MARKUS 10:2-16

LEES
Raak stil voor die Here in gebed.
Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.
MARKUS 10:2-16
HUWELIK EN EGSKEIDING
(Matt 19:1-12)
101Jesus het gereedgemaak, daarvandaan vertrek en in die gebied van Judea oorkant die Jordaan aangekom. Die skares stroom toe opnuut na Hom toe, en soos Hy gewoond was, het Hy hulle weer onderrig.
2Daar het ook Fariseërs nader gekom en, om Hom te toets, gevra of dit vir ‘n man toelaatbaar is om van sy vrou te skei. 3Hy het hulle geantwoord: “Wat het Moses julle beveel?” 4Hulle antwoord toe: “Moses het ‘n man toegelaat om ‘n skeibrief te skryf en te skei.” 5Toe sê Jesus vir hulle: “Dit is weens julle harde harte dat hy hierdie reël vir julle neergelê het; 6‘maar van die begin van die skepping af het God hulle manlik en vroulik gemaak’. 7Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou verbind word, 8en die twee sal een liggaam wees, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een. 9Daarom, wat God saamgevoeg het, moet ‘n mens nie skei nie.”
10Terug in die huis het die dissipels Hom hieroor uitgevra. 11Hy antwoord hulle toe: “Wie van sy vrou skei en met ‘n ander vrou trou, pleeg egbreuk teenoor haar; 12en as sy van haar man skei en met ‘n ander man trou, pleeg sy egbreuk.”
KINDERTJIES GESEËN
(Matt 19:13-15; Luk 18:15-17)
13Hulle het kindertjies na Jesus gebring sodat Hy hulle kon aanraak, maar die dissipels het hulle berispe. 14Toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie langer verhinder nie, want die koninkryk van God behoort aan mense soos hulle. 15Amen, Ek sê vir julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie.” 16Hy neem hulle toe in sy arms en seën hulle terwyl Hy sy hande op hulle lê.
Teks en konteks
10:2 Jesus is steeds besig om die mense te leer op pad na Jerusalem (vgl Mark 10:1,17,32). Die Fariseërs stel Hom hierdie keer op die proef met die vraag na die wettigheid van egskeiding.
10:3 Jesus verwys hulle eers na die Skrif, die wet Moses, om te hoor wat hulle daarin lees. Let op dat Jesus na Moses se woorde as ‘n bevel verwys. Die Skrif is vir Hom die gesagvolle woorde van God, waarmee Hy alreeds wys dat hulle Hom nie gaan vastrek nie.
10:4 Die Fariseërs besef onmiddellik dat in hulle antwoord hulle nooit sal kan sê egskeiding is ‘n bevel in die Skrif nie. Daarvoor is God te duidelik oor die heiligheid van die huwelik. Hulle neem dan hulle toevlug tot die uitspraak in Deuteronomium 24 waar Moses wel toegelaat het dat ‘n man vir sy vrou ‘n skeibrief kon skryf om te skei (vgl Deut 24:1-4).
10:5 Dit open die deur vir Jesus om die permissiewe of toegewende kant van die wet uit te lig. Dit is so, sê Hy. Maar Hy handhaaf steeds die imperatiewe kant van die wet. Egskeiding sou nooit ‘n bevel van God kon wees nie. Slegs ‘n toegewing. God het hierdie bepaling toegelaat, sê Jesus, weens hulle “hardheid van hart.”
Daarmee vergelyk hy die Fariseërs met die farao wat sy hart teen die God van Moses verhard het (Eks 7:13, 14, 22; 8:15, 32; 9:7, 34, 35; 13:15 – God het daarin ook ‘n rol gespeel: Eks 7:3; 9:12; 10:1, 20, 27; 11:10; 14:4, 8, 17). En ontbloot die boosheid van die menslike hart wat in opstand is teen God. Die toegewing was bedoel om ongebreidelde onsedelikheid te voorkom waar elkeen net sal doen wat hy of sy wil. Met ‘n egskeidingsbrief was daar ten minste ook ‘n stuk beskerming van die partye en van die huwelik self ingebou.
10:6 Dit was egter nooit God se bedoeling vir menswees nie. Van die begin van die skepping af het Hy die mens man en vrou geskape (Gen 1:27). ‘n Duidelike begronding van die huwelik as ‘n Goddelike instelling tussen een man en een vrou.
10:7-8 Jesus begrond sy lering op Genesis 2:24 en 5:2. God het dit so gewil dat ‘n man sy ouerhuis sal verlaat en met sy vrou verenig word. Hulle sal só “een liggaam” wees. En Jesus herhaal dit. Hulle is dan nie meer twee nie, maar een liggaam. Dit is God se volmaakte wil.
