Skip to main content

OPENBARING 1:4b-8

LEES

Raak stil voor die Here in gebed.

Lees die teksgedeelte deeglik deur, selfs 2 of 3 keer, hardop as dit kan. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Skryf dit in jou joernaal neer.

OPENBARING 1:4b-8

PROLOOG

11Hier volg ‘n openbaring deur Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat binnekort moet gebeur. Hy het dit aan sy dienskneg Johannes duidelik gemaak deur sy engel wat Hy gestuur het. 2Dit is hy wat getuig van die woord van God, en die getuienis deur Jesus Christus – alles wat hy gesien het.

3Gelukkig is die een wat dit voorlees, en ook hulle wat die woorde van dié profesie hoor, en vashou aan dit wat daarin geskryf staan, want die bestemde tyd is naby.

GROETE EN LOFPRYSING

4Johannes,

aan die sewe gemeentes in Asië:

Genade vir julle en vrede van Hom

wat is en wat was en wat kom,

en van die sewe Geeste

wat voor sy troon is;

5en van Jesus Christus,

die betroubare getuie,

die Eersgeborene uit die dood

en die heerser oor die konings van die aarde.

Aan Hom wat ons liefhet,

en ons deur sy bloed

van ons sondes verlos het,

6wat ons ‘n koninkryk gemaak het,

priesters vir God, sy Vader –

aan Hom kom die heerlikheid

en die sterkte toe,

vir ewig en ewig. Amen.

7Kyk, Hy kom met die wolke,

en elke oog sal Hom sien,

selfs hulle wat Hom deurboor het;

en al die volke op die aarde

sal oor Hom rou.

Ja, amen!

8“Ek is die Alfa en die Omega, die Een wat is en wat was en wat kom,” sê die Here God, die Almagtige. (2020-vertaling)

Teks en konteks

’n Openbaring deur Jesus Christus – Openbaring 1:1-3

In die volksmond praat ons baie keer van die Openbaring van Johannes. Dit is eintlik verkeerd. Die boek is duidelik ‘n openbaring van Jesus Christus wat deur God aan Hom gegee is. Jesus tree aan die eenkant nie op sy eie op nie. God die Vader stuur Hom met ’n baie spesifieke opdrag. Aan die ander kant tree Jesus met volle gesag op om aan die gelowiges te toon wat binnekort moet gebeur, soos die Vader Hom gewys het. Daarvoor gebruik Jesus ‘n engel.

Wat die engel vir Johannes gewys het, raak nou die “woord van God” aan die gelowiges. Dít is die laaste woorde van Jesus aan sy mense in verband met die eindtyd wat naby is. Maar belangrik: dié woord van God is nie die getuienis oor Jesus Christus nie, maar “die getuienis deur Jesus Christus”. Jesus word as die uitvoerder van God se opdrag aangedui en die Een wat deur die getuienis van Johannes aan die woord kom. Kragtig! In die lees van dié boek het ons dus met die selfgetuienis van Jesus Christus te make. Hy praat met ons deur die boek.

Daarom sê Johannes dat God almal wat dié profesie van die boek (voor)lees – d.w.s. die leraars of bedienaars van die Woord wat dit voorlees – geseënd verklaar, sowel as dié wat daarna luister, en belangrik, dit wat daarin geskrywe staan, nakom. Die dringendheid hiervan het met die tydsgewrig te make waarin hulle lewe. Die openbaring gaan oor wat binnekort moet gebeur. Die tyd is naby.

Johannes se boodskap – Openbaring 1:4-5a

Die aanhef van die brief volg nou waarin Johannes die sewe gemeentes in die provinsie Asië (Wes-Turkye) aanspreek en groet met die Drie-enige genade (Griekse seënbede) en vrede (Hebreeuse sjalôm) van

  • die Vader wat is en wat was en wat kom – ’n beskrywing van die dinamiese karakter van God;
  • die sewe Geeste voor sy troon – ‘n beskrywing van die Heilige Gees in sy omvattende teenwoordigheid en werk (vgl. ook Openb. 3:1; 4:5; 5:6 asook Sag. 4:6) – en 3)
  • Jesus Christus.

Jesus word as die geloofwaardige of betroubare getuie geteken – d.w.s. sy getuienis kan geglo word – die Een wat nie net as Eersgeborene uit die dode opgestaan het nie, maar ook reeds die heerser oor die konings van die aarde is. Ons hoor hierin die getuienis van Psalm 2 weerklink, dat God se Gesalfde Koning is en dat almal vir Hom ontsag moet hê. Let ook op hoe dit as ’n teenswoordige realiteit beskryf word, nie iets wat eers met die Wederkoms aanbreek nie.

Lofprysing aan die Verlosser – Openbaring 1:5b-8

Aan dié betroubare getuie kom waarlik die heerlikheid en sterkte toe vir ewig en ewig, soos Johannes in ’n lofprysing dit doen. Dit is Hy wat ons nie net liefhet en verlos het nie, maar ons ’n koninkryk gemaak het, priesters vir God, sy Vader (vgl. ook 1 Pet. 2:9). Daarmee word nie net Jesus se werk as Verlosser verheerlik nie, maar word ook ons taak en opdrag as ’n koninkryk van priesters vir God, sy Vader, uitgespel, om met Hom in kontak te lewe voor die mense en Hom publiek te dien.

In ’n verdere lofprysing word nie net Jesus se eerste koms in herinnering geroep nie, maar ook sy tweede koms, ’n koms met die wolke, waarin die Hemelvaart van Handelinge 1 in herinnering geroep word, maar ook die wederkoms vooruitgesien word, een van die sleuteltemas van die boek Openbaring. Almal sal Hom dan sien, selfs ook dié wat Hom verwerp het en aan die kruis deurboor het (vgl. Joh. 19:37). Al die volke op aarde sal oor Hom treur, waarskynlik van berou.

Hierdie Verlosser, verklaar die Here God, die Almagtige, is die Alfa en die Omega – die eerste en die laaste letter van die Griekse alfabet – die Een wat is en wat was en wat kom, waarmee dieselfde beskrywing van God die Vader (vgl. 1:4b) op Jesus van toepassing gemaak word.

Boodskap en betekenis

Jesus word dus as die handelende instrument van God geteken, een wat die reg verdien het om op te tree en wat dit met gesag en effektiwiteit doen. Hierdie visie se doel was om Johannes gerus te stel dat Jesus die dood oorwin het – trouens dat Hy die sleutels van die dood en die doderyk (Hades of onderwêreld) besit en vir ewig en ewig lewe – en nou aan almal kan bekend maak wat reeds gebeur het, nou aan die gang is en hierna gaan gebeur – verlede, hede en toekoms.

LUISTER

Dink na oor wat God vir jou hiermee wil sê. Waar raak hierdie gedagtes jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe? Dit help jou sin maak van jou eie ervarings in die lig van God se Woord.

LEEF

Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leesrooster 2021


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda