PSALM 34:1-8 (19-22)

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 34:1-8 (19-22)

341Van Dawid. Toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abimeleg, dié hom weggejaag en hy toe weggegaan het.

א ALEF

2Ek wil die Here die hele tyd prys,

my mond is voortdurend vol van sy lof.

ב BET

3In die Here sal ek roem;

verdruktes sal dit hoor

en hulle verheug.

ג GIMEL

4Maak saam met my

die Naam van die Here groot,

ja, laat ons saam sy Naam verheerlik.

ד DALET

5Ek het die Here geraadpleeg,

en Hy het my geantwoord;

van al my verskrikkinge

het Hy my gered.

ה HE

6Verdruktes kyk op na Hom

en hulle straal;

hulle gesigte hoef nie rooi

van skaamte te wees nie.

ז ZAJIN

7Hierdie magtelose het geroep

en die Here het gehoor,

en uit al sy benoudhede

het Hy hom verlos.

ח GET

8Die Engel van die Here

trek ‘n laer rondom hulle

wat vir die Here ontsag het

en Hy red hulle.

ט TET

9Beproef dit en ervaar:

Die Here is goed,

gelukkig is die mens

wat by Hom skuil.

י JOD

10Julle moet ontsag hê vir die Here,

julle wat aan Hom toegewy is;

want wie vir Hom ontsag het,

ly geen gebrek nie.

כ KAF

11Jong leeus kry swaar en ly honger,

maar wie die Here soek,

ly geen gebrek aan alles wat goed is nie.

ל LAMED

12Kom, kinders, luister na my,

ontsag vir die Here sal ek julle leer.

מ MEM

13Wie is die mens wat lewe begeer,

graag jare wil hê

om die goeie te ervaar?

נ NUN

14Weerhou jou tong van kwaad

en jou lippe daarvan

om bedrieglik te praat.

ס SAMEK

15Vermy die kwaad, en doen die goeie;

soek vrede, en jaag dit na.

ע AJIN

16Die oë van die Here

is op die regverdiges,

sy ore op hulle hulpgeroep.

פ PE

17Die gesig van die Here

is gerig teen kwaaddoeners

om hulle gedagtenis uit te roei

van die aarde af.

צ TSADE

18Regverdiges roep om hulp

en die Here luister,

uit al hulle benoudhede red Hy hulle.

ק KOF

19Die Here is na aan hulle

wat gebroke harte het;

wie se gees verpletter is, verlos Hy.

ר RESJ

20‘n Regverdige ervaar baie teenspoed,

maar uit dit alles red die Here hom.

שׁ SJIN

21Hy beskerm al sy bene;

nie een van hulle word gebreek nie.

ת TAW

22Boosheid veroorsaak

‘n goddelose se dood

en hulle wat ‘n regverdige haat,

sal daarvoor boet;

23die Here red die lewens

van sy diensknegte

en niemand wat by Hom skuil,

sal boet nie.

Teks en konteks

Die Psalm is weereens ‘n akrostiese Psalm met die verse wat opeenvolgend met letters van die Hebreeuse alfabet begin.

Die eerste vers roep die gebeure in 1 Samuel 21 in herinnering. Die naam Abimeleg kom egter nie daar voor nie. Abimelek kan of ’n skryffout wees vir die priester Agimelek wat vir Dawid die beroemde swaard van Goliat gee, waarna Dawid in Filistynse gebied by Akis hom waansinnig/ kranksinnig gedra het. Óf, meer waarskynlik, kan dit ‘n Filistynse titel Abimelek – my vader is koning – wees waarmee koning Akis beskryf word (soos farao dit vir Egiptiese konings was).

Presies hoekom die titel egter hier in die Psalm bygevoeg is, en hoe die gebeure in 1 Samuel daarmee verband hou is nie baie duidelik nie. Dawid en Akis het wel vele kontakte gehad, waartydens Dawid baie fyn moes trap, en baie gevare moes trotseer, waarvan jy verder in 1 Sam 27-29 kan lees. Dit kan miskien die agtergrond wees waarteen die Psalm se dankbaarheid vir bewaring verstaan moet word.

Dankbaarheid en Wysheid

Twee temas bind die Psalm se onderskeie uitsprake saam: dankbaarheid en wysheid.

Dawid begin om die Here te loof en die geloofsgemeenskap uit te nooi om dieselfde te doen. Hy roem in of spog oor die grootheid van die Here, as aanmoediging vir ander om Hom te dien.

Hy loof God omdat Hy hoor en optree. Hier praat hy spesifiek daarvan dat die Engel van die Here (vers 8) intree en die dienaars van die Here beskerm. Daar is nie ’n spesifieke verhaal van Dawid wat ’n mens hiermee kan verbind nie, hoewel daar natuurlik baie ander verhale in die OT is wat as agtergrond kan dien. Dink bv aan Josua 5:13-15 met die oorwinning oor Jerigo, waar die Engel van die Here ‘n rol gespeel het. Ook die verhaal van Elisa in die konflik met die Arameërs, 2 Konings 6, waar Gehasi se oë oopgemaak word om die engeleskaar te sien wat hulle beskerm. Deur die eeue het baie mense al vertel dat hulle beskerm is soos vers 8 getuig.

Die punt is, dié wat by Hom skuil, word nie teleurgestel nie. En daaroor kan ’n mens net juig, en dankbaar wees.

Dit gee ons die motivering om nog beter te leer hoe om die Here te dien – en met wysheid en oorleg te leef. Só ’n lewe sluit beide woorde en dade in, en kan saamgevat word in:

  • die vermyding van kwaadpraat, leuentaal en kwaaddoen, en
  • die fokus op goeddoen, vredesoek en vrede najaag (vers 13-15).

Van vers 16 af kontrasteer Dawid dan hierdie twee maniere van leef,

  • die wysheid van die regverdiges wat in God hulle fokus vind, en
  • die dwaasheid van die goddeloses wat in hulleself hulle fokus soek.

En sy ervaring is dat die Here sorg vir die regverdiges, maar nie vir die goddeloses nie. Let op dat die goddeloses se ondergang as die gevolg van hulle eie kwaad beskryf word: “Die kwaad wat die goddelose doen, bewerk sy eie ondergang” (vers 22). Dwaasheid boemerang op jou! Dit is asof God eintlik sy hand van bewaring terugtrek en hulle aan hulle eie planne oorlaat, wat op rampspoed afstuur.

Maar God sorg vir die gebrokenes, en die moedeloses (spiritually crushed!), dié wat na Hom vra en dié wat Hom soek en wat toelaat dat Sy wil hulle lewens bepaal. Let weereens op dat God se teenwoordigheid IN krisisse ervaar word, en dat wysheid beteken om aan die Here vas te klou ten spyte van wat ook al met jou gebeur.

Vers 21 het ‘n besondere toepassing in die Nuwe Testament gekry aan die kruis. Johannes gebruik waarskynlik hierdie vers in Joh 19:26: “Geen been van Hom sal gebreek word nie.”

Boodskap en betekenis

Die punt van Psalm 34 is dat dié wat by God skuil nie teleurgestel word nie. En daaroor kan ’n mens net juig, en dankbaar wees.

Dit is ook hoe Paulus oor wysheid en die dien van die Here in die NT gedink het. In Filippense 4:2 raai hy Euodia en Sintige (en daarmee die hele gemeente) om eensgesind te wees (letterlik: “saam te dink in die Here”) en in Efesiërs 4:3 moedig hy die gemeente ook aan om vrede na te jaag, omdat dit presies is wat die Gees doen in die geloofsgemeenskap, om hulle een te maak.

Daarby is dit die karakter van God – dat Hy sorg vir gebrokenes en moedeloses – wat ons motiveer om te volhard in ons gebede.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: