PSALM 50:1-6

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

PSALM 50:1-6

50:1 ‘n Psalm. Van Asaf. 

Die God van die gode, die Here, het gepraat 

en die aarde opgeroep – 

van waar die son opkom 

tot waar dit ondergaan. 

2 Vanuit Sion, plek van volmaakte 

skoonheid, laat God sy lig straal.

3 Ons God kom 

en Hy gaan nie stilbly nie; 

voor Hom brand ‘n verterende vuur, 

rondom Hom woed ‘n geweldige storm. 

4 Hy roep na die hemel daarbo, 

en na die aarde, 

om sy volk te oordeel: 

5 “Maak my getroue volgelinge 

vir my bymekaar, 

hulle wat by die offers 

my verbond hernu.” 

6 Die hemel maak 

sy geregtigheid bekend, 

want God, Hy is regter. Sela

Teks en konteks

Psalm 50 is die eerste van die Psalms van Asaf, een van die hoof sangleiers van ’n Levitiese  sangersgeslag in die dae van Dawid (1 Kron. 6:39).  Getrou aan die aard van ‘n sangleier van formaat, is dié Psalm in die vorm van ‘n liturgie, wat lofsang as ‘n sleutel deel van elke gelowige se geestelike lewe uitspel.  Trouens jy kan God nie reg vereer en dien as jy dit nie doen nie, sê Asaf. 

Lof bestaan vir Asaf ten diepste in die dankbare erkenning en verering van God se teenwoordigheid in alles (50:1-6).  Soos hy in die res van die Psalm gaan skryf, dit is eintlik net die gebrek aan hierdie lof wat God se toorn laat ontvlam (50:7), veral in reaksie op die goddelose gelowiges  wat nie met Hom rekening hou nie (50:22). God wil niks anders as lof van ons hê nie (50:14), wat gelowiges die voorreg gee om ook nog tot Hom in nood te kan roep (50:15).  Offers is nie vir Hom wesenlik nie, lof wel!

Komende van die amptelike liturg, wie se familie baat gevind het by die offers, is dit nogal ‘n mondvol!  Maar, eers iets meer oor Asaf:

Hierdie liturgie is waarskynlik by ‘n verbondshernuwingsfees gebruik waar nie net met die hernuwing van hulle belydenis dat Jahwe alleen God is, gewerk is nie, maar ook die gevare van oppervlakkige besig wees met God uitgespel is.  God soek onverdeelde trou uitgedruk in lofsang en ‘n lewe wat Hom in alles vereer.

Die gedeelte wat ons gelees het, is ‘n Oproep tot die belydenis dat Jahwe alleen God is.  In vers 1 word drie name vir God gebruik.  Daar staan letterlik, “El Elôhîm Jahwe” wat vertaal kan word as “El, God Jahwe” waarin El ook as ‘n soort persoonsnaam vir God gebruik word, of wat vir my meer sin maak, soos in die 2020-vertaling: “God van die gode, Jahwe”.  Let op hoe hierdie belydenis na vore geroep word beide op grond van die Skeppingstradisie van God wat hemel en aarde kan oproep (50:1,4,6), sowel as op grond van die Tempeltradisie vanwaar God sy teenwoordigheid laat ken op die aarde (50:2-3).  Elkeen wat die verbond met Hom gesluit het, het daarmee die verpligting om aan Hom getrou te lewe.

Boodskap en betekenis

Let op dat hierdie liturgiese besig wees met God in lofsang nie opsioneel is nie. Ek dink baie mense kom na ‘n erediens om na ‘n preek te luister. En natuurlik is dit van veel waarde.  Maar ‘n erediens is baie meer as ‘n preekdiens. Dit is ‘n liturgiese besig wees met God wat HY voorskryf. Hy eis van ons lofsang, Hy luister na ons verering, ons erkenning van Hom in alles, en lofsang beweeg Hom om op nog meer maniere vir ons te sorg, veral wanneer ons Hom dan aanroep in die dag van benoudheid.  Lof is ‘n sleutel deel van jou geestelike lewe.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d