10:9 Jesus spel dan sy lering oor egskeiding uit. Hy begrond dit op God se bevel: “Wat God dan saamgevoeg het, moet ‘n mens nie skei nie.” So duidelik soos dit. Die toegewings wat God in die wet gemaak het, is deel van sy toelatende wil, want die feit dat mense wil skei, is eintlik ‘n getuienis dat mense hulle hart verhard teen Hom. Dit kan nooit sy volmaakte wil vir menswees vervang nie.
10:10-11 Dit het die Fariseërs se mond gesnoer, maar die dissipels het Jesus verder hieroor uitgevra. Jesus verklaar dan vir hulle hoekom egskeiding nie inpas in God se wil nie. Die een wat skei van sy vrou, en met ‘n ander trou, pleeg egbreuk teenoor sy vrou. Jesus sê eintlik, hy pleeg owerspel (μοιχειαι – buite-egtelike seksuele gedrag) teenoor haar, die oomblik as hy met die ander vrou gemeenskap het. Só erg is dit in Jesus se oë.
10:12 Dieselfde geld die vrou wat van haar man skei en met ‘n ander trou. Haar egbreuk tel as owerspel, die oomblik as sy trou en gemeenskap het met die ander man. Dit was wel in Joodse geledere die geval dat normaalweg net die mans van hulle vrouens kon skei, hoewel die Grieke en Romeine ander reëlings gehad het. Maar, omdat dit bekend was dat Herodias, anders as die Joodse gebruik, van haar man geskei het, sluit Jesus vroue ook nou in sy uitspraak oor egskeiding
10:13 Ook Markus vertel hierdie verhaal. Heel gepas net na sy lering oor die huwelik. Kindertjies word na Hom gebring, moontlik die ouers, wat wou hê dat Hy hulle aanraak. Die dissipels het met die mense daaroor geraas en hulle bestraf. Die dissipels het hierdie les regtig swaar geleer ná Jesus al van te vore vir hulle oor wie nou regtig belangrik in die koninkryk van God is, geleer het (Mark 9:33-37).
10:14 Jesus was daarom verontwaardig dat hulle so moeilik die waardes van die koninkryk aanleer, en vir hulle gesê dat kindertjies na Hom toe mag kom, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Hulle moet ophou om hulle te verhinder. Dws in hulle pad staan.
10:15 Daarby verseker Jesus almal teenwoordig dat die koninkryk van God soos ‘n kindjie ontvang moet word. Anders sal jy dit beslis nie binnegaan nie.
10:16 Vertroue op God eerder as posisie of status was vir Jesus belangrik. Hy het sy arms om hulle gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.
Boodskap en betekenis
Hierdie kompromielose siening van Jesus oor die huwelik en egskeiding moet gesien word in die lig van 1) die skeppingswil van God wat mense gemaak het om lewensmaats vir mekaar te wees, en 2) die hoë standaard wat Hy van sy dissipels verwag, om net so lojaal aan mekaar te wees in die huwelik as wat hulle aan God self is. Daarin hoor mens alreeds die opsomming van die wet weerklink, om God en jou naaste soos jouself lief te hê, dws ook jou maat.
Jesus het regtig oop arms vir almal wat Hom vertrou en soos ‘n kind die koninkryk van God ontvang. Dit is dié tipe vertroue wat sy hart roer en vir wie Hy die koninkryk van God bedoel.
LUISTER
Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.
LEEF
Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
View all posts in this series
- LEESROOSTER 2021 - Jan 18, 2021
- MARKUS 1:21-28 - Jan 25, 2021
- DEUTERONOMIUM 18:9-22 - Jan 26, 2021
- PSALM 11 - Jan 27, 2021
- 1 KORINTIËRS 8:1-13 - Jan 28, 2021
- MARKUS 1:29-39 - Feb 1, 2021
- JESAJA 40:12-31 - Feb 2, 2021
- PSALM 147:1-20 - Feb 3, 2021
- 1 KORINTIËRS 9:16-23 - Feb 4, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:3-6 - Feb 8, 2021
- 2 KONINGS 2:1-12 - Feb 9, 2021
- PSALM 50:1-6 - Feb 10, 2021
- MARKUS 9:2-8 - Feb 11, 2021
- GENESIS 9:8-17 - Feb 15, 2021
- PSALM 25:1-10 - Feb 16, 2021
- 1 PETRUS 3:18-22 - Feb 17, 2021
- MARKUS 1:9-15 - Feb 18, 2021
- GENESIS 17:1-16 - Feb 22, 2021
- PSALM 22:23-32 - Feb 23, 2021
- Leesrooster bydraes op Whatsapp is terug!
- ROMEINE 4:13-25 - Feb 24, 2021
- MARKUS 8:31-9:1 - Feb 25, 2021
- 1 KORINTIËRS 1:18-25 - Mar 1, 2021
- EKSODUS 20:1-17 - Mar 2, 2021
- PSALM 19 - Mar 3, 2021
- JOHANNES 2:13-22 - Mar 4, 2021
- EFESIËRS 2:1-10 - Mar 8, 2021
- NUMERI 21:4-9 - Mar 9, 2021
- PSALM 107:1-3, 17-22 - Mar 10, 2021
- JOHANNES 3:14-21 - Mar 11, 2021
- HEBREËRS 5:5-10 - Mar 15, 2021
- JEREMIA 31:31-34 - Mar 16, 2021
- PSALM 51:1-11 - Mar 17, 2021
- JOHANNES 12:20-33 - Mar 18, 2021
- FILIPPENSE 2:5-11 - Mar 22, 2021
- JESAJA 50:4-11 - Mar 23, 2021
- PSALM 31:8-14 - Mar 24, 2021
- MARKUS 14:1-15:47 - Mar 25, 2021
- PSALM 22 - Mar 29, 2021
- JESAJA 52:13-53:12 - Mar 30, 2021
- HEBREËRS 10:16-25 - Mar 31, 2021
- JOHANNES 18:1-19:42 - Apr 1, 2021
- HANDELINGE 4:32-35 - Apr 5, 2021
- PSALM 133 - Apr 6, 2021
- 1 JOHANNES 1:1-2:2 - Apr 7, 2021
- JOHANNES 20:19-31 - Apr 8, 2021
- LUKAS 24:36b-48 - Apr 12, 2021
- HANDELINGE 3:12-19 - Apr 13, 2021
- PSALM 4 - Apr 14, 2021
- 1 JOHANNES 3:1-7 - Apr 15, 2021
- JOHANNES 10:11-18 - Apr 19, 2021
- HANDELINGE 4:5-12 - Apr 20, 2021
- PSALM 23 - Apr 21, 2021
- 1 JOHANNES 3:16-24 - Apr 22, 2021
- HANDELINGE 8:26-40 - Apr 26, 2021
- PSALM 22:26-32 - Apr 27, 2021
- 1 JOHANNES 4:7-21 - Apr 28, 2021
- JOHANNES 15:1-8 - Apr 29, 2021
- HANDELINGE 10:44-48 - May 3, 2021
- PSALM 98 - May 4, 2021
- 1 JOHANNES 5:1-6 - May 5, 2021
- JOHANNES 15:9-17 - May 6, 2021
- JOHANNES 17:6-19 - May 10, 2021
- HANDELINGE 1:15-17, 21-26 - May 11, 2021
- PSALM 1 - May 12, 2021
- 1 JOHANNES 5:9-13 - May 13, 2021
- ESEGIËL 37:1-14 - May 17, 2021
- PSALM 104:24-34, 35b - May 18, 2021
- HANDELINGE 2:1-21 - May 19, 2021
- JOHANNES 15:26-27, 16:4b-15 - May 20, 2021
- JOHANNES 3:1-17 - May 24, 2021
- JESAJA 6:1-8 - May 25, 2021
- PSALM 29 - May 26, 2021
- ROMEINE 8:12-17 - May 27, 2021
- 1 SAMUEL 8:4-11, (12-15) 16-20 (11:14-15) - May 31, 2021
- PSALM 138 - Jun 1, 2021
- 2 KORINTIËRS 4:13-5:1 - Jun 2, 2021
- MARKUS 3:20-35 - Jun 3, 2021
- 1 SAMUEL 15:34-16:13 - Jun 7, 2021
- PSALM 20 - Jun 8, 2021
- 2 KORINTIËRS 5:6-10 (11-13), 14-17 - Jun 9, 2021
- MARKUS 4:26-34 - Jun 10, 2021
- 1 SAMUEL 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 - Jun 14, 2021
- PSALM 9:8-21 - Jun 15, 2021
- 2 KORINTIËRS 6:1-13 - Jun 16, 2021
- MARKUS 5:21-43 - Jun 21, 2021
- 2 SAMUEL 1:1, 17-27 - Jun 22, 2021
- PSALM 130 - Jun 23, 2021
- 2 KORINTIËRS 8:7-15 - Jun 24, 2021
- MARKUS 6:1-13 - Jun 28, 2021
- 2 SAMUEL 5:1-5, 9-10 - Jun 29, 2021
- PSALM 48 - Jun 30, 2021
- 2 KORINTIËRS 12:2-10 - Jul 1, 2021
- EFESIËRS 1:3-14 - Jul 5, 2021
- 2 SAMUEL 6:1-5, 12b-19 - Jul 6, 2021
- PSALM 24 - Jul 7, 2021
- MARKUS 6:14-29 - Jul 8, 2021
- EFESIËRS 2:11-22 - Jul 12, 2021
- 2 SAMUEL 7:1-14a - Jul 13, 2021
- PSALM 89:20-38 - Jul 14, 2021
- MARKUS 6:30-34, 53-56 - Jul 15, 2021
- EFESIËRS 3:14-21 - Jul 19, 2021
- 2 SAMUEL 11:1-15 - Jul 20, 2021
- PSALM 14 - Jul 21, 2021
- JOHANNES 6:1-21 - Jul 22, 2021
- EFESIËRS 4:1-16 - Jul 26, 2021
- 2 SAMUEL 11:26-12:13a - Jul 27, 2021
- PSALM 51:1-12 - Jul 28, 2021
- JOHANNES 6:24-35 - Jul 29, 2021
- EFESIËRS 4:25-5:2 - Aug 2, 2021
- 2 SAMUEL 18:5-9, 15, 31-33 - Aug 3, 2021
- PSALM 130 - Aug 4, 2021
- JOHANNES 6:35, 41-51 - Aug 5, 2021
- EFESIËRS 5:15-20 - Aug 9, 2021
- 1 KONINGS 2:10-12, 3:3-14 - Aug 10, 2021
- PSALM 111 - Aug 11, 2021
- JOHANNES 6:51-58 - Aug 12, 2021
- EFESIËRS 6:10-20 - Aug 16, 2021
- 1 KONINGS 8:(1, 6, 10-11) 22-30, 41-43 - Aug 17, 2021
- PSALM 84 - Aug 18, 2021
- JOHANNES 6:56-69 - Aug 19, 2021
- HOOGLIED 2:8-13 - Aug 23, 2021
- PSALM 45:1-2, 6-9 - Aug 24, 2021
- JAKOBUS 1:17-27 - Aug 25, 2021
- MARKUS 7:1-8, 14-15, 21-23 - Aug 26, 2021
- SPREUKE 22:1-2, 8-9, 22-23 - Aug 30, 2021
- PSALM 125 - Aug 31, 2021
- JAKOBUS 2:1-10, (11-13) 14-17 - Sep 1, 2021
- MARKUS 7:24-37 - Sep 2, 2021
- JAKOBUS 3:1-12 - Sep 6, 2021
- SPREUKE 1:20-33 - Sep 7, 2021
- PSALM 19 - Sep 8, 2021
- MARKUS 8:27-38 - Sep 9, 2021
- JAKOBUS 3:13-4:3, 7-8a - Sep 13, 2021
- SPREUKE 31:10-31 - Sep 14, 2021
- PSALM 1 - Sep 15, 2021
- MARKUS 9:30-37 - Sep 16, 2021
- JAKOBUS 5:13-20 - Sep 20, 2021
- ESTER 7:1-6, 9-10; 9:20-22 - Sep 21, 2021
- PSALM 124 - Sep 22, 2021
- MARKUS 9:38-50 - Sep 23, 2021
- MARKUS 10:2-16 - Sep 27, 2021
- JOB 1:1; 2:1-10 - Sep 28, 2021
- PSALM 26 - Sep 29, 2021
- HEBREËRS 1:1-4; 2:5-12 - Sep 30, 2021
- MARKUS 10:17-31 - Oct 4, 2021
- JOB 23:1-9, 16-17 - Oct 5, 2021
- PSALM 22:1-15 - Oct 6, 2021
- HEBREËRS 4:12-16 - Oct 7, 2021
- JOB 38:1-7 (34-41) - Oct 12, 2021
- PSALM 104:1-9, 24, 35c - Oct 13, 2021
- HEBREËRS 5:1-10 - Oct 14, 2021
- PSALM 34:1-8 (19-22) - Oct 18, 2021
- JOB 42:1-6, 10-17 - Oct 19, 2021
- HEBREËRS 7:23-28 - Oct 20, 2021
- MARKUS 10:46-52 - Oct 21, 2021
- RUT 1:1-18 - Oct 25, 2021
- PSALM 146 - Oct 26, 2021
- HEBREËRS 9:11-14 - Oct 27, 2021
- MARKUS 12:28-34 - Oct 28, 2021
- RUT 3:1-5; 4:13-17 - Nov 1, 2021
- PSALM 127 - Nov 2, 2021
- HEBREËRS 9:24-28 - Nov 3, 2021
- MARKUS 12:38-44 - Nov 4, 2021
- 1 SAMUEL 1:4-20 - Nov 8, 2021
- 1 SAMUEL 2:1-10 - Nov 9, 2021
- HEBREËRS 10:11-14 (15-18), 19-25 - Nov 10, 2021
- MARKUS 13:1-8 - Nov 11, 2021
- 2 SAMUEL 23:1-7 - Nov 15, 2021
- PSALM 132:1-12 (13-18) - Nov 16, 2021
- OPENBARING 1:4b-8 - Nov 17, 2021
- JOHANNES 18:33-37 - Nov 18, 2021