as komende van God die Vader.

Die tweede is dat Jesus ons uitnooi na die mees intieme gemeenskap wat daar in hierdie lewe beskikbaar is. Waar ons in Hom bly en Hy in ons. Waar ons deur God geleer word, en in Hom lewe. Daar is niks wat daarmee vergelyk kan word nie.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: