JOHANNES 12:20-33

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
JOHANNES 12:20-33
20 En daar was sekere Grieke onder dié wat opgekom het sodat hulle op die fees kon aanbid; 21 hulle het toe nadergekom na Filippus van Betsaida in Galilea, en hom gevra en gesê: “Meneer, ons wil Jesus sien.”
22 Filippus gaan en sê dit vir Andreas, en Andreas en Filippus gaan en hulle sê dit vir Jesus.
23 En Jesus antwoord hulle en sê: “Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word. 24 Amen, amen, Ek sê vir julle: As die saad van die koring nie sterf nadat dit in die grond geval het nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit baie vrug. 25 Hy wat sy lewe liefhet, verloor dit, en hy wat sy lewe haat in hierdie wêreld sal dit behou vir die ewige lewe. 26 As iemand My dien, laat hy My volg, en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; as iemand My dien, sal die Vader hom eer.”
Jesus dui aan watter soort dood Hy gaan sterf
27 “Nou is my hart hewig ontsteld, en wat moet Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hieroor het Ek gekom, vir hierdie uur. 28 Vader, verheerlik u Naam.”
Daar het toe ’n stem uit die hemel gekom: “Ek het verheerlik en Ek sal weer verheerlik.”
29 Die skare wat gestaan het en gehoor het, het toe gesê dit was donder; ander het gesê: “’n Engel het met Hom gepraat.”
30 Jesus het geantwoord en gesê: “Nie ter wille van My het hierdie stem gekom nie, maar ter wille van julle. 31 Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld; nou sal die heerser van hierdie wêreld uitgegooi word buitentoe. 32 En as Ek opgelig word van die aarde af, sal Ek almal na Myself toe trek.” 33 En dit het Hy gesê om aan te dui watter dood Hy sou sterf.
Teks en konteks
’n Aantal Griekssprekendes (waarskynlik godvresendes) het ook gekom om die Paasfees te vier. Hulle het die gesprekke wat Jesus met die skares en Joodse leiers gevoer het, gade geslaan. Sy verkondiging het hulle opgewonde gemaak om Jesus te ontmoet.
Hulle kom na Filippus toe, moontlik omdat sy Griekse naam hulle laat dink het dat hy hulle goedgesind sou wees. Filippus en Andreas werk saam om die nuus aan Jesus oor te dra soos ons al gewoond geraak het. Hulle het ook saamgewerk met die eerste ontmoeting by die see, en die verhaal van die broodvermeerdering.
Die Grieke se belangstelling in Jesus laat alles vir Hom in plek val. Jesus weet meteens die tyd van sy kruisdood (verheerliking) het gekom. Dit is dan ook waarop Hy in sy laaste gesprek met die Jode (terwyl die Grieke waarskynlik luister) konsentreer. Hy interpreteer vir almal rondom Hom wat aan die gebeur is, en onttrek Hom daarna van die gedrang om die Paasmaaltyd met sy dissipels te gaan vier en sy laaste gesprekke met hulle te voer.
Let op hoe Jesus die metafoor van die koringkorrel wat in die grond moet val en sterf om vrug te dra op Sy eie bediening van toepassing maak. Dit verheerlik Hom en maak van Hom ’n man van groot betekenis – die tyd van die nasies het gekom, en vir daardie fase van die bediening om aan te breek, moet Hy die pad van die kruis stap.
Sy ontsteltenis oor die pad wat Hy nou moet loop word dus oorwoeker deur die bewussyn van sy roeping (vir die nasies) wat op dié manier tot sy logiese vervulling kom. En daarmee offer Hy sy lewe op – voor die Joodse Raad ’n hand aan Hom slaan. Jesus gee Homself dus oor in die dood – op sy eie terme en vrywillig.
Jesus nooi sy volgelinge hiermee uit om Hom in dieselfde ontlediging en vrug-deur-dood-dra bediening te volg. Dit is juis in die vrywillige keuse van opoffering wat die krag van nuwe lewe vir ander lê. En dit is die opofferende voorbeeld wat mense oortuig van die integriteit en betekenis van Jesus (en enige van sy navolgers) se lewe.
Nou ons moet die boodskap goed hoor. Dit is ‘n sterf aan ‘n lewe vir jouself, om ‘n lewe vir ander te kan lewe. ‘n Mens moet hierdie woord, apothnēskō, “as die koringkorrel nie in die grond val en STERF nie” in vers 24 nie in ‘n wetenskaplike sin verstaan nie, asof die “sterwe” sou beteken dat daar letterlik doodgegaan móét word nie (EP Groenewald).
Dit is in elk geval ook nie wat met ‘n koringkorrel gebeur nie. Die bedoeling is dat die gestalte, die uiterlike vorm van die saadkorrel vergaan, maar die kiem van die lewe bly behoue en spruit voort (pherō) in ’n nuwe gestalte.
Die bedoeling is dat Jesus in sy aardse gestalte ‘n offer moes bring, waardeur God se krag in werking gestel kon word, en die oes van God sigbaar kon word. Deur Jesus se opstanding uit die dood in ‘n ander gestalte kon God nou die ewige lewe gee aan elkeen wat in Hom glo, en wat Hom navolg om nie meer vir hulleself te lewe nie, maar vir God.
Jesus gebruik eintlik twee woorde wat mekaar komplimenteer hier in vers 22-26, om God te dien (diakoneō), en om Hom te volg (akoloutheō). Dit beteken dus nie dat ons móét of graag sal wíl sterf nie, maar dat ons bereid moet wees om enigiets – posisie, besittings, en gerief – op te offer, sodat ons God kan dien, en agter Jesus aan kan stap. Ons moet Hom volg; doen wat Hy vra; gaan waar Hy wys; sy wil en wens gehoorsaam. Dit kan wel beteken dat ons ons lewens verloor om Christus te verheerlik. Maar, vir die meeste van ons sal dit van meer belang wees dat ons bly lewe … vir Christus.
Terloops: Johannes 12:26 wys daarop dat baie mense, onder andere Jesus se dissipels, gedink het dat Jesus net vir die Jode gekom het. Maar Jesus verklaar dat almal wat opreg na Hom soek, welkom is as sy volgelinge, wie hulle ook al is. Sy boodskap is vir almal. Ons mag dus nooit toelaat dat sosiale of kulturele verskille struikelblokke word as dit by die verkondiging van die Evangelie kom nie. Die Woord moet na alle mense uitgedra word en alle mense moet welkom wees in die gemeenskap van die gelowiges.
God verseël daarop Jesus se offergawe met sy goedkeurende stem uit die hemel, wat tot verdere oortuiging lei, nie net vir Jesus nie, maar veral vir die skare wat om Hom saamgedrom is.
Boodskap en betekenis
Hierdie beeld van Jesus het vir ons die volgende diepsinnige betekenis. Dit is met die begrafnis van ‘n lewe vir jouself, wat die krag van ‘n nuwe oorvloedige lewe ontkiem en begin groei en begin vrug dra.
En dit is die punt – Ons is koringkorrels! En ‘n koringkorrel, dit is nou jy en ek, kan besluit om vir jare sy kragte te spaar vir homself ( en dit kan hy suksesvol doen deur in die skuur te bly en te sorg dat die boer hom nie in die hande kry nie). Of ‘n koringkorrel, dit is nou jy en ek, kan besluit om sy lewe vir ander te gee, deur in die grond geplant te word en in die transformasie van homself ‘n koringplant te word wat are het en koringkorrels lewer wat op hulle beurt geplant kan word om die lewe aan te gee dat ander kan lewe en so die lewe wat in hulle opgesluit is, te kan vermenigvuldig.
Koringkorrels moet koringplante word. Soos Beasley-Murray in die Word kommentaar op Johannes sê: “The law of life through death in v 24 has in view making life possible for others, whereas in v 25 it is to gain life for oneself.”
Om te sterwe aan ‘n lewe vir jouself, en ‘n lewe te begin lewe vir ander – dit is wat dit beteken om Jesus te volg. Om ‘n koringkorrel te wees wat ‘n koringplant word.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021